Honda Cars
Honda is ’n maatskappy wat op drome gebou is, en die einste drome besiel Honda om innoverende produkte te skep wat motorwese tot voordeel is.
Models
-
Amaze
Gewild onder Uber bestuurders en as goedkoop maatskappy vlootmotors.Amaze bied baie ruimte en ‘n reuse kattebak vir min geld. As jy die... Lees meerGewild onder Uber bestuurders en as goedkoop maatskappy vlootmotors.
Amaze bied baie ruimte en ‘n reuse kattebak vir min geld. As jy die sluitbare sekuriteit benodig van ‘n kattebak, pleks van ‘n luikrug.
Voel nie soos die suiwer Honda ingenieurswese van ouds nie. Maar Amaze is tegnies ontwerp om baie goedkoop te wees om in stand te hou. En groot kilometer tellings te hardloop.
Die 1.2-liter enjin is baie flou op die Hoëveld, met slegs 66kW. Maar dit het slegs een nokas, pleks van twee, wat instandhoudingskostes verminder.
Intreevlak weergawes het net twee lugsakke, terwyl die middel- en duurder modelle ses het. Trommel agterremme en geen elektroniese stabiliteitsbeheer beteken die Amaze se dinamiese veiligheids toerusting is maar yl.
Lees minderBeskikbare voertuie: 0
-
Ballade
Nie die Ballade van ouds nie. Toe Honda nog deel van Mercedes-Benz se plaaslike handelaars en verspreiding was nie.Huidige Ballade is ʼn... Lees meerNie die Ballade van ouds nie. Toe Honda nog deel van Mercedes-Benz se plaaslike handelaars en verspreiding was nie.
Huidige Ballade is ʼn vlak laer as die legendariese Ballade modelle van die 1990s.
Binneruim is netjies en het nog fisiese knoppies en skakelaars, pleks van die tikskerm funksies van mededingers.
Enjins is beproef en sal vir lank loop sonder meganiese drama. Maar daar is nie meer ‘n handrat opsie nie, slegs ‘n CVT. En die agterremme is trommels.
Ballade se 506-liter Kattebak is reusagtig en vir klein sedan kopers is dit wat tel, met meer paklike as baie groot sedan en sportnustvoertuig modelle. Die prys wat jy betaal vir daai groot kattebak is ‘n betreklik klein brandstoftenk van net 40-liter.
Honda se kopersvertroue is nog sterk in Suid Afrika en dit beteken dat Ballade redelik min waardevermindering lei.
Lees minderBeskikbare voertuie: 24
-
BR-V
Honda kruisvoertuig met 7-sitplekke wat nie goedkoop is nie.BR-V bied redelike grondvryhoogte vir grondpad ry, genoeg sitplek vir 7 en ... Lees meerHonda kruisvoertuig met 7-sitplekke wat nie goedkoop is nie.
BR-V bied redelike grondvryhoogte vir grondpad ry, genoeg sitplek vir 7 en een van die wêreld se mees betroubare enjins.
Honda se 1.5-liter dubbelnokas petrol enjin maak ‘n skaflike 89kW krag. Genoeg krag om ‘n volgelaaide BR-V teen snelwegsnelhede te laat toer langs die kus. Maar jy verloor baie veerigting op die hoëveld. Die 1.5-liter het wel ʼn kettinggedrewe enjin tydreëling, wat baie meer betroubaar as gordels is.
BR-V se grondvryhoogte is 207mm, wat beteken dat selfs ‘n volgelaaide BR-V, met redelike selfvertoue op grondpaaie kan ry. BR-V het ʼn volgrootte noodwiel, wat indrukwekkend is vir ʼn klein kruisvoertuig met 7-sitplekke.
Alle BR-V modelle het ABS en stabiliteitsbeheer, maar die intreevlak weergawe het slegs twee lugsakke. Binneruim bied ‘n 7-duime tikskerm inligting en vermaakstelsel en daar is oorgenoeg fisiese knoppies om maklike verstellings te maak.
Die kwessie met BR-V is prys. Vir dieselfde geld kan jy ‘n 1.5 turbopetrol Tiggo 7 koop wat baie meer verrigting bied op die hoëveld. Met ‘n luukser binneruim en meer standaard toerusting. Maar die Tiggo 7 is slegs beskikbaar met 5-sitplekke…
As jy BR-V koop, is ʼn 1.5 Comfort handrat die een om te hê.
Lees minderBeskikbare voertuie: 17
-
Civic
Civic RS en Type R is twee modelle vir die mark wat al hoe kleiner word: voorwieltrek sedan verrigtingsmotors.Honda se turboaangejaagde... Lees meerCivic RS en Type R is twee modelle vir die mark wat al hoe kleiner word: voorwieltrek sedan verrigtingsmotors.
Honda se turboaangejaagde 1.5-liter enjin voel baie meer lewendig is die Civic RS as enige van die Honda sportnutsvoeturie. Maar Civic RS is nie heeltemal waardig van Honda se RS-erfenis nie.
Kattebak is reusagtig en die gemaklike binneruim het voortreflike bougehalte. Civic RS voel soos die hoëgehalte Hondas’ van ouds.
Dan is daar die vyfde-geslag Civic Type R. Wat eenvoudig een die allerbeste voorwieltrek verrigtingsmotors van alle tye is.
Civic Type R se oortreflike ontwerp is baie anders as iets van AMG, Audi se RS afdeling of BMW M. Die Tokio nagrenjaer stilering en rooi sitplekke is baie Japannees en gee Type R baie teenwoordigheid.
Sonder vierwieltrek of ‘n dubbelkoppelaar ratkas, is Type R ook meer meganiese eenvoudig om te besit en diens, oor die langtermyn. Vergelykend met Duitse middelgrootte verrigtingsvoertuie.
Die 6-spoed handrat is moeite om te bestuur in druk stadsverkeer. Maar die ratwisseling is ‘n beloning vir iemand wat ‘n suiwer meganiese bestuurservaring begeer. Stuur, vering, en onderstel verstellings is uitstekend en die Type R lewer ‘n ongeëwenaarde bestuurservaring vir die fynproewer.
Type R is verseker ‘n toekomstige versamelmotor.
Lees minderBeskikbare voertuie: 10
-
CR-V
Voel soos ‘n ware Honda, met uitstekende bougehalte en bestuurservaring. Maar die prys is baie hoog tenoor mededingers.Geraasvlakke is ... Lees meerVoel soos ‘n ware Honda, met uitstekende bougehalte en bestuurservaring. Maar die prys is baie hoog tenoor mededingers.
Geraasvlakke is verbasend laag op die snelweg en CR-V se baanvastigheid is baie goed vir ‘n sportnustvoertuig.
Die 1.5 turbopetrol enjin is betroubaar en het goeie versnellerterugvoer. Maar dit maak net 240Nm, wat bietjie min wringkrag is vir ‘n volgelaaide CR-V, wat 7-sitplekke het.
Afwerking en tegniese versorging is voortreklik en suiwer ou-skool Honda. CR-V se probleem is dat jy ‘n Fortuner kan koop vir dieselfde prys. Om nie eens te praat van die magdom Rav4 opsies wat goedkoper as CR-V is nie. Al bied die Rav4 nie 7-sitplekke nie…
Baie jammer dat CR-V nie ‘n turbodiesel enjin het nie, omdat dit ‘n gehalte 7-sitplek sportnustvoertuig is, met baie lae diefstal risiko.
Lees minderBeskikbare voertuie: 20
-
Elevate
Aantreklike kruisvoertuig met beproefde meganiese eienskappe.Honda se eenvoudige lyne met netjiese bakwerk en binneruim verpakking maak... Lees meerAantreklike kruisvoertuig met beproefde meganiese eienskappe.
Honda se eenvoudige lyne met netjiese bakwerk en binneruim verpakking maak die Elevate een van die beter Japannese kruisvoertuie. Dit het 199mm grondvryhoogte as jy moet grondpad verken.
Alle weergawes van Elevate het elektroniese stabiliteitbeheer om jou te beveilig op glipperige padoppervlaktes. As jy van plan is om baie grondpad te verken met jou Elevate is die Comfort jou beste keuse, omdat dit meer geharde staal wiele het. Alle Elevate modelle het ‘n volgrootte noodwiel.
Binneruim is eg Honda, met ‘n verskeidenheid sinvol tasbare skakelaars en knoppies om funksies te beheer. Dit is ‘n baie meer aangename binneruim ervaring as die oordadige elektroniese tikskerms en stelsels van Sjinese mededingers.
Die 1.5-liter petrol enjin maak skaflike krag (89kW) teen die kus, maar verloor baie verrigting op die hoëveld. Dit kan ‘n kwessie word as jy baie langpad roetes ry, met ‘n volgelaaide Elevate, op die hoëveld.
Meganiese betroubaarheid is baie hoog, met Honda se 1.5-liter petrol wat een van die duursame enjins in produksie is.
Elevate is nie goedkoop vergelykend met Sjinese kruisvoertuie nie, maar dit het ‘n baie meer leefbare binneruim. En die meganiese bougehalte is sonder twyfel.
Beste koop? Die Comfort 1.5 met ‘n 6-spoed handrat bied beter waarde as ‘n Elegance met die CVT ratkas.
Lees minderBeskikbare voertuie: 28
-
Fit
Amper onverbeterlik as ‘n middelslag gesinsmotor met ‘n ongelooflik aanpasbare binneruim.Fit is die nuwe naam vir Jazz. En dra steeds d... Lees meerAmper onverbeterlik as ‘n middelslag gesinsmotor met ‘n ongelooflik aanpasbare binneruim.
Fit is die nuwe naam vir Jazz. En dra steeds die luikrug vaandel vir Honda, met ‘n ontwerp wat toekomgerig is en ‘n binneruim wat besonder slim werk wanneer jy meer pakplek benodig.
Die kern van Fit se waarde as ‘n gesinsvoertuig is Honda se Magic Seats. Hierdie sitplekke kan plat vou en uit die weg tuimel op maniere wat ander voertuie se sitplekke nie kan nie. Honda het jare gelede belê in die Magic Seats struktuur en dit bied steeds reuse voordele vir Fit.
As jy ‘n luikrug soek vir ‘n groeiende gesin is die Jazz se Magic Seats en pak plek van onskatbare waarde.
Die 1.5 hibried weergawe is duur maar dit het skaflike verrigting en jy kan 5l/100km verwag op die oop pad.
Fit bied alles wat jy moontlik soek in ‘n luikrug gesinsvoertuig. Maar dit is nie goedkoop nie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 32
-
HR-V
Kruisvoertuig weergawe van die Honda Jazz/Fit platform.As jy bietjie meer grondvryhoogte as ‘n Jazz kort, vir daai grondpad roetes, is ... Lees meerKruisvoertuig weergawe van die Honda Jazz/Fit platform.
As jy bietjie meer grondvryhoogte as ‘n Jazz kort, vir daai grondpad roetes, is HR-V jou keuse.
Binneruim inligting en lugreëling stelsels is baie makliker om mee te werk as Sjinese teenstanders.
HR-V se beste kenmerk is Honda se Magic Seats, wat oorerf word van die Jazz/Fit onderstel en binneruim struktuur.
Magic Seats kan skuif en weg vou in maniere wat teenstanders se sitplekke nie kan nie. Dit maak HR-V se pakruimtes soveel meer aanpasbaar maak wanneer jy groot moet pak vir daai vakansie. Jy kry al die voordele van die Magic Seats en ‘n volgrootte noodwiel, wat wys dat Honda se tegniese mense begrip het vir die pap band risiko op plaaslike paaie.
Honda se 1.5-liter petrol enjin is hoogs betroubaar maar maak baie minder krag as Sjinese 1.5 turbopetrol teenstadners, wat dieselfde geld kos.
HR-V se bougehalte is voortreflik en diefstal risiko is laag.
Lees minderBeskikbare voertuie: 23