Chery
Oor die afgelope 20 jaar het Chery deurgaans op innovasie aangedring en navorsing-en-ontwikkelingsentrums in China, Duitsland, die VSA en Brasilië opgerig.
Chery het die Suid-Afrikaanse mark in 2021 opnuut betree en Suid-Afrikaners is werklik deur hierdie handelsmerk beïndruk. Tiggo 4, 7 en 8 is topverkopers.
Stuurwiel wens hierdie dinamiese, aantreklike fabrikaat veel sukses toe. Ons is trots daarop om ’n wye verskeidenheid van Chery-voertuie ten toon te stel.
Models
-
Tiggo 4 Pro
Klein kruisvoertuig van Chery, met die belofte van baie waarde en bruikbare pakplek.Selfs die intreevlak Tiggo 4 modelle het volop toer... Lees meerKlein kruisvoertuig van Chery, met die belofte van baie waarde en bruikbare pakplek.
Selfs die intreevlak Tiggo 4 modelle het volop toerusting. Met 6 lugsakke, 10.25-duim tikskerm vermaakstelsels en ‘n draadlose slimfoon herlaai oppervlak. Sitplek stoffering kan verbeter word, vir beter langpad gemak.
Tiggo 4 is nie ‘n liggewig nie en die 108kW turbopetrol enjin werk hard op die snelweg, wat hoe brandstofverbruik tot gevolg het. Maar daai 1.5-liter turbopetrol het geen krag verlies op die hoëveld nie, en Tiggo 4 se verrigting is baie sterker as Europese, Koreaanse en Japannese mededingers van dieselfde prys.
Hybrid weergawe se battery kan nie ingeprop word vir herlaai nie, maar help op 150kW se krag te lewer. Wat dit baie lewendige verbysteekvermoë gee.
Bagasieruimte is heel skaflik teen 380-liter en boonop slaan daai agtersitplekke geheel plat, as jy ‘n groter, plat, laairuimte benodig. Ongelukkig bied geen van die Tiggo 4 modelle ‘n volgrootte noodwiel nie.
Die beste koop is ‘n intreevlak Tiggo 4 Comfort. Pleks van die duurder weergawes wat net te veel oordadige bestuurshulpmiddels het wat jou daagliks tot raserny sal dryf in Suid Afrikaanse verkeersomstandighede.
Lees minderBeskikbare voertuie: 317
-
Tiggo 7 Pro
Middelgrootte sportnustvoertuig van Chery met ‘n skoon ontwerp en baie kragtige hibried kragbron opsie. Maar met beperkte grondpadtoer ... Lees meerMiddelgrootte sportnustvoertuig van Chery met ‘n skoon ontwerp en baie kragtige hibried kragbron opsie. Maar met beperkte grondpadtoer vermoë, met slegs 154mm se grondvryhoogte.
Propvol standaard toerusting, maar selfs die duurste Tiggo 7 modelle se elektriese voorsitplekke het nie sitoppervlak kantel verstelling nie (ʼn swakpunt op baie Sjinese voertuie).
Binneruim is groot, met klomp klein pakplekke, maar die digitale vermaakstelsel is bietjie oorweldigend. Geen draaiskakelaars vir die lugreëling nie, wat sieltergend kan word.
Bagasieruim is ruim teen 565-liter maar jy kry nie ‘n volgrootte noodwiel nie.
Enjinkeuses is die bekende 1.5- en 1.6 turbopetrol enjins van Chery, wat swaar op brandstof is. En al hierdie Tiggo 7 modelle is slegs voorwieltrek, wat grondpad vermoë bietjie beperk.
Die kroon-koop is sonder twyfel Tiggo 7 1.5T CSH PHEV, met 265kW se kraglewering vir besonder sterk snelweg verbysteekvermoë.
Tiggo 7 CSH PHEV bied 90km se battery krag reikafstand, en met ‘n vol tenk petrol, is werklike reikafstand ‘n indrukwekkende 900km. Die CSH PHEV bied baie meer snelweg verrigting as Duitse of Japannese mededingers wat R100 000 of meer duurder is.
Lees minderBeskikbare voertuie: 174
-
Tiggo 9
Omoda se groot kruisvoertuig wat ‘n donker toekoms voorspel vir Duitse luukse voertuig vervaardigers in Suid Afrika.C9 se toekomgerigte... Lees meerOmoda se groot kruisvoertuig wat ‘n donker toekoms voorspel vir Duitse luukse voertuig vervaardigers in Suid Afrika.
C9 se toekomgerigte bakwerk en ontwerp het reuse teenwoordigheid. En daar is gehalte ingenieurswese wat onder dit alles skuil.
Die C9 1.5T PHEV het reuse verrigting en brandstofdoeltreffendheid: 0-100km/h in 4.9 sekondes en 900km op ‘n tenk brandstof en volgelaaide battery. Met 440kW krag en ‘n hoëgehalte, inprop Sjinese battery stelsel lag C9 vir meeste Duitse mededingers se aandrywingstelsels.
Omoda se 1.5T, sonder die battery aandrywing om daai turbopetrol enjin te help, is baie swaar op brandstof. Die 1.5T maak 192kW maar jy gaan gereeld tussen 11-13l/100km brandstofverbruik hê.
Die C9 se stuur en remgevoel voel baie kunsmatig. En daar is geen spaarwiel op die 1.5T PHEV weergawe nie.
Binneruim ontwerp en gehalte is verleentheid wekkend beter as baie duurder Duitse mededingers. En anders as baie ander Sjinese modelle. Het C9 beide Apple CarPlay en Android Auto. Daar is ook fisiese draaikoppies vir die lugreëling.
C9 standaard toerusting is voortreflik vir die prys. Met ‘n panoramiese sondak, gevorderde rondom oorsig kamera beelde en verhitte/verkoelings sitplekke. Vir baie (baie) minder geld as ‘n Duitse voertuig van die dieselfde grootte.
Lees minderBeskikbare voertuie: 39