Ford
Ford is ’n familie-onderneming wat op 16 Junie 1903 deur Henry Ford begin is. Dié ongelooflike maatskappy is steeds ’n hoog gerespekteerde handelsmerk die wêreld oor.
Geslag ná geslag het herinneringe saam met Ford geskep en Suid-Afrikaanse modelle soos die Escort, Cortina en die onlangse Ranger is onuitwisbaar in ons psige ingeëts.
Stuurwiel het die hoogste respek vir dié uitstekende handelsmerk. Met 121 handelaars reg oor die land kan jy weet: Jy is goed gedek as jy Ford kies.
Models
-
Ecosport
Klein kruisvoertuig van Ford, wat in 2023 uitgetree het. Maar daar is nog ‘n stewige aanbod van gebruikte EcoSport modelle om van te ki... Lees meerKlein kruisvoertuig van Ford, wat in 2023 uitgetree het. Maar daar is nog ‘n stewige aanbod van gebruikte EcoSport modelle om van te kies, as jy wil koop.
Knap ontwerp en met Ford se Sync3 digitale inligting en vermaak stelsel, werk die EcoSport moeiteloos met jou slimfoon.
Anders as meeste ander klein kruisvoertuie het die EcoSport ‘n volgrootte noodwiel wat op die laaibak deur gemonteer is. Met daai spaarwiel wat nie onder die laairuimte se vloer is nie, beteken dit baie meer bagasieruimte en met 333-liter pakplek, kan hierdie klein Ford al jou gesin se benodighede inkry vir ‘n langnaweek.
Enjin keuses in waar dinge duister raak. Meeste EcoSports’ is met die 1-litre turbopetrol enjin gebou. Dit is ‘n wakker klein drie-silinder enjin, maar besonder swaar op brandstof. En met ‘n nat tydreëling gordel, is langtermyn enjin duursaamheid altyd ‘n risiko.
Ford het in 2018 die EcoSprot se 1-liter turbopetrol omgeskakel na ‘n tydreëling ketting, wat betroubaar verbeter het.
Rit en hantering is klasleidend, soos meeste klein Ford passasiersvoertuie. EcoSport voel soos ‘n groter voertuig op die langpad, met uitstekende baanvastigheid en stuur terugvoer wat bestuursvertroue wek.
Die beste koop, is ‘n EcoSport 1.5 turbodiesel, as jy een kan vind. Hierdie enjins bied ‘n beter middeweg tussen verrigting in die hoëveld se dun lug, en lae brandstofverbruik, as die 1-litre turbopetrol.
Lees minderBeskikbare voertuie: 183
-
Everest
Ford se beste voertuig in die Suid Afrikaanse mark. Beter as Fortuner en ‘n werklike mededinger vir Prado.Reuse bakwerk afmeting beteke... Lees meerFord se beste voertuig in die Suid Afrikaanse mark. Beter as Fortuner en ‘n werklike mededinger vir Prado.
Reuse bakwerk afmeting beteken ‘n baie groot binneruim. Maar Everest kan moeite wees om te parkeer of in stadverkeer te bestuur.
Uitstekende veeldoel toervoertuig vir gesinne wat 7-sitplekke benodig. Everest se derde-ry sitplekke vou slim in die vloer in, om ‘n plat laairuimte te verseker, wanneer jy groot of langwerpige voorwerpe moet vervoer.
Everest se Sync4 inligting en vermaakstelsel is een van die min Westerse stelsels wat met die Sjinese digitale tegnologie kan meeding.
Bekwame veldvoertuig en sleep swaar vragte met gemak. Platinum V6 weergawes se reuse wiele maak nie sin vir plaaslike paaie nie. Wildtrak 2.0 is die beste Everest om te besit.
Lees minderBeskikbare voertuie: 430
-
Fiesta
Ford se Polo en Vivo teenstander, wat in 2018 uit die plaaslike mark getree het.Vir kopers wat ‘n beter langpad vermoë wou hê as Polo, ... Lees meerFord se Polo en Vivo teenstander, wat in 2018 uit die plaaslike mark getree het.
Vir kopers wat ‘n beter langpad vermoë wou hê as Polo, was Fiesta altyd die keuse. Die gehalte van Ford se kleinmotor ingenieurswese is diep met Fiesta. Dit is werklik ‘n klein luikrug wat soos ‘n groot motor op die ooppad voel.
Fiesta se stuur en vering voel steeds klasleidend, in vergelyking met nuwer teenstanders. As jy ‘n klein luikrug soek wat met vertroue op die langpad kan toer, is Fiesta ‘n goeie keuse.
Die stuur, hoësnelheid stabiliteit en hantering is uitstekend. Maar die enjins en ratkaste is nie.
Baie gebruikte Fiestas het die Ford 1-liter EcoBoost enjin, wat baie verkoeling en nat tydreëling gordel probleme gee. Bly ook weg van enige Fiesta met die 6-spoed PowerShift dubbelkoppelaar ratkas, wat bekend is vir onbetroubaarheid en duur herstelkostes.
Die Fiesta modelle om voor te soek is ouer 1.6- en 1.4-liter petrol enjin weergawes, sonder Turboaanjaers. Hulle is bietjie lui op die hoëveld, maar baie meer betroubaar as die turboaangejaagde Fiestas.
Ford se Fiesta ST modelle is van die beste klein verrigtingsmotors wat ooit in Suid Afrika verkoop is, met baie beter bestuurservaring as enige Polo GTi. Die seldsame ST200 is ‘n uitsoek versamelmotor, as jy een kan vind.
Lees minderBeskikbare voertuie: 76
-
Figo
Intreevlak Ford luikrug en sedan, wat tot 2022 plaaslike beskikbaar was.Figo is in Indië gebou en deel ‘n onderstel met die uitstekende... Lees meerIntreevlak Ford luikrug en sedan, wat tot 2022 plaaslike beskikbaar was.
Figo is in Indië gebou en deel ‘n onderstel met die uitstekende sesde-geslag Fiesta. Materiale en bougehalte is baie gemiddeld (soos verwag van ‘n Indiese Ford). Maar vanweë die gedeelde Fiesta onderstel dele, is Figo ‘n beter ooppad bestuurservaring as wat jy sou verwag.
Meeste gebruikte Figos het Ford se 1.5-liter ‘Dragon’ petrol enjin. Dit het 3-slinders en is redelik betroubaar omdat dit ‘n tydreëling ketting het, nie ‘n natgordel nie.
Daar is ook ‘n 1.5 TDCi turbodiesel, wat goeie hoëveld verrigting bied en baie minder diesel gebruik as jy netjies met die versneller werk.
Soos met alle klein Fords, is ratkaskeuse deurslaggewend om lelike diensuitgawes te beperk. As jy ‘n gebruikte Figo koop, maak seker dat dit ‘n 5-spoed handrat is. Bly weg van enige Figo met die 6-spoed PowerShift dubbelkoppelaar ratkas, wat baie probleme gee.
Die Freestyle is ʼn treffende Figo weergawe wat in die plaaslike mark beskikbaar was. Met 190mm grondvryhoogte, vir bietjie grondpad bestuursvermoë.
Lees minderBeskikbare voertuie: 63
-
Mustang
Treffende voorkoms en ‘n naam met diep erfenis. Mustang is ook die enigste onaangejaagde V8 tweedeur verrigtingsmotor wat jy nuut kan k... Lees meerTreffende voorkoms en ‘n naam met diep erfenis. Mustang is ook die enigste onaangejaagde V8 tweedeur verrigtingsmotor wat jy nuut kan koop in Suid Afrika.
Binneruim ontwerp en gehalte is baie gemiddeld, maar die verrigting-na-prys verhouding is verseker bogemiddeld. Daai 5-liter V8 enjin bied lineêre versnelling in ‘n manier wat geen van die kleiner turbopetrol verrigting motors kan nie.
Mustang se 10-spoed outomatiese ratkas maak hierdie Ford tweedeur kinderspeletjies om te bestuur in daaglikse stadsverkeer.
Eenvoudig enjin, sonder ‘n turboaanjaer, maak Mustang een van die meer betroubare verrigtings voertuie vir langtermyn eienaarskap. Veral ten opsigte van swak plaaslike brandstofgehalte.
Lees minderBeskikbare voertuie: 0
-
Puma
Kruisvoertuig wat die Fiesta se erfenis oorneem in Suid Afrika. Rats met baie goeie bestuurs terugvoer. Gebou op een van die beste klei... Lees meerKruisvoertuig wat die Fiesta se erfenis oorneem in Suid Afrika. Rats met baie goeie bestuurs terugvoer.
Gebou op een van die beste klein voertuig platforms, ontwerp deur Ford se Europese ingenieurs. Puma het puik hantering en draaivastigheid. Voel baie meer standvastig in hoësnelheid draaie as baie Oosterse mededingers.
Ongelukkig is die Puma se Sync3 inligting en vermaakstelsel ‘n generasie agter die huidige Sync4, wat beskikbaar is in Everest en Ranger. Boonop is Puma duur wanneer jy die opsionele ekstras begin byreken.
Slegs een enjinkeuse, ‘n wakker maar baie dors 1-liter, 3-silinder, turbo. Wat goeie versnelling bied, maar altyd op hoe turbodruk is, en daarom alles behalwe lig op petrol is.
Lees minderBeskikbare voertuie: 65
-
Ranger
Ontwerp deur Ford se Australiese ingenieurs en plaaslike gebou. Ranger is met rede Suid Afrika se mees gewilde dubbelkajuit bakkie.Taai... Lees meerOntwerp deur Ford se Australiese ingenieurs en plaaslike gebou. Ranger is met rede Suid Afrika se mees gewilde dubbelkajuit bakkie.
Taai onderstel, passasiersvriendelike binneruim en uitstekende Sync4 digitale foon skakeling maak Ranger ‘n keur langpad gesins voertuig. Sterk veldryvermoë, met die regte vering en bande. In alle opsigte ‘n beter bestuurservaring as Hilux of goedkopers Sjinese bakkies.
Ford bied ‘n magdom bybehore aan vir Ranger, en daar is voorbedrading vir al jou veldry en kamp bykomstighede. Dit maak Ranger ‘n bobaas platform as ʼn jy veldry toervoertuig wil bou.
Ranger se 2-liter bi-turbodiesel enjins kan humeurige tydreëling-gordels hê, so oorspronklike enjinolie en noukeurige diensintervalle is ‘n moet. Die groot verandering van Maart 2026, is die uittrede van Ranger se 2.0 bi-turbodiesel enjins. Dit word vervang deur ‘n verbeterde weergawe van die 2-litre enkel-turbo diesel wees. Die groot tegniese verbetering met hierdie enjin is dat die tydreëling gordel deur ‘n ketting vervang gaan word. Maar die eenvoudiger enkel-turbo 2.0 diesel maak baie minder krag as die 2.0 bi-turbodiesel…
Raptor weergawe waarskynlike die beste alle-oppervlakte verrigtingsvoertuig in Suid Afrika. Beste Rangers, is ‘n keuse tussen die 2.0 Tremor of Wildtrak.
Lees minderBeskikbare voertuie: 2036
-
Territory
Ford se middelgrootte kruisvoertuig. Wat in werklikheid eintlik ‘n Sjinese JMC is.Groot binneruim en met ‘n oorvloed skerms en Sjinese ... Lees meerFord se middelgrootte kruisvoertuig. Wat in werklikheid eintlik ‘n Sjinese JMC is.
Groot binneruim en met ‘n oorvloed skerms en Sjinese digitale tegnologie. Skerms en alles wat met jou slimfoon skakel werk flink en is helder.
Slegs een enjin en ratkas keuse. Ford se 1.8 liter EcoBoost, wat die voorwiele dryf deur ‘n 7-spoed dubbelkoppelaar ratkas. Territory se enjin en ratkas kan bietjie hiperaktief voel teen lae snelhede, in stadsverkeer.
Grondvryhoogte is skaflik vir ‘n kruisvoertuig, teen 190mm. Maar pasgesinde bande en voorwieltrek beteken dat Territory nie juis gebou is vir Karoo toer nie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 364
-
Transit Custom
Aflewerings waens is nie ‘n gewilde voertuig mark in Suid Afrika nie. Maar wêreldwyd, word Transit alombekend as een van die beste afle... Lees meerAflewerings waens is nie ‘n gewilde voertuig mark in Suid Afrika nie. Maar wêreldwyd, word Transit alombekend as een van die beste aflewering waens beskou.
Hierdie Fords is ruim en het ‘n baie gemaklike binneruim. Alles is ontwerp om dit makliker te maak vir ‘n aflewerings bestuurders om in verkeer te bestuur en in nou afleweringsruimtes te parkeer.
Ford se SYNC4 stelsel maak dit spotmaklik om jou Slimfoon te integreer en die binneruim is ook volop klein pakruimtes. Verskeie van hierdie pakruimtes, is bedek of versteek, wat help wanneer jy ‘n Transit in ‘n hoëmisdaad omgewing moet parkeer.
Transit se laairuimte is ruim teen 5.8 m3. Daaar is plek vir drie Euro standaard palette en dravermoë is 1 023kg. Die agterdeure maak ook teen ‘n 180-grade hoek oop, om in- en uitlaai te vergemaklik.
Haakplekke? Die enjins. Transit gebruik Ford se 2.0 turbodiesel. Dit is die enkelturbo weergawe, met daai nat tydreëlings gordel, wat bekend is vir instandhoudings kwessies. Boonop is het hierdie enjins ook AdBlue nodig, wat in ‘n 20-liter tenk gestoor word en hervul moet word.
Transit kopers kan kies tussen twee weergawes van die 2.0 turbodiesel enjin. Die Transit Custom Sport weergawe maak 125kW en 390Nm, terwyl die langas Transit Custom, slegs 100kW en 360Nm maak. Albei modelle het redelik klein 55-liter diesel tenks.
Alle Transit modelle is voorwieltrek. Wat ‘n kwessie kan word wanneer jy met ‘n volgelaaide Transit, by ‘n steil, konkelende oprit of laaisone moet opkom, in die reën.
Lees minderBeskikbare voertuie: 35