GWM logo

GWM

Great Wall Motors is ’n goed gevestigde Chinese handelsmerk wat die verwagte sukses behaal.

GWM besit die HAVAL-, ORA- en GWM Pickup-handelsmerke.

Die produk bied drie kategorieë: SNV’s passasiersmotors en bakkies.

Stuurwiel het hope respek vir die handelsmerk en is trots daarop om ’n groot verskeidenheid van vyfsterhandelaars aan te bied.

 

Models

4 resultate
  • P-Series Image

    P-Series

    GWM se kleiner bakkie en waarskynlik die beste waarde dubbelkajuit in die plaaslike mark.Binneruim ontwerp, tikskerm digitale stelsels ... Lees meer

    GWM se kleiner bakkie en waarskynlik die beste waarde dubbelkajuit in die plaaslike mark.

    Binneruim ontwerp, tikskerm digitale stelsels en bougehalte is beter as Hilux. Maar die sitplekke kan bietjie ongemaklik voel op die langpad.

    Alle P300 dubbelkajuit bakkies het aanpasbare togbeheer, 360-kameras en standaard banddruk monitering. Laasgenoemde is ‘n onderskatte stuk standaard toerusting in die plaaslike mark, omdat ‘n band wat stadig druk verloor maklik ‘n gevaarlike band bars oomblik kan word.

    P300 se 2.4 turbodiesel is nie besonder kragtig nie (135kW/480Nm), maar daai syfers bied genoeg snelweg verrigting. GWM se nuwe 9-spoed outomatiese ratkas is nie so glad-skakelend soos die uitstekende ZF 8-spoed wat van 2020-2024 in P300 gebruik is nie.

    Uitstekende waar en dan is daar die P300 LTD. Hierdie is ‘n droom veldry dubbelkajuit. Met al die 4x4 toebehore wat jy begeer, klaar toegerus.

    P300 LTD het voor en agteras ewenaarslotte. Staal buffers en wenas monteerpunte. Veldry bande en ‘n snorkel. Dit is ‘n uitstekende veldry dubbelkajuit vir ‘n winskoop prys.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 0

  • P500 Image

    P500

    Reuse Sjinese dubbelkajuit bakkie, groter as beide Hilux of Ranger. Met meer binneruim toerusting en ruimte, as beide.P500 se afmetings... Lees meer

    Reuse Sjinese dubbelkajuit bakkie, groter as beide Hilux of Ranger. Met meer binneruim toerusting en ruimte, as beide.

    P500 se afmetings kan hierdie bakkie moeite maak om te bestuur in stadsverkeer, veral wanner jy moet parkeer by die kantoor of plaaslike inkopiesentrum.

    Die HEV weergawe het 255kW vir sterk snelweg verrigting en baie gladde lae-spoed bestuurservaring, wanneer dit net die battery gebruik. Maar P500 HEV is ook belaglik swaar op brandstof.

    GWM bied ‘n 2.4 turbodiesel opsie, maar hierdie diesel wek slegs 135kW, wat baie gemiddelde verrigting bied omdat P500 2550kg weeg. Sleepvermoë is goed teen 3500kg.

    Met reuse bakwerk en asafstand, is daar redelike beperkings op die P500 se veldryvermoë. En dravermoë is nie veel beter nie: die P500 HEV kan slegs 685kg se laaivrag neem en die diesel 760kg. Baie minder as Ranger of Hilux dubbelkajuit bakkies wat 1000kg laaivrag kan vat.

    Luukse binneruim en snelweg vermoë nieteenstaande, is hierdie P500 bakkies net te groot, met te min dravermoë, vir die plaaslike mark.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 20

  • Tank 300 Image

    Tank 300

    Die mees legendariese veldvoertuie het ronde hoofligte. Dink aan Land Cruiser 70. Jeep Wrangler. Geländewagen. Land Rover Defender. En ... Lees meer

    Die mees legendariese veldvoertuie het ronde hoofligte. Dink aan Land Cruiser 70. Jeep Wrangler. Geländewagen. Land Rover Defender. En nou: Tank 300.

    Hierdie Sjinese veldwa is gebou om orals te loop waar ‘n Land Cruiser Prado kan. Met ‘n staal leerraam onderstel, ewenaarslotte op beide aste, en verstelbare kantelstawe, het Tank 300 verstommende veldryvermoë.

    Binneruim is tipies GWM, met al die luukshede as standaard en goeie bougehalte. Maar die Tank 300 se laairuimte is baie kleiner as mededingers, teen slegs 400-liter.

    Tank 300 se turbopetrol enjins het baie sterk verrigting op die snelweg, maar jy betaal daarvoor by die brandstofpomp. En teen 3000kg, is sleepvermoë steeds 500kg minder as ‘n Prado of Everest.

    Beste koop is onder twyfel die Tank 300 2.4 diesel.

    Ons wenk? As jy ‘n luukse gesins voertuig soek wat taai genoeg is om die strafste grondpaaie met vertroue aan te durf, koop die Tank 300 2.4D 4x2. Omdat meeste mense wat ʼn 4x4 koop, dit nooit gebruik nie.  

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 180

  • Tank 500 Image

    Tank 500

    Imponerende 7-sitplek Sjinese veldwa. Met toerustingvlakke en binneruim gehalte wat meeste Duitse voertuie sal skaam maak.Staal leerraa... Lees meer

    Imponerende 7-sitplek Sjinese veldwa. Met toerustingvlakke en binneruim gehalte wat meeste Duitse voertuie sal skaam maak.

    Staal leerraam onderstel beteken Tank 500 is taai genoeg vir die strafste grondpad roetes. En as jy wil veldry, is daar ‘n vaste agteras, voor/agter ewenaarslotte en laestrekratte vir daai steil bergagtige veldryroetes.

    Tank 500 se 2-litre hibried enjin is besonder kragtig wat die reuse Tank 500 uitstekende verbysteekvermoë gee. Maar wanneer daai battery krag laag loop en daai enjin dit moet help herlaai, skiet brandstofverbruik die hoogte in.

    Binneruim ontwerp en afwerking sal gehaltebeheer mense by Duitse luukse motormaatskappy laat twyfel oor hul werk.

    In baie opsigte is Tank 500 ‘n beter voertuig as Land Cruiser Prado. Maar sonder ‘n diesel enjin opsie, het dit beperkte toervermoë vir Suid Afrikaanse veldry kopers. En Tank 500 het lae sleepvermoë vir so ʼn groot leerraam voertuig, teen net 2500kg.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 17

KYK HIERNA

KOOP OF VERKOOP JOU VOERTUIG – DIE SLIM MANIER

Op soek na 'n splinternuwe voertuig!
Ons Voertuig Concierge diens neem die stres uit die koopproses deur die regte voertuig vir jou te vind en namens jou met ons betroubare handelaarsnetwerk te onderhandel. Dit bespaar jou tyd, geld en onnodige moeite.

Wil jy jou voertuig verkoop!
Ons is aktief op soek na lae kilometer, uitstekende gehalte voertuie, veral dié wat gemiddeld minder as 15 000 km per jaar ry. Ons bied 'n deursigtige, moeitevrye proses met mededingende aanbiedinge, sodat jy jou voertuig vinnig, maklik en teen die beste moontlike waarde kan verkoop.
Help

Hoe kan ons Jou help?

BEKYK VERGELYKINGS

VERGELYK RYGOED

Jy het rygoed gekies.

Geen rygoed is bygevoeg om te kan vergelyk nie

Sluit Vergelyk

VEELVULDIGE REKENINGS GEVIND Close button

Ons het verskeie rekenings gevind wat aan dié e-posadres gekoppel is.
Kies asseblief ’n rekening om in te teken:

    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Voertuignavraagterugvoer

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    TERUGVOER: HELP MY SOEK

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Logo
    Concierge service logo
    Close button

    Jou ryding is suksesvol opgelaai!

    Ons het ’n e-pos aan jou gestuur. Bevestig asseblief jou e-posadres.

    hammer-icon

    Geluk, hoor!

    Keer terug webtuiste toe.