Audi logo

Audi

Audi is die wêreld oor sinoniem met sportmotors met uitstekende bougehalte en stylvolle, progressiewe ontwerp.

By Audi begin die toekoms reeds vandag en ons is deurgaans op soek na nuwe oplossings wat ’n nuwe era van mobiliteit kan inlui met innoverings wat betekenisvol en  volhoubaar is, en op mense se behoeftes fokus.

Met ’n reeks innoverende tegnologieë en aantreklike modelle is Audi daartoe verbind om die geleenthede te ontgin wat digitalisering en volhoubare motorwese vir kopers en investeerders kan meebring.

Stuurwiel is trots daarop om ’n keur van die beste Audi-voertuie in Suid-Afrika te kan aanbied.

Models

8 resultate
  • A1 Sportback Image

    A1 Sportback

    Goedkoop Audi of duur Polo? Dit is die sleutelvraag met A1 Sportback.Audi se sakesin is besig om weg te beweeg van klein motors soos di... Lees meer

    Goedkoop Audi of duur Polo? Dit is die sleutelvraag met A1 Sportback.

    Audi se sakesin is besig om weg te beweeg van klein motors soos die A1 reeks. Maar as jy ‘n gevorderde klein Duitse voertuig soek, wat nie die kaping of diefstalrisiko van ‘n Polo het nie, is A1 Sportback die antwoord.

    Met dieselfde onderstel en enjins as ‘n Polo, is die bestuurservaring uitstekend. Veral as jy baie langpad ry, waar A1 Sportback baie meer stabiel voel teen hoë snelhede as ander klein en middelslag motors.  

    Maar op ‘n prys-to-verrigting verhouding is A1 baie geld vir 1-liter enjin wat net 85kW lewer. Die opsielys is ook lank. En ʼn A1 Sportback kan vinnig baie geld begin kos wanneer jy tegnologie opsies moet begin byreken wat standaard is in verskeie Chinese voertuie, maar waarvoor jy baie moet inbetaal op hierdie klein Audi.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 52

  • A3 Sportback Image

    A3 Sportback

    Audi se immergewilde model wat vir baie kopers net die regte grootte is vir ʼn luukse stadsvoertuig.Is A3 Sportback ‘n stasiewa? Of ‘n l... Lees meer

    Audi se immergewilde model wat vir baie kopers net die regte grootte is vir ʼn luukse stadsvoertuig.

    Is A3 Sportback ‘n stasiewa? Of ‘n luikrug? Wat ook al jy van die bemarking dink, is dit steeds een van die beste klein luukse voertuig bakontwerpe. A3 Sportback ‘n treffende klein luukse motor, met ‘n ietwat beknopte maar sprankelende binneruim ontwerp.

    Bestuursposie en langpad bestuursgesag is steeds uit die boonste rakke, maar daar is bietjie teveel goedkoop plastiek deur die binneruim vir so ‘n duur Duitse voertuig. A3 Sportback se digitale vermaak en binneruim beheerstelsel is goed maar nie heeltemal op die standaard van die beste Sjinese ontwerpe nie

    Ongelukkig bied A3 Sportback nie meer enige diesel enjins nie en jy betaal groot geld vir ‘n 1.5 turbopetrol wat slegs 110kW het. Verrigting is aanvaarbaar eerder as sprankelend.

    Die kroon RS3 Sportback is ‘n verrigtingvoertuig sonder enige werklike teenstanders. Met ‘n seldsame 5-siinder turbo enjin wat ‘n allemintige 294kW lewer is dit ʼn toekomstige versamel motor maak.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 106

  • A5 Image

    A5

    Die A4 is in laat 2025 hernoem na A5. Pleks van die tweedeur koepee bakvorms wat die oorspronklike en opvolg geslagte van A5 het, is di... Lees meer

    Die A4 is in laat 2025 hernoem na A5. Pleks van die tweedeur koepee bakvorms wat die oorspronklike en opvolg geslagte van A5 het, is die nuwe een ‘n 4-deur sedan.

    Bakvorm en ontwerp lyk beter as 3 Reeks of C-Klass. A5 is ‘n terugkeer na die roemryke erfenis van Audi se beste sedan motors. Binneruim is propvol tegnologie, met ‘n Android Automotive sagteware stelsel wat alles dryf. So as ‘n jy Android slimfoon gebruiker is, sal jy mal wees oor hoe die nuwe A5 se binneruim tegnologie werk.

    Wat nie so skitterend is nie, is die lang lys peperduur opsies. En ‘n kattebak wat kleiner is as ‘n BMW 3 Reeks sin.

    Audi bied een enjin tipe, die immergroen 2.0 turbopetrol. Die goedkoper voorwieltrek A5 modelle het 146kW/340Nm, en is voorwieltrek. As jy ‘n meer hoëverrigting bestuurservaring soek, is daar die Quattro vierwieltrek A5, waar daardie 2.0 turbopetrol enjin 200kW/400Nm wek. Groot voordeel van die A5 Quattro? Vierwieltrek bestuursveiligheid op ‘n gladde pad in reënweer, en wanneer jy by ‘n steil parkeer garage of herehuis oprit moet kom, tydens ‘n hoëveld donderstorm.

    Alle A5 modelle gebruik die Audi 7-spoed dubbelkoppelaar ratkas, wat ongelooflik glad skakel en baie goeie versneller reaksie toelaat. Maar hierdie ratkaste kan duur wees om te onderhou, as jou A5 hoe myle bereik.

    Audi se diesels enjins was oor die jare die mees gewilde kragbron keuse vir enige A4. Dit is jammer dat A5 glad nie ‘n diesel in die Suid Afrikaanse mark bied nie, iets wat BMW en Mercedes-Benz wel het, met 320d en C220d.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 33

  • Q3 Image

    Q3

    In beginsel is Q3 ‘n VW Tiguan onderstel met ‘n meer stylvolle bakvorm en binneruim.Q3 bied drie enjin keuses waarvan die beste die 35T... Lees meer

    In beginsel is Q3 ‘n VW Tiguan onderstel met ‘n meer stylvolle bakvorm en binneruim.

    Q3 bied drie enjin keuses waarvan die beste die 35TDI weergawe is, met die 2-liter turbodiesel enjin.

    Hierdie diesels is veel duurder as die 335TFSI petrol enjins, en al maak albei enjins dieselfde krag (110kW), het die diesels 110Nm meer wringkrag. En baie beter langpad brandstofdoeltreffendheid.

    Een van die raaisels met Q3 is dat jy nie ‘n diesel weergawe met Quattro vierwielaandrywing kan koop nie.

    Die Quattro stelsels is slegs beskikbaar met die kroon model, wat ‘n 40TFSI is. Dit is vreemd omdat Audi se uitstekende 2.0 diesel enjin en Quattro vierwieltrek ‘n uithaler Q3 sou maak vir langpad toer en grondpad ry.

    Q3 se binneruim ontwerp sal jou argitek vriende beïndruk, maar die materiale is nie altyd wat sou verwag van ‘n duur Duitse motor nie. En die digitale ontwerpelemente is nie altyd intuïtief en gebruikersvriendelik nie. Dit bygesê, is die grafiese ontwerp en elemente van Q3 se tikskerm netjies en maklik op die oog, iets wat min tradisionele motormaatskappye regkry in die digitale era.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 163

  • Q5 Image

    Q5

    Audi se gewilde middelslag sportnustvoertuig. Met diesel enjin opsies en lugvering.Jy kan kies tussen die standaard en Sportback weerga... Lees meer

    Audi se gewilde middelslag sportnustvoertuig. Met diesel enjin opsies en lugvering.

    Jy kan kies tussen die standaard en Sportback weergawe, maar laasgenoemde het 60-liter minder pakplek in die bagasieruim. Wat ‘n verskil maak wanneer jy laat op ‘n Vrydagmiddag sukkel om klaar te pak vir daai wegbreek naweek.

    Steeds die Duitse middelslag sportnustvoertuig met die beste bakvorms. En ‘n binneruim wat ‘n goeie balans vind tussen digitale tegnologie en langpad bestuurder/passasiers gemak.

    Q5 bied een tegniese voordeel wat Mercedes-Benz se GLC en BMW se X3 nie het nie: lugvering. Wat ‘n groot verskil maak met ritgehalte.

    Die kragtige turbopetrol enjins is baie swaar op brandstof. SQ5 is bietjie sinneloos as ʼn Audi verrigtingsmodel. Omdat jy ‘n vinniger, beter bestuurservaring in ‘n Audi S7 kry, vir nie teveel meer geld nie.

    Ongelukkig bied Audi nie meer die Q5 3.0 TDI opsie nie, maar jy kan nog ‘n 2-liter turbodiesel enjin kry. Hierdie diesel Q5s dra die 40 TDI kenteken en het besonders goeie langpad brandstofverbruik.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 96

  • Q7 Image

    Q7

    Audi se groot sportnutsvoertuig met een van die beste binneruime van enige luukse voertuig.Die jongste Q7 is ‘n uitstekende langpad toe... Lees meer

    Audi se groot sportnutsvoertuig met een van die beste binneruime van enige luukse voertuig.

    Die jongste Q7 is ‘n uitstekende langpad toervoertuig, veral met Audi se lugveringstelsel, wat ongelooflike ritgehalte waarborg. Daai lugveer stelsel gee die Q7 ook fantastiese bakrol beheer as jy moet noodrem of ‘n uitswaai stuuraksie moet maak.

    Ongelukkig is daar slegs turbopetrol enjins beskiksbaar met die plaaslike Q7 reeks. Wat teleurstellend is omdat Audi se uitsonderlike 3.0 V6 turbodiesel werklik die beste enjin is vir Q7 se langpad vermoë. En hierdie enjin is in Q7 se luikrug tweeling, die Q8, plaaslike beskikbaar...

    Die SQ7 V8 modelle het reuse kragsyfers (373kW) maar vir die geld kan jy eerder ‘n RS6 Avant kan koop. Wat in alle opsigte ʼn beter hoëverrigting Audi is.

    Wat maak saak met Q7 se toerusting en opsies? Die vierwielstuur stelsel is ‘n moet. Dit maak Q7 spotmaklik om in nou parkeerruimtes te kry en verminder onnodige slytasie op die agterbande.

    Daar is verskeie belaglike wielgroottes beskikbaar op Q7, wat net ‘n ramp is op Suid Afrikaanse paaie. Moet nie ‘n wiel groter as 21-duim kies nie.

    Kragtige Duitse enjins is wonderlik wanneer alles glad verloop. Maar met die plaaslike brandstofbesoedeling risiko, is dit altyd wys om die mees samevattende weergawe van Audi se Freeway diensplan uit te neem. Dit is een van die beste diensplanne beskikbaar van ‘n luukse voertuigvervaardiger, en die gemoedsrus werd.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 31

  • Q8 Image

    Q8

    Meer gewild onder Audi weeldekopers as die meer gesinsvriendelike Q7.Q8 se treffende ontwerp maak dit dalk ‘n indrukkende motor om in g... Lees meer

    Meer gewild onder Audi weeldekopers as die meer gesinsvriendelike Q7.

    Q8 se treffende ontwerp maak dit dalk ‘n indrukkende motor om in gesien te word, maar dit het baie minder pakplek as ‘n Q7. Jy boet 175-liter bagasieruime in as gevolg van Q8 se boogvormige dak en die skuins laairuim deur.

    Vir agtersitplek passasiers wat besonder lank is, kan Q8 ook bietjie min kopruimte hê in vergelyking met Q7.

    Die hoëverrigting weergawes maak nie werklik sin op Suid Afrikaanse paaie nie. En as jy daai geld op ‘n V8 Q8 gaan spandeer, kan jy ‘n baie beter belegging in bestuursgenot maak met Audi se uitsonderlike RS6 Avant…

    Wat Q8 wel het, wat Q7 en ander groot Audi modelle nie het nie, is die 3.0 TDI V6 enjin. Met 600Nm en ZF se glad skakelende 8-spoed outomatiese ratkas, is die Q8 45 TDI is uitsonderlike langpad toermotor. Met sterk verbysteekvermoë en baie billike brandstofverbruik vir so ‘n groot, luukse, voertuig.

    Soos met alle Duitse luukse voertuie met kragtige enjin, is Audi se Freeway diensplan altyd ‘n goeie idee vir meganiese gemoedsrus.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 38

  • RS6 Image

    RS6

    Die stasiewa wat alle V8 sportnustvoertuie sinneloos maak.Ongetwyfeld die indrukwekkendste model wat Audi bou en ‘n bewysstuk van die v... Lees meer

    Die stasiewa wat alle V8 sportnustvoertuie sinneloos maak.

    Ongetwyfeld die indrukwekkendste model wat Audi bou en ‘n bewysstuk van die vermoë wat Audi se RS-afdelig ingenieurs het.

    RS6 bied al die verrigting waarvan geesdriftiges droom, met die 463kW turbopetrol V8, maar sonder al die nadele van ‘n hoëverrigting sportnutsvoertuit. Soos bakrol, ‘n gevoellose bestuurservaring die sosiale stigma wat kom met die besit van ‘n hoëverrigting sportnustvoertuig.

    Met ‘n reuse laairuimte, lae swaartepunt, ywerig hantering, rotsvaste hoësnelheid hantering en ‘n bakvorm wat stasiewaens laat aantreklik lyk, is RS6 Avant ‘n ware gesinsvriende supermotor.

    As jy verkies om te bestuur vir daai langnaweek wegbreek na Ballito of Knysna, pleks van vlieg, is RS6 Avant sonder gelyke.

    Soos Audi se vorige RS6 modelle is die huidige Avant gewaarborg om ‘n toekomstige versamelmotor te word.

    Ons wenk? Kies altyd die 21-duim wiele, wat baie beter ritgehalte het op plaaslike paaie, as die 22-duim opsie.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 6

KYK HIERNA

KOOP OF VERKOOP JOU VOERTUIG – DIE SLIM MANIER

Op soek na 'n splinternuwe voertuig!
Ons Voertuig Concierge diens neem die stres uit die koopproses deur die regte voertuig vir jou te vind en namens jou met ons betroubare handelaarsnetwerk te onderhandel. Dit bespaar jou tyd, geld en onnodige moeite.

Wil jy jou voertuig verkoop!
Ons is aktief op soek na lae kilometer, uitstekende gehalte voertuie, veral dié wat gemiddeld minder as 15 000 km per jaar ry. Ons bied 'n deursigtige, moeitevrye proses met mededingende aanbiedinge, sodat jy jou voertuig vinnig, maklik en teen die beste moontlike waarde kan verkoop.
Help

Hoe kan ons Jou help?

BEKYK VERGELYKINGS

VERGELYK RYGOED

Jy het rygoed gekies.

Geen rygoed is bygevoeg om te kan vergelyk nie

Sluit Vergelyk

VEELVULDIGE REKENINGS GEVIND Close button

Ons het verskeie rekenings gevind wat aan dié e-posadres gekoppel is.
Kies asseblief ’n rekening om in te teken:

    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Voertuignavraagterugvoer

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    TERUGVOER: HELP MY SOEK

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Logo
    Concierge service logo
    Close button

    Jou ryding is suksesvol opgelaai!

    Ons het ’n e-pos aan jou gestuur. Bevestig asseblief jou e-posadres.

    hammer-icon

    Geluk, hoor!

    Keer terug webtuiste toe.