GAC Motor
GAC is a Chinese automobile manufacturer known for producing a wide range of vehicles, including sedans, SUVs, and commercial vehicles.
The brand emphasizes quality, reliability, and modern design, catering to both domestic and international markets
Models
-
Emkoo
GAC se idee van ‘n Rav4 teenstander, met verbasend stil snelweg toervermoë vir die prys.Emkoo het soos alle Sjinese motors, volloop sta... Lees meerGAC se idee van ‘n Rav4 teenstander, met verbasend stil snelweg toervermoë vir die prys.
Emkoo het soos alle Sjinese motors, volloop standaard toerusting. Die panoramiese sondak is spoggerig, en bring baie natuurlike verheldering in die binneruim op bewolkte dae. Maar dit is bietjie van puntloos gedurende die lang, warm, Suid Afrikaanse somer.
Bagasieruimte is nie ‘n Emkoo sterkpunt nie, met slegs 420-liter pakplek, wat effens onder die klasgemiddeld is.
Slegs een enjin keuse, ‘n 1.5-liter turbopetrol wat skaflike krag maak (130kW). Emkoo is nie ‘n liggewig teen 1540kg nie, en brandstofgebruik is hoog.
Watter Emkoo is die beste om te besit? Koop ‘n Executive pleks van ‘n Executive Plus. Hoekom? Die Executive het groter bande, vir beter ritgehalte, en al die binneruim tegnologie wat jy benodig, sonder die oordadige bestuurhulpmiddels van die Executive Plus, wat veeleisend kan word.
Alle Emkoo modelle het slegs ‘n mini noodwiel, wat nie wonderlik is as jy met ‘n volgepakte voertuig, iewers ‘n pap band kry nie.
GAC bied ‘n 5-jaar/100 000km diensplan, maar die lewenslange enjin waarborg is beperk tot oorspronklike eienaars, en nie oordraagbaar nie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 14
-
GS3
Het jy ‘n sagte plek vir kubistiese kuns? Dan sal jy mal wees oor hierdie kruisvoertuig van GAC.Die geometriese ontwerp is baie treffen... Lees meerHet jy ‘n sagte plek vir kubistiese kuns? Dan sal jy mal wees oor hierdie kruisvoertuig van GAC.
Die geometriese ontwerp is baie treffend en binne die treffende bakvorms is daar verbasend goeie bagasieruimte. Met 341-liter pakplek, wat groei na 1 271 liter met die agterste sitplekke weggevou.
Die binneruim is slim uitgelê en anders as meeste Sjinese motors, is daar ‘n mengsel van tikskerm en fisiese beheer skakelpunte vir die vermaak en lugreëling stelsel. Vreemd genoeg, skakel die vermaakstelsel nie met Android Auto nie, wat kan pla as jy begewe is op Google se slimfoon argitektuur.
Soos ‘n magdom Sjinese kruisvoertuie gebruik Emzoom ‘n 1.5-liter turbopetrol enjin en 7-spoed dubbelkoppelaar ratkas.
Op steiltes en teen lae snelhede kan die enjin en ratkas mekaar van tyd tot tyd misreken, met baie ongewone ratskakeling patrone en versneller terugvoer. En soos met alle Sjinese turbopetrol enjins, is brandstofverbruik baie hoer as gemiddeld.
Ritgehalte en klankdigheid is verbasend goed. Op die snelweg loop ‘n Emzoom met die stilheid soortgelyk aan duurder Europese kruisvoertuie.
Beste koop is die intreevlak Emzoom Comfort. Al die luuksheid en binneruim tegnologie wat jy benodig, sonder al die oordadige Sjinese bestuurhulp middels wat die duurder Emzooms ‘n lastige bestuurservaring kan maak.
Lees minderBeskikbare voertuie: 32