Foton logo

Foton

Stuurwiel is weens verskeie redes nie ’n aanhanger van Foton nie, en ons is in dié opsig baie deursigtig.

Foton was hier so onlangs as 2017 en het klaaglik misluk – wat sou intussen verander het?

Dié handelsmerk word nie deur enige fabriek in Suid-Afrika gerugsteun nie (anders as sy konkurrent, die uitstekende GWM), maar word deur ’n handelaarsgroep ingevoer.

’n Vinnige Google-soektog en besoek aan hellopeter.com wys ’n groep wat minder oor kliëntediens omgee as wat hulle moet.

Stuurwiel is in 2021 self met minagting deur die bemarkingshoof behandel – ’n optrede wat skynbaar belyn is met die maatskappy-etos.

Dit is billik geprys – maar so ook ’n steakburger by ’n padkafee.

 

Models

2 resultate
  • Truck Mate Image

    Truck Mate

    Die oplossing vir vloot bestuurders wat meer dravermoë as ‘n enkelkajuit bakkie of Suzuki Super Carry soek.Foton se Truckmate is ‘n kle... Lees meer

    Die oplossing vir vloot bestuurders wat meer dravermoë as ‘n enkelkajuit bakkie of Suzuki Super Carry soek.

    Foton se Truckmate is ‘n klein vragmotor, wat bietjie slimmer met jou vragte kan werk as ‘n 1ton bakkie. Dravermoë is 1200kg, en vir vlootbestuurders waar elke kilogram vrag tel, is dit ‘n wesenlike verskil.

    Die Truckmate gebruik ‘n 1.5-liter petrol enjin, met 82kW krag en 142Nm wringkrag. Dit is nie groot syfers nie, en omdat hierdie enjin nie n turboaanjaer het nie, sal ‘n volgelaaide Truckmate besonder stadig voel in Gauteng.

    Maar die Truckmate se enjin is gebou om met Euro2 brandstof te kan werk, wat belangrik is vir plaaslike omstandighede waar brandstofgehalte so wisselvallige kan wees.

    Foton se Truckmate het sluitweerremme, maar geen elektroniese stabiliteitstelsel nie. En die agterwiele gebruik trommel remme, pleks van skyfremme. Op lang afdraandes, met ‘n vol vrag, het daai trommel-remme altyd die hoër risiko om te begin vervaag.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 20

  • Tunland Image

    Tunland

    Foton is bekend vir klein vragmotors. Maar hulle bemark ook skaflike bakkies.Die Tunland G7 reeks enkel- en dubbelkajuite, bied goedkoo... Lees meer

    Foton is bekend vir klein vragmotors. Maar hulle bemark ook skaflike bakkies.

    Die Tunland G7 reeks enkel- en dubbelkajuite, bied goedkoop vragdra oplossings met redelike binneruim gemak.

    Cummins 2.0 turbodiesel enjins skep genoeg krag (120kW en 390Nm) om die G7 bakkies ‘n 3000kg sleepvermoë te gee. Binne, is daar 12.3-duim tikskerm media stelsels op die TLK modelle, wat ook verhitte voor sitplekke het en 6 lugsakke.

    As jy ‘n groot bakkie soek, is daar Foton se V-reeks. Die V7 en V9. Wat ook deur ‘n Cummins 2.0 turbodiesel enjin gedryf word, met 120kW en 450Nm.

    Hierdie V7/9 bakkies is groter as Hilux of Ranger, en al belowe Foton 3500kg sleepvermoë, sal jy maar sukkel teen ‘n lang opdraande met slegs 120kW.

    Die V9 is ‘n meer luukse dubbelkajuit, met 14.6-duim tikskerm media stelsel en veelskakel agtervering, wat gemik is op ritgehalte. Terwyl die V7, met ‘n kronkelveer agteras, bebou is vir geharde bakkie gebruikers wat iets soek wat nie sukkel op rowwe Karoo agterpaaie nie.

    Met Cummins enjins, ZF ratkaste en Borg-Warner vastrapstelsels, gebruik hierdie Foton bakkies van die beste Amerikaanse en Duitse onderdele.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 230

KYK HIERNA

KOOP OF VERKOOP JOU VOERTUIG – DIE SLIM MANIER

Op soek na 'n splinternuwe voertuig!
Ons Voertuig Concierge diens neem die stres uit die koopproses deur die regte voertuig vir jou te vind en namens jou met ons betroubare handelaarsnetwerk te onderhandel. Dit bespaar jou tyd, geld en onnodige moeite.

Wil jy jou voertuig verkoop!
Ons is aktief op soek na lae kilometer, uitstekende gehalte voertuie, veral dié wat gemiddeld minder as 15 000 km per jaar ry. Ons bied 'n deursigtige, moeitevrye proses met mededingende aanbiedinge, sodat jy jou voertuig vinnig, maklik en teen die beste moontlike waarde kan verkoop.
Help

Hoe kan ons Jou help?

BEKYK VERGELYKINGS

VERGELYK RYGOED

Jy het rygoed gekies.

Geen rygoed is bygevoeg om te kan vergelyk nie

Sluit Vergelyk

VEELVULDIGE REKENINGS GEVIND Close button

Ons het verskeie rekenings gevind wat aan dié e-posadres gekoppel is.
Kies asseblief ’n rekening om in te teken:

    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Voertuignavraagterugvoer

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    TERUGVOER: HELP MY SOEK

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Logo
    Concierge service logo
    Close button

    Jou ryding is suksesvol opgelaai!

    Ons het ’n e-pos aan jou gestuur. Bevestig asseblief jou e-posadres.

    hammer-icon

    Geluk, hoor!

    Keer terug webtuiste toe.