BAIC
BAIC is daartoe verbind om ’n toonaangewer te word, nie net wat motorontwerp betref nie, maar ook deur ’n dinamiese, stylvolle en smaakvolle leefstyl te bied.
BAIC poog om voertuie te bied wat met gebruikersvriendelike funksies toegerus is om aan die standaarde van die internasionale motormark te voldoen en kliënteverwagtinge reg oor die wêreld te oortref.
Onder die leuse “Vinniger, meer vaartbelyn, slimmer” wens Stuurwiel dié stylvolle produk alle sukses toe en ons is trots daarop om hierdie uitstekende voertuie op Suid-Afrika se veiligste aanlyn voertuigplatform te kan aanbied.
Models
-
B40 Plus
Sjinese verwerking van die Jeep Wrangler idee. Selfs met dieselfde buite skarnier deure en verwyderbare dak panele, as jy wil pronk by ... Lees meerSjinese verwerking van die Jeep Wrangler idee. Selfs met dieselfde buite skarnier deure en verwyderbare dak panele, as jy wil pronk by die see tydens jou vakansie.
B40 het goeie veldryvermoë, met ‘n steel leerraam onderstel en sluitbare agterste ewenaarslot. Al is die grondvryhoogte van 210mm redelike gemiddeld.
Met 17-duim wiele is daar ‘n groot keuse van veldry bande as jy iets met ‘n meer aggressiewe band loopoppervlak wil opsit vir jou B40.
B40 is beskikbaar met twee enjin keuses, albei 2-liter turbos. Maar die petrol weergawe is baie swaar op brandstof, en die diesel het nie juis genoeg krag vir hoësnelheid snelweg verrigting nie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 12
-
Beijing X55
BAIC se netjiese middelslag kruisvoertuig, met ‘n baie moderne bakvorm.X55 se 1.5 turbopetrol enjin verloor amper geen krag op die hoëv... Lees meerBAIC se netjiese middelslag kruisvoertuig, met ‘n baie moderne bakvorm.
X55 se 1.5 turbopetrol enjin verloor amper geen krag op die hoëveld nie, wat goeie snelweg verrigting beteken. Maar soos alle Sjinese 1.5 turbopetrol enjins, is X55 ook swaarder op brandstof as ‘n soortgelyke diesel sou wees.
Binneruim is bietjie te digitaal, met ʼn gebrek aan fisiese skakelaars vir lugreëling en die vermaakstelsel.
Die beste koop is X55 se intreevlak Dynamic model. Met 18-duime wiele, 6 lugsakke en al die binneruim digitale tegnologie wat jy benodig, is dit ‘n baie slimmer keuse vir plaaslike toestande as die duurder X55S, op 19-duime wiele.
Hoekom kies ons die intreevlak X55 bo die X55S? Omdat daai 1-duim verskil in wielgrootte ‘n werklike ritgehalte verskil maak op Suid Afrika se wisselende gehalte padoppervlaktes.
Lees minderBeskikbare voertuie: 81