BMW logo

BMW

Die trotse geskiedenis van die werklik ongelooflike BMW-groep strek terug tot 1916.

Vandag maak die vier handelsmerke BMW, MINI, Rolls-Royce en BMW Motorrad die BMW-groep een die van wêreld se voorste verskaffers van motors en motorfietse.

Stuurwiel erken BMW as ’n gevestigde gunsteling van die kooppubliek, en ons is trots daarop om sommige van die beste motors op die mark hier te kan tentoonstel.

 

Models

14 resultate
  • 1 Series (F40) Image

    1 Series (F40)

    Voorwieltrek BMW was steeds ou-skool kenners laat kopkrap. Maar daar skort niks met die 1 Reeks se ingenieurswese nie.BMW se tegniese m... Lees meer

    Voorwieltrek BMW was steeds ou-skool kenners laat kopkrap. Maar daar skort niks met die 1 Reeks se ingenieurswese nie.

    BMW se tegniese mense het verseker dat 1 Reeks al die bestuursgenot het wat jy sou verwag van ‘n München motor. Waarskynlik die beste voorwieltrek luikrug vir kranige bestuurders.

    Binneruim bied een van die beste bestuursposisies. BMW se tegniese mense kry dit reg om hul sitplek onteerpunte laer as ander vervaardigers te kry. Dit help langer bestuurders om die beste bestuursposisie te vind, in 1 Reeks.

    Soos baie modern Duitse motors is binneruim afwerking en materiale gemiddeld. Bagasieruim afmetings is wat jy in ‘n A-Klass sou kry.

    Beste koop? As jy ‘n BMW voorwieltrek blitsbuks soek, bied die M135i xDrive uitstekende versnelling en vlymskerp hantering. Maar dit is moeilik om verby die 118d te kyk. Met 380Nm wringkrag vir sterk verbysteek versnelling en 4.7l/100km verbruik, is 118d is goeie balans van ekonomie en verrigting.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 42

  • 2 Series Image

    2 Series

    Tweedeur BMW vir die fynproewer. Agterwieltrek en ‘n binneruim ontwerp wat alles om die bestuurder gebou is.2 Reeks koepee se bakwerk, ... Lees meer

    Tweedeur BMW vir die fynproewer. Agterwieltrek en ‘n binneruim ontwerp wat alles om die bestuurder gebou is.

    2 Reeks koepee se bakwerk, met die reghoekige neus, is nie almal se smaak nie. Maar dit is ‘n dapper ontwerp en sal nie vinnig verouder nie.

    Bestuursgenot is voortreflik, te danke aan die lae swaartepunt en tipies BMW tegniese vindingrykheid met vering en stuur verstellings. Briljant op enige bergpaspad en ‘n uitstaande langpad toervoertuig vir twee volwassenes en hul bagasie.

    Met genoeg wringkrag vir goeie snelweg verrigting en uitstekende brandstofverbruik is die 220d ‘n interessante 2 Reeks koepee. M2 is ‘n ware verrigtingsvoertuig wat baie duurder, groter en kragtiger modelle kan laat vervelig voel op ‘n uitdagende stuk pad.

    Vir Suid Afrikaanse aanhangers wat BMW se erfenis waardeer, is daar ook die versamelstuk 2 Reeks modelle: 325iS Homage and BMW 333i Homage. BMW gaan slegs 33 van elk bou en elkeen van daai 66 spesiale 2 Reeks Homage modelle gaan ‘n toekomstige versamelstuk word.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 76

  • 3 Series Image

    3 Series

    Steeds die standaard vir middelslag luukse gesinsmotors, vir ywerige bestuurders. Luukse sedanmotors is ‘n kwynende mark in Suid Afrika... Lees meer

    Steeds die standaard vir middelslag luukse gesinsmotors, vir ywerige bestuurders. 

    Luukse sedanmotors is ‘n kwynende mark in Suid Afrika. Maar as jy in ‘n deel van die land woon met goeie padoppervlaktes, en nooit grondpad ry nie, bied ‘n luukse Duitse sedanmotor baie meer bestuursgenot as ‘n SNV or kruisvoertuig.

    Die jongste 3 Reeks is duur en die standaard toerusting is min. Maar die agterste been ruimte is skaflik en 3 Reeks het ‘n groter bagasieruimte as A5 en C-Klass.

    3 Reeks bied steeds die beste bestuurservaring uit al die Duitse middelslag sedanmotors. Elke raakpunt en bestuursinset getuig van BMW se obsessie met gehalte.

    Hoëspoed baanvastigheid en stuurgevoel is sonder gelyke. Selfs teen lae spoed, is die samespel van stuur, ratwisseling, remme en versnelling ʼn bewys dat BMW se ingenieurs van die bestes is.

    BMW bied verskeie enjinopsies met 3 Reeks maar die beste koop is ‘n 320d. Met 400Nm se wringkrag, sorg die 320d vir sterk snelweg verbysteekvermoë. En die 2-liter turbodiesel enjin is besonder lig op brandstof, met verbruiksyfers na aan 5l/100km onder ideale omstandighede.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 87

  • 5 Series Image

    5 Series

    As jy gesteld is op hoëspoed bestuursvertroue en passasiergemak, is 5 Reeks steeds ‘n klasleier.Meeste kopers in die weelde gesinsmotor... Lees meer

    As jy gesteld is op hoëspoed bestuursvertroue en passasiergemak, is 5 Reeks steeds ‘n klasleier.

    Meeste kopers in die weelde gesinsmotormark gaan ‘n X5 kies. Maar as jy nie die grondpadvermoë van ‘n SNV benodig nie, bied 5 Reeks ‘n beter langpad bestuurservaring. Hoekom? Die laer swaartepunt beteken beter hoespoedstabiliteit en die laer rithoogte beteken minder windgeraas.

    BMW se tegniese mense is erg oor stuurgevoel, versneller aksie en ritgehalte. Dit is hoekom 5 Reeks 1000km in ‘n dag met gemak kan aflê sonder moeite en met uiterse gemak vir insittendes.

    Binneruim voel bietjie gemiddeld in vergelyking met die jongste Sjinese weeldemodelle, wat soortgelyke afwerking en materiale bied vir baie minder geld.

    Soos met 3 Reeks die beste enjinkeuse ‘n diesel. BMW se 520d bied voortreflike brandstofverbruik vir ‘n groot weeldemotor, met goeie verbysteekvermoë. Ons wenk: bly by die 19-duim wiele, omdat die opsionele 20- en 21-duim wiele mors met 5 Reeks se ritgehalte.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 34

  • 7 Series Image

    7 Series

    Die opsraakwekkendste BMW ontwerp sedert Chris Bangle se ontwerpe.Binneruim bied amper ongeëwenaarde gemak met uitstekende sitplekke en... Lees meer

    Die opsraakwekkendste BMW ontwerp sedert Chris Bangle se ontwerpe.

    Binneruim bied amper ongeëwenaarde gemak met uitstekende sitplekke en gemak verstellings. Maar 7 Reeks se binneruim tegnologie kan oorweldig, en dien meer passasiers se vermaak as die bestuurder sin. 7 Reeks se opsionele outomatiese deure, wat self oop- en toemaak, is nie ‘n blink idee in misdaadagtige buurte nie.

    Soos alle BMWs, het 7 Reeks se ingenieurspan nie vergeet van die weeldemotor se BMW erfenis nie.

    Bakrolbeheer en baanvastigheid is uitstekend en 7 Reeks is ‘n weeldemotor wat ‘n besonderse bestuurservaring bied. Veral as jou roete ‘n paar van Suid Afrika se asemrowende bergpasse insluit, waar die 7 Reeks se vering, stuur en versneller beheer indruk maak.

    BMW bied verskeie enjinopsies met 7 Reeks. Die i7 battery weergawe het 500km reikafstand in werklike gebruik, wat beter is mas amper alle ander battery motors beskikbaar in die plaaslike mark.

    Jy kan BMW se beproefde 3-litre in-lyn ses silinder turbodiesel kies, maar die beste koop is ‘n M760e in-prop hibried 7 Reeks. Wat 420kW het en onder 3l/100km kan doen met ‘n volgelaaide battery.

    Met 90km se suiwer elektriese aandrywing en BMW se legendariese 3-liter in-lyne ses-silinder enjin, is M760e PHEV die beste tussenoplossing tussen verrigting en lae brandstofverbruik, met groot reikafstand.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 15

  • iX Image

    iX

    BMW se toekomsgerigte battery voertuig wat soos geen ander BMW lyk nie.Kyk verby die iX se toekomsgerigte ontwerp en daar is diep BMW t... Lees meer

    BMW se toekomsgerigte battery voertuig wat soos geen ander BMW lyk nie.

    Kyk verby die iX se toekomsgerigte ontwerp en daar is diep BMW tegniese gehalte. Verrigting en reikafstand is goed genoeg vir plaaslike toestande, mits jy ‘n duur sonkrag en battery stelsel tuis het.

    iX M60 en xDrive 50i het albei reuse 111kWh batterye, wat jou 400km se elektriese reikafstand bied.

    Best koop is waarskynlik die iX xDrive 40i, met ‘n kleiner 76kWh battery en laer pryspunt. Maar hierdie iX lewer steeds 300km se reikafstand en baie sterk verbysteekvermoë.

    Binneruim is ongelooflik ruim en slim verpak. iX het 500-liter laairuim pakplek en dit groei na 1750-liter met die agtersitplekke platgevou.

    As jy nuuskierig is oor ʼn luukse elektriese motor is iX ʼn baie veilige keuse. Maar dit is moeilik om een bo ʼn X5 aan te beveel.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 17

  • M3 Image

    M3

    BMW kenners ag M3 as die beste München verrigtings voertuig. Met goeie rede.Swaar maar ruim en met al die tegniese kenmerke wat ‘n ywer... Lees meer

    BMW kenners ag M3 as die beste München verrigtings voertuig. Met goeie rede.

    Swaar maar ruim en met al die tegniese kenmerke wat ‘n ywerige bestuurder begeer. Dit maak nie saak dat M4 nou slegs vierwieltrek is nie. Stuuraksie en balans voel steeds soos ‘n agterwieltrek hoëverrigting onderstel.

    Reuse verrigting van BMW se legendariese inlyn-6 enjins, maar ook baie bestuurbaar in verkeer, te danke aan die ZF 8-spoed outomatiese ratkas. Wat baie minder langtermyn instandhouding risiko het as ‘n dubbelkoppelaar ratkas.

    Die eenvoudige feit is dat M3 nou ‘n beter 4-deur hoëverrigting gesinsmotors is as BMW se M5, wat eenvoudig te swaar is. Met ‘n hibried stelsel wat die bestuursuiwerheid beperk.

    AMG se 4-silinder C63s het baie meer krag as M3, maar kan glad nie meeding met die BMW se bestuurservaring nie. En dit wys in die tweedehandse pryse, waar 6-silinder M3’s hul waarde baie beter hou as enige 4-silinder C63.

    Bly weg van die R90 000 koolstofvesel voorkoms pakket – wat eintlik net koolstofvesel bedekking sonder enige vaartbelyning of gewigsbesparing is. Dieselfde geld vir M4 se R190 000 koolstof-keramiek remme, wat sinneloos is vir padgebruik en net van nut is as jy elke moontlike naweek baandae doen.

    M3 is duur, maar dit bied ʼn bestuurservaring sonder gelyk, met baie beenruimte vir daai agtersitplek passasier en ʼn ruim bagasiebak. Dit is die beste 4-deur hoëverrigting gesinsvoertuig wat jy kan koop.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 2

  • M4 Image

    M4

    BMW se oorspronklike middelslag hoëverrigting motor het groot geword. Letterlik.M4 se tweedeur bakvorm lyk doelgerig en daar is baie ru... Lees meer

    BMW se oorspronklike middelslag hoëverrigting motor het groot geword. Letterlik.

    M4 se tweedeur bakvorm lyk doelgerig en daar is baie ruimte binne. Maar daai groot koepee deure swaai baie wyd wanneer jy hulle oopmaak. So wees vir versigtig vir deur-tref risiko in ‘n parkeerterrein.

    Kern tegniese kenmerke is amper sonder gelyke. M4 is ‘n besonder swaar middelslag verrigtings voertuig  teen 1835kg. Maar BMW se ingenieurs kry dit reg om al daai stuurterugvoer en versneller reaksie te verseker wat hoëverrigting bestuurders wil hê.

    Dit maak nie saak dat M4 nou slegs vierwieltrek is nie. Stuuraksie en balans voel steeds soos ‘n agterwieltrek hoëverrigting onderstel.

    Geen handrat of dubbelkoppelaar ratkaste nie. Slegs die 8-spoed ZF outomaties, wat besonder dringend ratte kan wissel en baie muur duursaam is as ‘n dubbelkoppelaar ratkas.

    Daar is bitter min tweedeur hoëverrigting voertuie buiten die Porsche 911 reeks wat ‘n M4 kan ewenaar vir suiwer bestuursgenot.

    Wees lugtig vir die duur opsies, soos ‘n R90 000 koolstofvesel voorkoms pakket – wat eintlik net koolstofvesel bedekking sonder enige vaartbelyning of gewigsbesparing is. Dieselfde geld vir M4 se R190 000 koolstof-keramiek remme, wat sinneloos is vir padgebruik en net van nut is as jy elke moontlike naweek baandae doen.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 0

  • X1 Image

    X1

    Mini Countryman se BMW tweeling. Met een van die beter BMW bakvorms.BMW se oorspronklike X1 was ‘n baie vreemde ontwerp maar die huidig... Lees meer

    Mini Countryman se BMW tweeling. Met een van die beter BMW bakvorms.

    BMW se oorspronklike X1 was ‘n baie vreemde ontwerp maar die huidige weergawe het baie goeie verhoudings en stilering.

    Binne is die X1 se bestuursposisie en passasiergemak voortreflik. En daar is meer pakplek in die laairuimte as ‘n Mercedes-Benz GLA…

    BMW bied elektriese en hibried weergawes van X1, maar die beste koop is steeds ‘n sDrive18d. Hierdie X1 diesel het 360Nm wringkrag, wat sterk snelweg verbysteekvermoë waarborg. Op die langpad kan jy diesel verbruik van so laag as 5l/100km verwag in gunstige toestande.

    Bly weg van die 19- en 20-duim wiele op M Sport weergawes. Daar is 17-duim wiele beskikbaar wat ongelooflik goed pas by die X1 se veringverstelling en baie minder weerloos is op grondpaaie, of as jy ‘n slaggat raakry.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 199

  • X3 Image

    X3

    Die gewildste Duitse middelslag SNV te koop in Suid Afrika. Met goeie rede.X3 bied ‘n uitstekende bestuurservaring en goeie passasiersg... Lees meer

    Die gewildste Duitse middelslag SNV te koop in Suid Afrika. Met goeie rede.

    X3 bied ‘n uitstekende bestuurservaring en goeie passasiersgemak. Die versneller aksie, stuurgevoel en hantering is eg BMW, en voel meer soos ‘n sedan as ‘n SNV.

    BMW bied verskeie enjinkeuses met X3, maar dit is die 2.0 turbodiesel wat uitstaan. Met 145kW/400Nm, bied hierdie enjin al die versnelling wat jy benodig, met diesel verbruik onder 7l/100km.

    Ons wenk is om weg te bly van die X3 verrigtingsmodelle met hul harde veringverstellings en groot wiele.

    Die beste koop is ‘n X3 Rugged. Dit is ‘n X3 20d xDrive met 225/61 R18 General Grabber veldry bande, wat enige grondpad met vertroue kan aandurf. En ook die X3 Rugged besonder bestand maak teen slaggate.

    X3 Rugged het ook ‘n sagter veringverstelling en ‘n dakrak bagasiebok, wat 320-liter se ekstra pakplek bring. Hierdie weergawe van X3 is ‘n besonder goeie veeldoel luukse SNV vir plaaslike toestande sonder ‘n werklike teenstander van Audi of Mercedes-Benz.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 285

  • X4 Image

    X4

    Die 5-deur koepee weergawe van BMW se X3. Vir kopers vir wie bakvorms en beeld meer belangrik is as pakplek.Kenmerkende BMW tegniese ve... Lees meer

    Die 5-deur koepee weergawe van BMW se X3. Vir kopers vir wie bakvorms en beeld meer belangrik is as pakplek.

    Kenmerkende BMW tegniese vernuf in die manier wat X4 se stuur, remme en versneller aksie werk. Bestuursgenot is ongetwyfeld, maar jy ruil bietjie pakplek en agterpassasier gemak vir die X4 is koepee bakvorms.

    X4 laairuimte is 10% kleiner as ‘n X3. Wat saak maak wanneer jy alles en nog meer moet inprop vir daai langnaweek of vakansie reis. Groter kwessie is wat daai koepee dakvorm met agterpassasier kopruimte doen. Vir lang tweede-ry insittendes het X4 baie minder kopruimte as ‘n X3.

    Beste koop? Hou dit eenvoudig met ‘n xDrive40d, wat die verbysteekvermoë en lae diesel verbruik het wat sinvol is. Die 6-silinder verrigtings modelle (M40i en X4 M Competition) se vering en laeprofiel bande ry net veels te hard op Suid Afrikaanse paaie.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 62

  • X5 Image

    X5

    Vir baie lewenslange BMW aanhangers is hierdie nou die begeerlikste luukse motor vir Suid Afrikaanse paaie.X5 bied baie van die 5 Reeks... Lees meer

    Vir baie lewenslange BMW aanhangers is hierdie nou die begeerlikste luukse motor vir Suid Afrikaanse paaie.

    X5 bied baie van die 5 Reeks se bestuursvermoë, met die voordeel van (net) genoeg grondvryhoogte vir daai grondpad roetes na jou luukse naweek blyplek.

    BMW ingenieurs werk hard om X5 ‘n suiwer bestuurservaring te gee ten opsigte van stuurgevoel, remme en versneller aksie. Van al die groot luukse SNV voertuie, gee X5 die meeste bestuursgenot op ʼn kronkelende bergpas pad.

    Breë keuse van enjins. Maar soos alle BMW kenners weet is ‘n inlyn-ses altyd die beste. X5 bied twee 3.0 turbo in-lyn ses enjins.

    As jy die wringkrag en langpad brandstofdoeltreffendheid van ‘n diesel soek, is X5 xDrive30d ‘n uitstekende luukse SNV. Bekommerd oor Suid Afrika se wisselvallige diesel gehalte? Kies dan die X5 xDrive40i, met die turbopetrol inlyn-ses.

    X5 M60i en M weergawes is tegniese indrukwekkende voertuie, maar vir die geld kan jy eerder  ‘n hoë verrigting M5 sedan koop.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 146

  • X6 Image

    X6

    BMW se groot vierwieltrek koepee. Wat al die tegniese kenmerke van ‘n X5 het, maar met baie minder plek binne.X6 is groot en swaar maar... Lees meer

    BMW se groot vierwieltrek koepee. Wat al die tegniese kenmerke van ‘n X5 het, maar met baie minder plek binne.

    X6 is groot en swaar maar BMW ingenieurs se tegniese vernuf verseker dat dit baie bestuursgenot bied. Net soos X5.

    BMW bied verskeie 6-silinder en V8 enjin opsies, maar X6 xDrive30d is die beste koop. Met 650Nm wringkrag vir sterk snelweg verbysteekvermoë en langpad diesel verbruik wat onder 8l/100km loop, maak xDrive30d baie meer sin as die X6 V8’s.

    X6 het dalk ‘n baie treffende bakvorms, maar dit skep baie beperkings binne. Bagasieruimte is amper 20% minder as ‘n X5. En die X6 se tweede-ry been- en kopruimtye is ook meer beperk as ʼn X5, wat nie fantasties is vir 1.8m+ insittendes nie op ʼn langpad reis nie.  

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 39

  • X7 Image

    X7

    BMW se grootste voertuig met die meeste binneruim pakplek. X7 is BMW se 7-sitplek luukse toervoertuig wat kan grondpad ry.Binneruim het... Lees meer

    BMW se grootste voertuig met die meeste binneruim pakplek. X7 is BMW se 7-sitplek luukse toervoertuig wat kan grondpad ry.

    Binneruim het gemaklike sitplek vir 7 volwassenes. Selfs met die derde-ry sitplekke in gebruik is daar steeds 326-litre pakplek. Slaan die tweede- en derde-ry sitplekke plat en X7 se binneruim omskep na ‘n reuse 2120-liter laairuime.

    Maar al daai binneruim luuksheid en pakplek beteken X7 is swaar, wat verrigting en brandstofverbruik beïnvloed. En ook moeite om te parkeer as gevolg van die groot bakvorm afmetings.

    BMW se ingenieurs het dubbel-as lugvering ontwerp om X7 se bakrol te verminder. Hoë swaartepunt nieteenstaande bestuur X7 soos ‘n egte BMW, met goeie ritgehalte en hoësnelheid baanvastigheid.

    Beste koop? X7 40d eerder as die dors M60i petrol V8. X7 diesel is die beter keuse vir langpad toer en om die beste te maak van X7 se 3500kg sleepvermoë. Vermy die 22- en 23-duim wielkeuses, bly met die standaard 21s.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 38

KYK HIERNA

KOOP OF VERKOOP JOU VOERTUIG – DIE SLIM MANIER

Op soek na 'n splinternuwe voertuig!
Ons Voertuig Concierge diens neem die stres uit die koopproses deur die regte voertuig vir jou te vind en namens jou met ons betroubare handelaarsnetwerk te onderhandel. Dit bespaar jou tyd, geld en onnodige moeite.

Wil jy jou voertuig verkoop!
Ons is aktief op soek na lae kilometer, uitstekende gehalte voertuie, veral dié wat gemiddeld minder as 15 000 km per jaar ry. Ons bied 'n deursigtige, moeitevrye proses met mededingende aanbiedinge, sodat jy jou voertuig vinnig, maklik en teen die beste moontlike waarde kan verkoop.
Help

Hoe kan ons Jou help?

BEKYK VERGELYKINGS

VERGELYK RYGOED

Jy het rygoed gekies.

Geen rygoed is bygevoeg om te kan vergelyk nie

Sluit Vergelyk

VEELVULDIGE REKENINGS GEVIND Close button

Ons het verskeie rekenings gevind wat aan dié e-posadres gekoppel is.
Kies asseblief ’n rekening om in te teken:

    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Voertuignavraagterugvoer

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    TERUGVOER: HELP MY SOEK

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Logo
    Concierge service logo
    Close button

    Jou ryding is suksesvol opgelaai!

    Ons het ’n e-pos aan jou gestuur. Bevestig asseblief jou e-posadres.

    hammer-icon

    Geluk, hoor!

    Keer terug webtuiste toe.