VERTROUE WORD NOOIT GEKRY NIE, DIT WORD VERDIEN
Dis nie ons oogmerk om met enige van die bestaande platforms in die bedryf mee te ding nie. Ons wil veel eerder anders wees in elke moontlike opsig.
WAT PRESIES BETEKEN “ANDERS WEES”?
Dit beteken dat ons verhouding waardeer; dit beteken dat ons ons meer wil gee as wat ons neem; en dit beteken beslis dat ons weet wat van ons platform ’n sukses maak. Gehalte en diens is die kern van ons aanbod.
DIT SAL NOOIT VERANDER NIE! VoertuigsoektogVANDAG SE BAKGAT RYDING
In die veroeking om ’n nuwe ryding te hê?

VIND JOU DROOMRYDING
Daar is min dinge so frustrerend as om ’n verkoopsplatform met honderde keuses te besoek – en niks maak jou opgewonde nie. Ons glo dat elke liewe ryding wat op ons platform geadverteer word van hoë gehalte is, want dit word deur ons vyfsterhandelaars aangebied.
KLIK OP DIE VERSKEIE SOEKOPSIES OP DIÉ WEBTUISTE OM JOU DROOMRYDING OP TE SPOOR.
01
Soek AANLYN
02
Bekyk OOREENKOMSTE
03
Stuur ’nNAVRAAG
04
Koop JOU RYDING
ONS TIPE MOTORS
Van Alfa Romeo tot Volvo en enige fabrikaat tussenin hulle is hier op ons webtuiste. Of jy nou op soek is na ’n intreevlak of topklasryding, ons webtuiste voldoen aan al jou behoeftes.
-
SUPERKAJUITE
Superkajuitbakkie
KOM LOER ROND! -
LUIKRÛE
Vierdeursedanrygoed met ’n luikrugkattebak
KOM LOER ROND! -
OORKRUISVOERTUIE
Luikrug- of SNV-tipes rygoed met ’n groter grondvryhoogte
KOM LOER ROND! -
SNV
Sportnutsvoertuie met vierwielaandrywing
KOM LOER ROND! -
KOEPEE
Twee deure met stylvolle ontwerp
KOM LOER ROND! -
KONINGSKAJUIT
Koningskajuitbakkie
KOM LOER ROND! -
AFSLAANKAP
Koepeestylryding met ’n afslaandak
KOM LOER ROND! -
HALFTON
Enkelkajuitbakkie met ’n 800 kg-vraggradering
KOM LOER ROND! -
DUBBELKAJUIT
Dubbelkajuitbakkie
KOM LOER ROND! -
PANEELWA
Vragrygoed
KOM LOER ROND! -
VERGROTE KAJUIT
Vergrotekajuitbakkie
KOM LOER ROND! -
ONTSPANNING
Ontspanningsrygoed
KOM LOER ROND! -
ENKEL KAJUIT
Enkelkajuitbakkie
KOM LOER ROND! -
MINIBUS
’n Klein bus wat wissel in kapasiteit tussen 8 en 16 passasiers
KOM LOER ROND! -
Sedan
Passasiersryding met vier deure
KOM LOER ROND! -
X-kajuit
Vergrotekajuitbakkie
KOM LOER ROND!
WAAROM STUURWIEL DIE BESTE AANLYN PLATFORM IN SUID-AFRIKA IS
STUURWIEL is die betroubaarste motorkoopwebtuiste in Suid-Afrika. In ’n wêreld wat versuur word met boereverneukery en beginsellose sakeondernemings is STUURWIEL gebore vanuit ’n begeerte om kopers eerste te stel. Ons lys slegs gehaltemotors, van ’n gebruikte VW Polo en Toyota Corolla wat te koop is tot gemaksvoertuie soos ’n Toyota Fortuner of Ford Everest. En uiteraard is elke enkele fabrikaat dubbelkajuitbakkie op STUURWIEL te vinde.
Verskeie webtuistes vir gebruikte voertuie lys enige ryding van enige handelaar wat bereid is om te betaal, maar by STUURWIEL word elke handelaar deur ons span geverifieer voordat hulle enigiets mag lys. Ons maak so om te verseker dat ons aan jou gehalte gebruikte rygoed aanbied. Jy kan ons lys van handelaars beloer deur op “Ons handelaars” te klik hulle word per handelaarsgroep en provinsie gelys. Die kersie op die koek van ons webtuiste is dat ons nie net gebruikte motors te koop aanbied nie, maar nuwe motors is ook beskikbaar om te koop as jy iets uit die boks soek. STUURWIEL is dié webtuiste wat jou in staat stel om enige voertuig van A tot V te koop.
Neem byvoorbeeld ’n nuwe of gebruikte Toyota Hilux. Klik bloot op die soekfunksie op die STUURWIEL tuisblad, tik in “Toyota Hilux” en die funksie gee jou meer as 800 Toyota Hilux’e wat te koop is. Dalk is jou op soek na ’n Polo GTi om te koop. Tik in “Polo GTi” en jy sal ’n lys van al die gehalte-Polo GTi wat reg oor die land beskikbaar is.
As dit ’n gehalte enjin en wiele het, het STUURWIEL hom vir jou. As jy op soek is na nuwe of gebruikte motorfietse wat te koop is, klik jy bloot op die “Motorfiets” knoppie op die tuisblad en jy kan ure lank lustig deur ’n keur van gehalte gebruikte motorfietse blaai. Net soos die motors op ons webtuiste word die motorfietse wat te koop is deur handelaars verkoop wat ons vertrou en voor kan pa staan. Dit verseker ’n aangename en betroubare ervaring vir elke kliënt. Om te soek vir gebruikte motorfietse in Johannesburg en reg oor Suid-Afrika is ’n uitstekende manier om die voortdurend stygende brandstofpryse te negeer.
Die nuutste toevoeging tot die STUURWIEL is die “Ontspanningsrygoed” afdeling. Dit is ’n paradys vir mense wat van die buitelewe hou, met ’n versameling nuwe en gebruikte karavane wat te koop is. Op soek na waterrygoed? Wel, ons ontspanningsrygoedafdeling bied sowel land- as waterontspanningsrygoed. Dit kan nogal moeilik wees om ’n gehaltewaterponie te koop te vind, maar ons het hulle op STUURWIEL op een platform vir jou gemak bymekaargemaak. Miskien is jy op soek na bote, iets wat meer as twee mense op die water kan akkommodeer. Jy sal jou ideale boot onder ons “Ontspanningsrygoed” vind.
Een van die belangrikste dinge wanneer mens ’n ryding van watter aard ook al besit, is die beste versekeringsdekking. STUURWIEL het die huiswerk namens jou gedoen en die mees uitstaande versekeringsmaatskappy in Suid-Afrika gaan soek. Een het as die kampioen uit die stryd getree: Discovery Insure. Ons het daarom met hulle saamgespan om aan jou die beste dekking vir jou waardevolle bate te bied. Klik bloot op die “Versekering” knoppie op ons webtuiste om ’n onverpligte kwotasie aan te vra. Vul bloot jou besonderhede in en jou kwotasie sal vinnig-vinnig aan jou gestuur word.
Daar is veel meer op Suid-Afrika se voorste aanlyn platform. As jy enige vrae of voertuigverwante vrae het, of sommer net raad soek, het ons die “Hou hom of verkoop hom”-podsending net vir jou. Dié podsendings is op YouTube en Spotify beskikbaar, asook op ons webtuiste. Só bly jy op hoogte van die nuutste voertuigbekendstellings, motorresensies en interessante motornuus wat deur sommige van Suid-Afrika se beste motorjoenaliste geskryf is: Klik bloot op “Artikels” of “Video’s”.
As jy aanlyn op soek is na ’n motor, is daar geen beter platform as STUURWIEL nie. Die kopende publiek vertrou ons en dit word waardeer deur die 700+ gehaltehandelaars wat op ons webtuiste adverteer.
ONS ONGELOOFLIKE AANBOD SLUIT IN:
- Ons bied ’n gratis waarderingsdiens wat “Waardeer my ryding” genoem word.
- Nie seker wat jy kan bekostig nie? Gebruik ons slim finansieringsrekenaar.
- Kan jy nie besluit wat om te koop nie? Gebruik ons vernuftige funksie om verskeie nuwe rygoed met mekaar te vergelyk.
- Klik op ons “Verkoop jou ryding”-knoppie.
- Op soek na die beste raad? Ons is daar vir jou, en al wat jy moet doen is om vir Mikey te vra.
- Op soek na jou droomryding? Ons help jou soek.
- Op soek na ’n betroubare studenteryding? STUURWIEL het hulle almal.
- Jy wil jou nuwe oogappel mos goed verseker! STUURWIEL het met die betroubaarste naam in die versekeringswese saamgespan: Discovery Insure.
- Besoek STUURWIEL en klik op die “Winskope” knoppie as jy al die winskope wil sien wat op die mark is.
- Op soek na voertuigverwante raad? Moenie verder soek nie: STUURWIEL is hier.
- Waar kry jy die beste kwotasie op ’n splinternuwe ryding? Dis maklik: STUURWIEL!
- Nie seker of jy moet hou of verkoop nie? Hou hom of verkoop hom!
- Dis hoog tyd dat jy jou eerste klassieke ryding te koop. Klik op “Klassieke rygoed”.
Ons hoop dat jy nou weet dat STUURWIEL die veiligste, betroubaarste platform is as jy wil koop of verkoop.
As jy handelaar is wat op soek is na ’n aanlyn verkoopsplek vir jou voertuie, sal ons dit waardeer as jy ons kontak.