BYD logo

BYD

BYD Auto is ’n Chinese motorvervaardiger wat ’n wye reeks voertuie vervaardig.

BYD hou aan om sy EV-aanbod te innoveer en uit te brei, waardeur hulle tot die wêreldwye skuif na volhoubare vervoer bydra.

As jy belangstel, oorweeg dit om VYD se aanbod verder te ondersoek.

 

Models

5 resultate
  • Dolphin Image

    Dolphin

    Groter weergawe van die Dolphin Surf, met meer battery krag, verrigting en reikafstand.BYD bou twee weergawes van die Dolphin Surf. Alb... Lees meer

    Groter weergawe van die Dolphin Surf, met meer battery krag, verrigting en reikafstand.

    BYD bou twee weergawes van die Dolphin Surf. Albei is onder R600 000 geprys.

    Die goedkopers Dolphin Surf het ‘n 45kWh battery en baie gemiddelde verrigting. Met ‘n 70kW elektriese motor, is versnelling traag met ‘n 0-100km/h syfer van 12.3 sekondes. Hierdie 45kWh battery gee die Dolphin Surf ‘n 340km reikafstand.

    As jy meer verrigting en snelweg bestuurbaarheid soek, is daar ‘n groter 60kWh battery opsie. Met ‘n 150kW elektriese motor het hierdie Dolphin Surf baie sneller verrigting, met ‘n 0-100km/h lopie in slegs 7 sekondes. Reikafstand met die 60kWh Dolphin Surf is ‘n skaflike 427km, as jy baie netjies bestuur sonder enige kopwinde.

    Soos baie ander elektriese voertuie het die Dolphin bande wat gekies word vir lae weerstand, om reikafstand te vermeerder. Maar dit beteken ook minder meganiese vastrapvermoë van daai bande, wanneer jy moet noodrem – veral in die reën.

    Albei Dolphin Surf modelle het gevorderde binneruim ontwerpe, met gemaklike sitplekke en uitstekende slimfoon skakeling. Maar die bagasieruimte is bietjie knap.

    BYD is sekerlik die wêreld se beste battery voertuig bouer. Dit maak ‘n Dolphin Surf een van die veilighste elektriese motors om te besit, as jy angstig is oor steundienste.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 5

  • Dolphin Surf Image

    Dolphin Surf

    BYD se Polo-grootte battery motor met baie billike prys punte.Dolphin Surf is beskikbaar in twee modelle. Die Dynamic gebruik ‘n 38.8kW... Lees meer

    BYD se Polo-grootte battery motor met baie billike prys punte.

    Dolphin Surf is beskikbaar in twee modelle. Die Dynamic gebruik ‘n 38.8kWh battery, vir 295km se reikafstand en die Comfort ‘n kleiner 30kWh battery, vir 232km se reikafstand.

    Verrigting is baie gemiddeld omdat BYD se ingenieurs die Dolphin Surf se reikafstand wou verleng, en sodoende kraglewering beperk het. Met slegs 55kW is versnelling besonder traag en Dolphin Surf is beperk tot 130km/h op die snelweg, wat ʼn probleem kan skep jy voertuie op die snelweg wil verbygaan.

    Toekomgerigte binneruim is verbasend goed en laat soortgelyke grootte luikrûe baie verouderd lyk.

    Met pryse wat onder R400 000 begin bied BYD se Dolphin Surf reeks ‘n besonder goeie waarde, lae risiko skakelpunt as jy in Suid Afrika ‘n elektriese motor wil besit.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 38

  • Sealion 6 Image

    Sealion 6

    Sjinese hibried kruisvoertuig wat Toyota en die Duitse vervaardigers vrees.BYD se Sealion 6 is amper so groot soos ‘n Fortuner, maar ko... Lees meer

    Sjinese hibried kruisvoertuig wat Toyota en die Duitse vervaardigers vrees.

    BYD se Sealion 6 is amper so groot soos ‘n Fortuner, maar kos baie minder as ‘n Rav4. En het ‘n uitstekende petrol-hibried kragbron.

    Binneruim bougehalte is puik en standaard toerustingvlakke is baie hoer as enige tradisionele motorvervaardiger se kruisvoertuie.

    Wat Sealion 6 so aantreklik maak, is die samespel van ‘n petrol enjin en BYD se wêreldklas battery tegnologie. Jy kan daagliks 80km pendel op suiwer battery aandrywing. Maar wanneer daai 60-liter brandstoftenk bygereken word, groei ‘n Sealion 6 se teoretiese reikafstand van amper 1000km. Sonder enige elektriese herlaaiing angs…

    Die vierwieltrek Sealion 6 het sterk verrigting, met 238kW, maar dit is die goedkoper 160kW voorwieltrek weergawe wat die slim koop is. Hierdie is waarskynlik die beste waarde hibried voertuig vir Suid Afrikaners.

    BYD se 160kW Sealion 6 het genoeg krag om sonder moeite op die snelweg te loop, volgelaai, en as jy versigtig met die versneller werk, kan jy 1000km op daai 60-liter brandstoftenk en volgelaaide battery kry.

    Vir die geld, is die aanbod tegnologie met Sealion 6 ongelooflik aantreklik. As jy nuuskierig is oor ‘n battery motor, maar nie herlaaiangs wil ervaar nie, is Sealion 6 die beste oplossing.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 79

  • Sealion 7 Image

    Sealion 7

    Middelslag kruisvoertuig met supermotor versnelling en gesonde bagasieruimte.Sealion 7 is met enkel en dubbel elektriese motors beskikb... Lees meer

    Middelslag kruisvoertuig met supermotor versnelling en gesonde bagasieruimte.

    Sealion 7 is met enkel en dubbel elektriese motors beskikbaar, maar dit is die vierwieltrek dubbel-motor weergawe wat werklik saak maak.

    Teen R1.3m bied die Sealion 7 dubbel-motor 390kW en 500-liter se bagasieruimte, wat baie Duitse kruisvoertuig modelle na swak waarde laat lyk. Veral wanneer jy die standaard toerusting vlakke van Sealion 7 byreken.

    Kyk na die mark en vraag na elektriese motors, en Suid Afrikaners lyk nog huiwerig om meer as ‘n R1m te betaal vir ‘n elektriese voertuig. Selfs een soos Sealion 7 wat goeie reikafstand, verrigting en binneruim luuksheid bied.

    Kwessies? Sealion 7 is dalk verbasend vinnig (0-100km/h in 4.5 sekondes), maar dit is ook besonder swaar. BYD se ingenieurs het probeer om Sealion 7 goeie ritgehalte te gee, maar omdat dit so ‘n swaar voertuig is, is die bestuurservaring nie vergelykbaar met ‘n Duitse voertuig van dieselfde grootte nie.

    Jy moet ook slim speel wanneer daai langafstand roetes beplan word met ‘n Sealion 7. Hoekom? Omdat die Sealion 7 se battery herlaai stelsel nie werk met van Suid Afrika se ouer, plattelandse herlaai stasies nie.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 8

  • Shark Image

    Shark

    Sonder twyfel die mees gevorderde bakkie wat jy in Suid Afrika kan koop.Shark 6 lyk doelgerig en het sonder ontwerp fieterjasies en die... Lees meer

    Sonder twyfel die mees gevorderde bakkie wat jy in Suid Afrika kan koop.

    Shark 6 lyk doelgerig en het sonder ontwerp fieterjasies en die binneruim is propvol luukse afwerking en digitale tegnologie.

    BYD is ‘n wêreldleier in elektriese voertuie en Shark 6 se 1.5-liter turbopetrol enjin en battery stelsel maak merkwaardige kragsyfers. Wanneer die battery vol gelaai is…

    Met 321kW het Shark 6 ongeëwenaarde snelweg versnelling, wanneer jy taxis en vragmotors moet verbygaan. En solank die battery nog energie het, is brandstofverbruik redelik laag.

    Shark 6 se swakplek is veldryvermoë. Dit is ‘n baie swaar bakkie sonder ‘n laestrekratkas. In sand help die Shark 6 se kragsyfers en elektroniese stelsels, maar soos ervare veldryers weet: daar is geen plaasvervanger vir ʼn laestrekratkas nie...

    In steil, rotsagtige twee-spoor roetes kan ‘n Shark 6 sukkel. Was jammer is, omdat die Shark 6 ʼn baie taai staal leerraam onderstel het, wat verseker die taaiste 4x4 roetes kan verower, as dit ander vering en laestrekratte het.

    Teen 2710kg is BYD se dubbelkajuit is baie swaarder as ‘n turbodiesel Hilux or Ranger. Dit beperk ook die bakkie se sleepvermoë, wat slegs 2.5t, vergelykend met ‘n Toyota of Ford se sleepvermoë van 3.5t.

    BYD bou van die wêreld se beste elektriese voertuig battery stelsels, so battery betroubaar is nie ‘n kwessie nie. Shark 6 is ‘n spog verrigtings bakkie vir die stad, nie die Kalahari of vir ernstige veldry-geesdriftiges nie.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 67

KYK HIERNA

KOOP OF VERKOOP JOU VOERTUIG – DIE SLIM MANIER

Op soek na 'n splinternuwe voertuig!
Ons Voertuig Concierge diens neem die stres uit die koopproses deur die regte voertuig vir jou te vind en namens jou met ons betroubare handelaarsnetwerk te onderhandel. Dit bespaar jou tyd, geld en onnodige moeite.

Wil jy jou voertuig verkoop!
Ons is aktief op soek na lae kilometer, uitstekende gehalte voertuie, veral dié wat gemiddeld minder as 15 000 km per jaar ry. Ons bied 'n deursigtige, moeitevrye proses met mededingende aanbiedinge, sodat jy jou voertuig vinnig, maklik en teen die beste moontlike waarde kan verkoop.
Help

Hoe kan ons Jou help?

BEKYK VERGELYKINGS

VERGELYK RYGOED

Jy het rygoed gekies.

Geen rygoed is bygevoeg om te kan vergelyk nie

Sluit Vergelyk

VEELVULDIGE REKENINGS GEVIND Close button

Ons het verskeie rekenings gevind wat aan dié e-posadres gekoppel is.
Kies asseblief ’n rekening om in te teken:

    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Voertuignavraagterugvoer

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    TERUGVOER: HELP MY SOEK

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Logo
    Concierge service logo
    Close button

    Jou ryding is suksesvol opgelaai!

    Ons het ’n e-pos aan jou gestuur. Bevestig asseblief jou e-posadres.

    hammer-icon

    Geluk, hoor!

    Keer terug webtuiste toe.