Alfa Romeo
Alfa Romeo was nog altyd anders en dit sal nooit verander nie.
Dié handelsmerk het ’n passievolle en getroue ondersteunersbasis in Suid-Afrika.
Daar word gereeld gesê dat mens ’n Alfa met jou hart koop, nie met jou kop nie.
Stuurwiel het slegs een vraag: Wie ken jy wat al ’n kopaanval gehad het?
Models
-
Giulia
Ongetwyfeld die mees treffende middelslag luukse sedan wat jy kan koop.Giulia laat enige A4, 3 Reeks of C-Klass maar vaal lyk. As jy ‘n... Lees meerOngetwyfeld die mees treffende middelslag luukse sedan wat jy kan koop.
Giulia laat enige A4, 3 Reeks of C-Klass maar vaal lyk. As jy ‘n sedan wil bestuur wat getuig wat jy uitstekende ontwerp bewussyn het, is hierdie die enigste keuse.
Binneruim het nie juis die materiale wat jy sou verwag teen Giulia se prys nie. Maar die bestuursposies is besonder goed. En die gebrek aan oordadige tegnologie, soos raakpunt en tikskerm lugreëling, is ‘n bewys dat minder, partykeer, beter is.
Bestuurservaring is getrou aan Alfa se erfenis. Stuur, versnelleraksie en hantering is alles wat ‘n ywerige bestuurder begeer.
Net jammer daar is nie ‘n diesel enjin, soos met die 3 Reeks nie. Giulia se 2-liter turbopetrol maak goeie kragsyfers (208kW) en het sterk verbysteekvermoë. Maar op die langpad bly brandstofverbruik hoog, anders as ʼn turbodiesel.
Giulia Veloce is ‘n hart-bo-kop koop. Maar ‘n waardige een. Quadrifoglio verrigtingsmodel is ‘n werklike M3 mededinger, maar kan ‘n moeilikeheid eienaarskap verhouding word. Soos alle hoëverrigting Alfa's.
Lees minderBeskikbare voertuie: 23
-
Junior
Opspraakwekkende herlewing van die Junior naam. As ‘n battery aangedrewe kruisvoertuig.Die nuwe Junior is nog ʼn roemryke hoofstuk in di... Lees meerOpspraakwekkende herlewing van die Junior naam. As ‘n battery aangedrewe kruisvoertuig.
Die nuwe Junior is nog ʼn roemryke hoofstuk in die boek van oorpronklike, en treffende, Alfa ontwerpe. Dit lyk verreweg beter as meeste ander kruisvoertuie in die segment.
Maar die binneruim is weereens ‘n Alfa verhaal van beknopte agter beenruimte en gemiddelde materiale.
Alfa se ingenieurs het probeer om die Junior bestuurgenot te gee en die stuur, versneller, en rem terugvoer voel meer soos ‘n verrigtingsmotors, as ‘n elektriese motor.
Die kwessie is dat jy ‘n Sjinese in-prop hibried kruisvoertuig kan koop vir dieselfde prys. Wat baie meer plek, verrigting, en standaard toerusting het.
Suid Afrikaanse kopers blyk redelik lou te wees aangaande suiwer battery motors. Maar as jy een soek wat ‘n verklaring is dat jy uitstekende ontwerp bewussyn en kunssmaak het, is ‘n Junior die aangewese keuse.
Lees minderBeskikbare voertuie: 8
-
Stelvio
Treffende ontwerp en uitstekende besuursgenot maak Stelvio ‘n keur alternatief tot X3 of GLC.Bakvorm is suiwer ontwerp kuns, met nie ee... Lees meerTreffende ontwerp en uitstekende besuursgenot maak Stelvio ‘n keur alternatief tot X3 of GLC.
Bakvorm is suiwer ontwerp kuns, met nie een lawwe hoek of onnodige detail nie. Verreweg die beste voorkoms van enige middelslag luukse SNV.
Ongelukkig skep die Stelvio is ongelooflike voorkoms hoë verwagtinge wat nie oordra na die binneruim nie. Dit is vol gemiddelde materiale en die tikskerm stelsel het lae resolusie en verouderde grafika.
Een redding van Stelvio se gemiddelde binneruim is dat die nie oorheers word deur die nuutste tikskerm funksies vir alles nie. Die lugreëling werk nog met knoppies, vir ‘n bedekte seën is.
Stelvio bestuurservaring is suiwer Alfa. Stuur en hantering ewenaar die beste wat BMW se X3 bied. Net jammer daar is slegs een enjin opsie: ‘n dors 2-liter turbopetrol. Anders as die Duitsers bied Stelvio nie ‘n turbodiesel nie.
Daar is verskeie Sjinese SNVs wat baie meer toerusting en gevorderder hibried dryfstelsels bied, vir baie minder geld as Stelvio, Maar die Alfa se bestuurservaring is ongeëwenaar.
Wees bewus van die invloed van wielgrootte op Stelvio se ritgehalte en hantering. Beste keuse is die standaard 19-duime wiel, pleks van die opsionele 20- of 21-duime wiele.
Lees minderBeskikbare voertuie: 14
-
Tonale
Alfa se klein kruisvoertuig wat beter lyk as enige X1, GLA, of XC40.Tonale verpak al volmaakte lyne waarvoor Alfa ontwerpers bekend is,... Lees meerAlfa se klein kruisvoertuig wat beter lyk as enige X1, GLA, of XC40.
Tonale verpak al volmaakte lyne waarvoor Alfa ontwerpers bekend is, in ‘n uiters begeerlike klein kruisvoertuig. Mits jy nie ʼn gesin het nie.
Binneruim nie heeltemal so lofwaardig soos die bakvorms nie. Agterste beenruimte is beperk en pakplek is minder as ander Europese klein kruisvoertuie. Materieale voel ook nie juis waardig vir die geld wat jy betaal nie.
Slegs een enjinkeuse, en dit is ‘n 1.5-turbopetrol hibried. Kraglewering is redelik en met die flink-skakellende 7-spoed DCT ratkas voel Tonale heel wakker teen stedelike snelhede.
Maar Alfa se klein kruisvoertuig het nie die snelweg verrigting, verbysteekvermoë of landpad brandstofekonomie van ‘n turbodiesel soos BMW se X1 sDrive 18d nie.
Pryskaartjie is hoog maar as jy ‘n stelling wil maak met jou keuse van klein kruisvoertuig, is Tonale lofwaardig. Maar dit bly ‘n hart-bo-kop koopbesluit.
Beste model is die intreevlak Ti. Bietjie skraps met die standaard toerusting, maar Ti loop op 18-duim wiele wat baie meer sinvol is vir plaaslike padtoestande as die duurder modelle se 19s en 20s.
Lees minderBeskikbare voertuie: 2