Hyundai
Hyundai is vandag ’n gedugte rolspeler in die internasionale arena van motorwese, en Suid-Afrikaners is gek na dié Koreaanse markleier.
Hyundai-motors is bekend vir hul betroubaarheid, waarde en stylvolle ontwerp.
Stuurwiel gee erkenning aan uitnemendheid. As jy dus op soek is na ’n topgehalte-, aantreklike voertuig is Hyundai dié een wat al jou vereistes oortref.
Models
-
Alcazar
Knap klein kruisvoertuig van Hyundai. Vir gesinne op ‘n begroting wat ‘n derde-ry sitplekke benodig.Met 200mm grondvryhoogte, sewe-sitp... Lees meerKnap klein kruisvoertuig van Hyundai. Vir gesinne op ‘n begroting wat ‘n derde-ry sitplekke benodig.
Met 200mm grondvryhoogte, sewe-sitplekke en turbodiesel enjins bied Alcazar ‘n voertuigoplossing wat VW, Toyota, en die Sjinese nie in hierdie grootte of prysklas het nie.
Binneruim se tweede-ry sitplekke het goeie beenruimte en selfs die derde-ry sitplekke is gemaklik genoeg vir kleiner insittendes. Alcazar se standaard veiligheid toerusting sluit six lugsakke en stabiliteitbeheer in.
Hierdie Hyundai se groot trekpleister is die 1.5 turbodiesel enjin. Dit bied puik diesel verbruik en genoeg wringkrag om ‘n volgelaaide Alcazar sonder moeite by steiltes op spoed te hou.
VW en Toyota se Alcazar teenstanders bied nie diesel enjins nie. Iets soos die Jetour X70 Plus bied baie meer standaard toerusting en digitale tegnologie, maar ook geen diesel enjin nie.
Vir gesinne wat ‘n waarde 7-sitplek voertuig soek met turbodiesel verrigting en ekonomie, is Alcazar nommerpas.
Lees minderBeskikbare voertuie: 17
-
i10
In beginsel ‘n oulike waarde motor, maar in werklikheid, ‘n veiligheidsrisiko.Vir jare was i10 ‘n goedkoop Hyundai wat Suid Afrikaners ... Lees meerIn beginsel ‘n oulike waarde motor, maar in werklikheid, ‘n veiligheidsrisiko.
Vir jare was i10 ‘n goedkoop Hyundai wat Suid Afrikaners met selfvertroue gekoop het. Die jongste weergawe het ‘n knap binneruim met ‘n 8-duim tikskerm inligting en vermaak stelsel, met Android Auto en Apple CarPlay.
Enjins is niks besonders nie. Jy kies tussen ‘n 1-liter 3-silinder of ‘n 1.2-litre 4-silinder. Albei enjins verloor baie krag op die hoëveld. As jy die begroting het, kies altyd eerder die 1.2-liter, wat beter snelweg verrigting het as die 1-liter.
Die dieper kwessie met i10, soos baie ander goedkoop motors wat in Indië vir die Suid Afrikaanse mark gebou word, is veiligeheid.
Hyundai se Europese mark i10 word nie in Indië gebou nie, maar die Suid Afrikaanse i10s wel. En dit beteken jy kry geen elektroniese stabiliteitbeheer nie, en ‘n voertuig struktuur wat in laat 2025 ‘n skokkende 0 sterre in ‘n amptelike botsingtoets gekry het.
Lees minderBeskikbare voertuie: 22
-
Palisade
Treffende groot sportnustvoertuig van Hyundai.Palisade bied uitstekende waarde, binneruim gemak en digitale eienskappe. Alles wat jy ve... Lees meerTreffende groot sportnustvoertuig van Hyundai.
Palisade bied uitstekende waarde, binneruim gemak en digitale eienskappe. Alles wat jy veel meer geld voor betaal, vir ‘n Duitse sportnustvoertuig met ‘n derde ry sitplekke.
Binneruim is enorm, met oorgenoeg pakplek. Selfs die derde-ry passasiers het goeie been ruimte. Palisade maak enige langpad reis of saamrygeleentheid vir skolesport, baie meer aangenaam.
Soos met alle Hyundais het die Palisade voortreflike digitale skakeling met jou slimfoon. En klomp herlaaipunte, om alle insittendes se elektroniese toestelle te herlaai.
Palisade is ‘n baie groot voertuig en dit het nagevolge vir die 2.2 turbodiesel enjin, wat spook met ‘n volgelaaide Palisade en slegs 142kW krag… Sleepvermoë is laag vir so ‘n groot sportnustvoertuig, teen slegs 2200kg.
Met groot wiele en laeprofiel bande is Palisade nie juis ‘n grondpadtoer voertuig nie. Dit is meer gebou vir daai paar kilometers tussen die snelweg afdraaipunt en bietjie grondpad om by ‘n luukse restaurant of kuierplek uit te kom.
Palisade bied voortreflike binneruim gemak en reuse pakplek. Sonder die diefstal risiko van ‘n Toyota of Duitse drie-ry sportnustvoertuig.
Lees minderBeskikbare voertuie: 12
-
Sante Fe
Spog sportnustvoertuig van Hyundai.As jy verveeld is van alle luukse sportnutsvoeturie wat eenders lyk, dan is hierdie Sante Fe net vir... Lees meerSpog sportnustvoertuig van Hyundai.
As jy verveeld is van alle luukse sportnutsvoeturie wat eenders lyk, dan is hierdie Sante Fe net vir jou.
Hyundai se ontwerpspan het ‘n bakvorms gespek met Sante Fe wat Duitse sportnutsvoeturie vervelig laat lyk.
Binneruim is luuks en ruim. Met uitstekende sitplek gemak omdat Hyundai baie geld spandeer het om die beste stoffering aan te koop, vir Sante Fe se sitplekke. Dit beteken selfs na ‘n heel dag se Gauteng-na-Kaap bestuurstog, voel Sante Fe insittendes nog vars wanneer hulle by die bestemming aankom.
Verrigting is redelik goed, maar jy betaal steeds klomp geld vir 1.6 turbopetrol enjin. Sante Fe is ook ‘n eenvoudige hibried, sonder ‘n groot battery wat jy ekstern kan herlaai. Dit beteken dat brandstofverbruik swaar is. Daar is klomp luukse sportnutsvoertuie met turbodiesel enjins wat ‘n baie beter balans van verrigting en brandstofekonomie bied.
Daardie 20-duim wiele maak Sante Fe meer van ‘n snelweg sportnustvoertuig, as iets waarmee jy lang Karoo sinkplaat ompaaie kan neem.
Die spog voorkoms en binneruim gemak maak Sante Fe ‘n baie aantreklike alternatief. Vir kopers wat verby die Duitse handelsname en Toyota kan kyk, vir ‘n voertuig met ‘n besonderse voorkoms en teenwoordigheid.
Lees minderBeskikbare voertuie: 0
-
Staria
Hyundai se gesinsbus wat lyk soos iets uit die toekoms.Kyk verby Staria se bakwerk en ontwerp en dit is ‘n baie slim gesinsvoertuig. Wa... Lees meerHyundai se gesinsbus wat lyk soos iets uit die toekoms.
Kyk verby Staria se bakwerk en ontwerp en dit is ‘n baie slim gesinsvoertuig. Wat meer sin maak vir ‘n groot stedelike gesin, as ‘n dubbelkajuit bakkie of sportnustvoertuig.
Hyundai se nuwerwetse ontwerp is nie net oor voorkoms nie. Dit het ook bestuursvoordele. Staria se deure het baie groot vensters, wat jou uitstekende bewussyn van die Staria se voorste hoeke gee. Veral as jy moet parkeer in ‘n nou ruimte.
Reuse binneruim met oorgenoeg slim stoorplekke en USB herlaaipunte vir elektroniese toerusting en slimfone.
Die 2.2 turbodiesel enjin is kragtig genoeg on ‘n volgelaaide Staria redelike snelweg vermoë te gee, met gemiddelde brandstofverbruik.
Alle Staria modelle is slegs voorwieltrek. Duurder Duitse teenstadners bied agter- en vierwieltrek. Maak dit werklik saak? As jy by ‘n steil oprit moet opkom, of op nat gras en modder by ‘n skolesport dag moet verbykom... Dan is ‘n gesinsbus met agter- of vierwieltrek minder geneig om vas teval.
Lees minderBeskikbare voertuie: 45
-
Tucson
Die voertuigreeks wat bitter min Suid Afrikaners kan reg uitspreek. Maar ‘n sleutelmodel vir Hyundai.Tucson se bakwerk, veral die sierr... Lees meerDie voertuigreeks wat bitter min Suid Afrikaners kan reg uitspreek. Maar ‘n sleutelmodel vir Hyundai.
Tucson se bakwerk, veral die sierrooster en neus, is bietjie oorontwerp. Tegniese kenmerke is wat jy sou verwag van ‘n Koreaanse motor: goeie bougehalte en voortreflike slimfoon integrasie.
Binneruim ontwerp is gemaklik, met ‘n uitstekende samespel van fisiese beheer knoppies en digitale skakelpunte vir jou foon.
Die groot trekkrag vir Tucson is letterlik die wringkrag van die 2.0 turbodiesel enjins, iets wat geen Sjinese mededinger bied nie. Toyota het ook nie meer ʼn diesel Rav4 in die mark nie...
Met 416Nm en baie lae ooppad diesel verbruik, is hierdie Tucson diesels besonder goeie langpad toervoertuie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 65
-
Venue
Hyundai se klein kruisvoertuig met turbopetrol enjins, wat knap snelweg verrigting bied. Veral as jy op die hoëveld woon.Binneruim is s... Lees meerHyundai se klein kruisvoertuig met turbopetrol enjins, wat knap snelweg verrigting bied. Veral as jy op die hoëveld woon.
Binneruim is slim uitgelê, maar die sitplekke se stoffering is bietjie yl. Venue se sitplekke kan ongemaklik raak as jy ‘n groot bou het, na ‘n paar ure se sit op die langpad.
Die aantrekking met Venue is daardie 1-liter turbopetrol enjins wat baie wakker versnelling bied. Maar die prys is swaar brandstofverbruik, vir so ‘n klein enjin. Omdat die Venue se turboaanjaer oortyd moet werk om genoeg krag te skep.
Grondpadvermoë is redelik, met 195mm se grondvryhoogte.
Veiligheids toerusting is skaflik met ses lugsakke en stabiliteitbeheer vir die 1-liter turbo modelle. Die goedkoper 1.2-liter enjin weergawes, wat besonder stadig is op die hoëveld sonder ‘n turbo, het slegs twee lugsakke en geen stabiliteitbeheer nie.
Alle Venue modelle het ‘n volgrootte spaarwiel, wat bewys dat Hyundai begrip het vir plaaslike padtoestande.
Lees minderBeskikbare voertuie: 94