”ONS NAAM SÊ DIT ALLES.”
PRIVAATHEIDSKENNISGEWING
1. INLEIDING
Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 (ook bekend as die POPI-wet) is die belangrikste wet wat die regmatige inwin, stoor, gebruik, hantering, verwerking, oordrag, behoud, argivering en vernietiging van iemand se persoonlike inligting reguleer. Ons POPI-beleid beskryf hoe ons jou inligting mag inwin, gebruik, openbaar en stoor.
2. TOEPASSING
Dié beleid geld wanneer jy ons webtuiste vir die bedoelde oogmerk besoek, insluitend (maar nie beperk nie tot) wanneer jy jou voertuig lys of die geadverteerde voertuie bekyk.
3. PERSOONLIKE INLIGTING IS INLIGTING WAT ONS INWIN:
- as jy ons webtuiste besoek (outomatiese inwinning),
- ’n profiel op ons webtuiste registreer, of.
- ’n voertuig lys om deur ons webtuiste te verkoop.
- wat jy vrywillig verskaf.
Dit sluit inligting in wat jy vrywillig aan ons verskaf, maar sluit anonieme inligting, gedeïdentifiseerde inligting, statistiese inligting en openbare inligting uit
Ons win die volgende voorbeelde van persoonlike inligting in en verwerk dit:
- identifiserende inligting soos jou naam, verjaarsdag of ’n identifikasienommers van watter aard ook al
- kontakinligting soos jou telefoonnommer en e-posadres
- adresinligting soos jou woon- of e-posadres
- demografiese inligting soos jou geslag or huwelikstatus
- finansiële inligting, soos jou bankbesonderhede.
Ons kan hierdie beleid enige tyd wysig, maar sal jou van enige wysigings op ons webtuiste of per e-pos in kennis stel.
4. OOGMERK VAN INWINNING
Wanneer jy ons webtuiste besoek, teken ons outomaties jou internetgebruiksinligting (soos jou IP-adres en blaaierbesonderhede) via jou blaaier aan. Ons gebruik dié inligting om ons webtuiste korrek te laat vertoon of jou aktiwiteite op die webtuiste na te spoor, of vir enige toepaslike en wettige oogmerke.
Ons kan jou moontlik vra om sekere identifiserende inligting (soos jou naam, van en e-posadres) aan ons te verskaf wanneer jy registreer of andersins op versoek via ons webtuiste indien.
Ons sal slegs jou persoonlike inligting verwerk as ons ’n wettige regverdiging daarvoor het, en as wetgewing dit vereis, sal ons jou toestemming vra om jou persoonlike inligting in te win.
Ons mag jou inligting wat jy aan ons voorsien verwerk vir die doeleindes wat jy aangedui het toe jy ons toestemming gegee het om dit in te win en te verwerk.
5. GEBRUIK
Ons mag jou persoonlike inligting verwerk om ons wetlike verpligtinge teenoor jou na te kom.
Ons mag klein tekslêers op jou toestel plaas wanneer jy ons webtuiste besoek. Dit stel ons in staat om jou ’n pasgemaakte ervaring te gee deur jou persoonlike inligting met jou toestel te assosieer. Só kan ons jou voorkeure onthou en derde partye toelaat om dienste aan jou te bied, of vir ander bruikbare doelwitte. Jou internetblaaier aanvaar dit normaalweg outomaties, maar jy kan meestal dié verstellings verander of hulle self verwyder. As jy dít doen, sal ons jou ongelukkig nie toegang tot sekere aspekte van ons webtuiste kan gee waar koekies noodsaaklik is nie. Ons het geen toegang tot of beheer oor enige koekies wat ons sakevennote op ons webtuiste gebruik nie, en hulle het hul eie privaatsheidsbeleide wat dit beheer.
Ons mag jou identifiserende inligting gebruik om administratiewe of bywerkingsboodskappe oor ons webtuiste te stuur.
Ons sal nie bemarkingsboodskappe aan jou stuur nie, tensy jy verkies het om dit te ontvang. Ons mag wel moontlik een boodskap aan jou stuur om jou uit te nooi om bemarkingsboodskappe te ontvang sonder dat jy tot bemarkingsboodskappe ingestem het.
Ons mag jou persoonlike inligting gebruik om geteikende inhoud via ons webtuiste aan jou te rig deur ’n heeltemal geoutomatiseerde proses.
6. OPENBAARMAKING
Ons mag jou persoonlike inligting met derde partye deel om ons verpligtinge teenoor jou na te kom. Dié derde partye sluit in:
- ander maatskappye of afdelings in ons groep
- ons kontrakteurs wat ons in hierdie taak help, insluitend dié wat ons help om jou persoonlike inligting te begryp
- derde partye wat deur toepaslike wetgewing vereis word.
Sou dit gebeur dat ons jou inligting ooreenkomstig dié beleid deel, sal ons alle redelike stappe doen om te verseker dat dié derde partye dié beleid eerbiedig en aan die bepalings daarvan voldoen. Ons sal nie jou persoonlike inligting verkoop nie. Geen persoonlike inligting sal aan enigiemand bekendgemaak word nie, tensy hierdie privaatheidsbeleid daarvoor voorsiening maak.
Ons mag persoonlike inligting aan derde partye bekend maak as dit vir wetlike redes is, byvoorbeeld indien die toepaslike owerheid, reguleerders of ’n hofbevel dit vereis.
Ons mag saamgestelde statistiese inligting aan ons adverteerders en sakevennote bekendmaak wat ons van jou en ander mense se persoonlike inligting afgelei het.
Ons mag moontlik persoonlike inligting aan ons personeel bekendmaak om hulle in staat te stel om hul werk te kan doen, maar ons sal dit nie onnodig doen nie.
7. BESKERMING
Ons het waardering vir en begryp die risiko wat aan die inwin en verwerking van jou inligting verbonde is. Ons onderneem daarom om aan alle toepaslike wetgewing te voldoen wat inligtingbeskermingswette vereis.
8. STORING
Al jou persoonlike inligting, hetsy gedruk of elektronies, sal veilig gehou en gestoor word, en slegs vir die oogmerk waarvoor dit ingewin is.
Jy mag ons versoek om ’n beskrywing aan jou te verskaf van die persoonlike inligting wat ons van jou het, dit korrigeer of bywerk, of dit laat uitwis (mits ons dit nie nodig het om ons verpligtinge teenoor jou na te kom nie, of geen toepaslike wet ons verplig om dit te hou nie). Ons sal alle redelike stappe doen om jou identiteit te bevestig voordat ons so iets doen.
Ons sal ons bes doen om jou persoonlike inligting wat ons inwin akkuraat, volledig en op datum te hou.
Ons sal jou persoonlike inligting bewaar vir so lank moontlik dit nodig is om ons verpligtinge teenoor jou na te kom, tensy jy ons toestemming gee om dit langer te hou of ons deur wetgewing verplig word om dit langer te hou.
Dit kan moontlik gebeur dat ons jou persoonlike inligting moet verwerk en/of moet deel met derde partye wat buite die grense van Suid-Afrika gedomisilieer is. Dié persoonlike inligting sal slegs met jou toestemming verwerk word. In gevalle waar dié persoonlike inligting verwerk en/of gedeel moet word, sal ons jou spesifiek vir jou toestemming nader.
Jy kan jou persoonlike inligting bywerk of verwyder
- deur ons webtuiste te besoek, of
- deur ons te kontak.
Kontak ons gerus by [email protected] as jy enige vrae het oor hierdie privaatheidsbeleid of die wyse waarop ons jou persoonlike inligting hanteer.
9. ALGEMEEN
Toepassing van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies 25 van 2002 (die WEKT).
Ons aanvaar dat databoodskappe (soos wat dit in die WEKT omskryf word) ontvang is sodra en wanneer Stuurwiel op dié databoodskappe reageer.
Ons aanvaar dat databoodskappe wat deur Stuurwiel aan ’n gebruiker gestuur is deur dié gebruiker ontvang is ingevolge die bepalings wat in artikel 23(b) van die WEKT gespesifiseer word.
Hiermee aanvaar jy dat elektroniese handtekeninge, enkripsie en/of egverklaring nie vir geldige elektroniese kommunikasie tussen gebruikers en Stuurwiel vereis word nie.
Inligting wat ingevolge artikel 43(1) van die WEKT verskaf moet word:
Gebruikers waarborg dat databoodskappe wat aan Stuurwiel gestuur word vanaf enige elektroniese toestelle wat van tyd tot tyd deur die gebruiker gebruik word of aan die gebruiker behoort, persoonlik deur dié gebruiker gestuur en gemagtig is.
Jy moet al hierdie voorwaardes in dié beleid aanvaar wanneer jy registreer, ’n voertuig op ons webtuiste lys of deur ons webtuiste blaai. As daar enigiets in die beleid is waarmee jy nie saamstem nie, mag jy nie ’n profiel registreer, ’n voertuig lys of ons webtuiste gebruik nie.
Deur die beleid te aanvaar, aanvaar ons dat jy die beleid gelees het, dit begryp en aanvaar, en deur al die voorwaardes gebind word.