Bentley logo

Bentley

Bentley het sy ontstaan aan W.O. Bentley te dankie, en die wêreld is deur hom ’n beter plek.

Is Bentley die beste fabrikaat op aarde? Stellig, ja!

As jy na gehalte, werkverrigting en prestige op soek is, voldoen Bentley aan elkeen van jou vereistes.

 

Models

2 resultate
  • Bentayga Image

    Bentayga

    Duitse ingenieurswese met die beste Britse handgeboude vakmanskap. As jy ‘n luukse SNV soek met oneindige opsies vir persoonlike smaak ... Lees meer

    Duitse ingenieurswese met die beste Britse handgeboude vakmanskap. As jy ‘n luukse SNV soek met oneindige opsies vir persoonlike smaak is Bentayga die keuse.

    Bentley bied ‘n reuse verskeidenheid kleure, bekleedsels, en allerlei binneruim afwerkings vir Bentayga kopers. En alles word tot die hoogste standaard gebou, deur vaardige Britse vakmense.

    Maar wees gewaarsku: hoe dieper jy in die beskikbare opsies begin kies, hoe meer groei daai koopprys.

    Haal emosie uit die koop en Bentayga is die duurste weergawe van VW se Touareg onderstel. In beginsel is dit ‘n beproefde SNV platform wat ook deur Audi, Porsche en Lamborghini gebruik word. Gevolglik is Bentayga bestuurservaring is ‘n triomf van ingenieurs oor gewig en swaartepunt.

    Bly by die stadaard 21-duim wiele en vermy die V6 hibried enjin. Teen hierdie pryse maak ‘n V8 saak en dit meer eg tot Bentley se verrigtingsmotor- en Le Mans erfenis.

    Die lang asafstand Bentayga werk uitstekend met Bentley se beeld. En skep ʼn groter laairuimte al jou bagasie wanneer jy op ʼn luukse langafstand langnaweek gaan.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 0

  • Continental Image

    Continental

    Die model wat Bentley gered het in die 21st eeu. Continental GT is ‘n tweedeur luukse verrigtingvoertuig met ‘n oorvloed teenwoordighei... Lees meer

    Die model wat Bentley gered het in die 21st eeu. Continental GT is ‘n tweedeur luukse verrigtingvoertuig met ‘n oorvloed teenwoordigheid en krag.

    Jongste derde-geslag Continental GT het wegbeweeg van die legendariese 6.0 W12 enjin. Tweedegeslag Continental GT’s met die W12 enjin is baie gesog, vanweë die kragbron se unieke klank en uitleg.

    Met kragsyfers wat begin by 500kW, het die 4.0 twin-turbo V8 Continental GT besonders sterk ooppad verrigting en verbysteekvermoë.

    Die derde-geslag Continental GT is ook baie swaar en gebruik ‘n 8-spoed dubbelkoppelaar ratkas, was baie meganiese versorging benodig soos die myle begin opbou. Daar is ʼn rede hoekom meeste luukse verrigting motors eerder ʼn tradisionele outomatiese ratkas met ʼn wringkrag omskakelaar gebruik...

    Continental GT kopers kan van ‘n lys amper oneindige bakwerk kleur en binneruim afwerkings kies. Supersport weergawes is ligter as ander Continental GT’s, maar ry op harder vering en rol groter wiele, wat nooit ‘n slim keuse is op Suid Afrikaanse paaie nie.

    Bentley word dalk deur VW besit. Maar daar is geen Duitse luukse motor model wat dieselfde bestuurservaring bied as hierdie spog weelde sportsmotors wat in Crewe gebou word nie.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 0

KYK HIERNA

KOOP OF VERKOOP JOU VOERTUIG – DIE SLIM MANIER

Op soek na 'n splinternuwe voertuig!
Ons Voertuig Concierge diens neem die stres uit die koopproses deur die regte voertuig vir jou te vind en namens jou met ons betroubare handelaarsnetwerk te onderhandel. Dit bespaar jou tyd, geld en onnodige moeite.

Wil jy jou voertuig verkoop!
Ons is aktief op soek na lae kilometer, uitstekende gehalte voertuie, veral dié wat gemiddeld minder as 15 000 km per jaar ry. Ons bied 'n deursigtige, moeitevrye proses met mededingende aanbiedinge, sodat jy jou voertuig vinnig, maklik en teen die beste moontlike waarde kan verkoop.
Help

Hoe kan ons Jou help?

BEKYK VERGELYKINGS

VERGELYK RYGOED

Jy het rygoed gekies.

Geen rygoed is bygevoeg om te kan vergelyk nie

Sluit Vergelyk

VEELVULDIGE REKENINGS GEVIND Close button

Ons het verskeie rekenings gevind wat aan dié e-posadres gekoppel is.
Kies asseblief ’n rekening om in te teken:

    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Voertuignavraagterugvoer

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    TERUGVOER: HELP MY SOEK

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Logo
    Concierge service logo
    Close button

    Jou ryding is suksesvol opgelaai!

    Ons het ’n e-pos aan jou gestuur. Bevestig asseblief jou e-posadres.

    hammer-icon

    Geluk, hoor!

    Keer terug webtuiste toe.