Citroen
Sedert 1919 het die Citroën-handelsmerk kordaatheid en ’n verbintenis tot mense gewys wat dwarsdeur sy geskiedenis op die voorgrond staan.
In Suid-Afrika word die Citroën-naam dikwels met nostalgie en bewondering geag. As daar nou een fabrikaat is wat anders is, is dit Citroën.
Stuurwiel het ’n sagte plekkie vir dié aantreklike en laerisikovoertuig.
Models
-
C3
Ongetwyfeld die aantreklikste intreevlak 7 sitplek voertuig beskikbaar in Suid Afrika. En ‘n bewys dat ‘n praktiese, doelgerigte intree... Lees meerOngetwyfeld die aantreklikste intreevlak 7 sitplek voertuig beskikbaar in Suid Afrika. En ‘n bewys dat ‘n praktiese, doelgerigte intreevlak 7 sitplek voertuig nie noodwendig ‘n saai voorkoms hoef te hê nie.
Franse ontwerpers weet wat benodig word in ‘n besige stad. Daarom het C3 AirCross slim deurbedeksel wat jou duur paneelklopwerk spaar vir daai onvoorkombare klein deur stampe en skrapies.
Binneruim is hoogs prakties met bekleedsel en kleefstof wat spotmaklik is om skoon te vee met ‘n nat lap.
AirCross het 20mm meer grondvryhoogte as die standaard C3 se 180mm. Dit beteken hierdie Franse klein 7 sitplek voertuig kan sonder skade op grondpaaie toer, as jy moet.
Die 1.2 turbo enjin is ‘n moet, veral inaggenome dat C3 AirCross dikwels ‘n vol vrag passasiers en hul bagasie gaan dra. Goedkoper nie-turbo 1.2 petrol is veels te flou vir snelweg roetes op die hoëveld.
Lees minderBeskikbare voertuie: 177