Haval
HAVAL is ’n trotse SNV-handelsmerk van die GWM-groep wat sowel stad- as veldvoertuie insluit. Aantreklike en topgehalte is die rede waarom soveel kopers dié handelsmerk aanhang.
’n Interessante feit oor dié top- Chinese handelsmerk: HAVAL-SNV’s is die toppresteerder in SNV-verkope in China vir 16 agtereenvolgende jare. In 2018 het GWM meer as 1 miljoen eenhede in China verkoop.
Stuurwiel gee erkenning aan die hoogs verdiende sukses wat dié handelsmerk bereik het. Ons is trots daarop om die beste aanbiedinge op Suid-Afrika se veiligste motorverkopeplatform te bied.
Models
-
H6
Indrukwekkend verwysingspunt vir hoe goed Sjinese voertuie kan wees.Uitstekende binneruim bougehalte en toerusting, met die gemoedsrus ... Lees meerIndrukwekkend verwysingspunt vir hoe goed Sjinese voertuie kan wees.
Uitstekende binneruim bougehalte en toerusting, met die gemoedsrus van ‘n 7-jaar/200 000km waarborg.
H6 het ook ‘n gebruikersvriendelike tegnologie benadering. Sonder die oordonderende digitale ontwerp wat ‘n swakheid is van meeste Sjinese motors nie.
Intreevlak H6 se turbopetrol enjins is besonder kragtig nie, maar wel baie swaar op brandstof. Die H6 PHEV 1.5s bied baie beter verrigting en laer brandstofverbruik. Maar met die PHEVs verloor jy ‘n volgrootte noodwiel en 30% van die laairuimte.
Haval se H6 GT PHEV is iets besonders. Met 321kW vir slegs R800k en 100km se pendelafstand op suiwer batteryaandrywing.
Lees minderBeskikbare voertuie: 497
-
H7
As jy ‘n Sjinese sportnustvoertuig soek met ronde hoofligte, wat nie ‘n Tank is nie, kies jy H7.H7 het ‘n agteras ewenaarslot – wat bai... Lees meerAs jy ‘n Sjinese sportnustvoertuig soek met ronde hoofligte, wat nie ‘n Tank is nie, kies jy H7.
H7 het ‘n agteras ewenaarslot – wat baie seldsaam is in ‘n voertuig sonder laestrekratte. Met 210mm se grondvryhoogte, 170kW se 2-litre turbopetrol enjinkrag, en ‘n flink wisselende 9-spoed DCT ratkas, hoort H7 sanderige tweespoor roetes met gemak te ry.
Op die oop pad het H7 sterk verbysteekvermoë en die 9-spoed DCT ratkas skakel baie vinner wanneer jy versnelling benodig.
Die swakpunte is brandstofgebruik en bagasieruimte. Vir ‘n voertuig met redelik groot bakwerk het die H7 bietjie min pakplek in die laairuimte teen slegs 483-liter. En boonop is daar nie ‘n volgrootte noodwiel onder die bagasieruim vloer nie.
Binneruim is propvol toerusting, met 14.3-duim tikskerms, wat al jou digitale tegnologie behoeftes voorsien.
H7 bied baie meer enjinkrag en binneruim luuksheid vir die prys, vergelykend met Europese, Koreaanse of Japannese mededingers
Lees minderBeskikbare voertuie: 58
-
Jolion
Sekerlik die gewildste Sjinese kruisvoertuig in Suid Afrika, wat baie waarde vir geld bied.Selfs die intreevlak Jolion het ‘n 10.25-dui... Lees meerSekerlik die gewildste Sjinese kruisvoertuig in Suid Afrika, wat baie waarde vir geld bied.
Selfs die intreevlak Jolion het ‘n 10.25-duim tikskerm, met Apple CarPlay/Android Auto en vier lugsakke. Pro weergawes bring ‘n groter 12.3-duim tikskerm en gordynlugsakke in die waardeberekening.
Turbopetrol 1.5-liter enjins sit onder die hele reeks se enjinkappe, wat beteken geen verrigtingverliese op die hoëveld nie. Maar hierdie 1.5-liter turbopetrol enjins is baie swaarder op brandstof as wat jy verwag.
Meeste Jolion modelle gebruik ook 7-spoed DCT ratkaste, met baie koppelaars en bewegende dele vir toekomstige dryfstelsel diensintervalle…
Suid Afrikaners twyfel nog oor waardevermindering en Sjinese voertuie, maar vraag na hierdie intreevlak Haval Jolions so ongelooflike sterk. Wat waardevermindering na ‘n minimum beperk.
Lees minderBeskikbare voertuie: 744