Isuzu logo

Isuzu

Isuzu Motors Bpk. is ’n internasionale voertuigmaatskappy wat in 1937 in Japan begin is. Die hoofkantoor is in Tokio geleë.

Die maatskappy spesialiseer in kommersiële voertuie, ligte kommersiële voertuie en dieselenjins.

Trouens, Isuzu is die wêreld se grootste vervaardiger van dieselenjins en het tot dusver meer as 85 miljoen dieselenjins verkoop.

Isuzu verkoop hul voertuie in meer as 120 markte en het vervaardigingsaanlegte in 30 lande.

Stuurwiel gee erkenning aan hierdie ongelooflike fabrikaat.

Models

3 resultate
  • D-max Image

    D-max

    Die enigste motorvervaardiger wat werklik ‘n bakkie kenner is – omdat dit al is wat hulle doen.Isuzu is ook die wêreld se grootste dies... Lees meer

    Die enigste motorvervaardiger wat werklik ‘n bakkie kenner is – omdat dit al is wat hulle doen.

    Isuzu is ook die wêreld se grootste diesel enjin vervaardigers – hulle ken van diesel bakkie betroubaarheid.

    Dit beteken dat Isuzu handelaars net op bakkies werk. En ‘n diep begrip het van wat bakkie eienaars benodig. Baie laer diefstal/kaping risiko as ‘n Hilux.

    Isuzu se bakkie binneruim voel verouderd en die elektroniese baanhou stelsel is veels te sensitief en oorweldigend vir plaaslike toestande.

    Enjins het nie die beste kragsyfers nie en daai 6-spoed outomatiese ratkaste voel verouderd. Maar al Isuzu se diesel bakkie enjins hardloop op tydreëlkettings, nie tydreëlgordels nie. Dit maak ‘n Isuzu diesel bakkie enjin baie meer betroubaar in die langtermyn.

    DMax se vering is aangepas vir plaaslike toestande en deeglik getoets op sinkplaat grondpaaie. Die gevolg is dat Isuzu bakkies besonder goeie stabiliteit op die swakste grondpaaie. Behalwe vir die Dmax Arctic Truck weergawe, wat ‘n verspotlik en swak ombouing is vir plaaslike toestande.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 708

  • KB Image

    KB

    Isuzu se KB reeks het naam gemaak op plase en word met rede hoog aangelaan.Voor KB in 2022 deur D-Max vervang is, het dit ‘n reuse vers... Lees meer

    Isuzu se KB reeks het naam gemaak op plase en word met rede hoog aangelaan.

    Voor KB in 2022 deur D-Max vervang is, het dit ‘n reuse verskeidenheid bakvorms, enjins en afwerkings gebied vir Suid Afrikaanse kopers. Alles van intreevlak bakkies met staal wiele tot redelik luukse leerbekleedsel dubbelkajuit modelle.

    Soos alle Isuzu bakkies was plaaslike verkoop word, is alle KB’s in die Baai gebou. Met vering wat verstel is tot plaaslike grondpaaie. Daarom is KB se sinkplaatpad ritgehalte uitstekend.

    Die 2.5 en 3.0 is nie besonder kragtig nie, maar gehard vir plaaslike hitte, stof en brandstof. Veral die KB 2.5 laedruk turbodiesel, wat van die mees duursame bakkie enjins is wat jy kry.

    Swakplekke? Die KB 4x4 bakkies is redelik goed vir veldry, maar die KB se wisselstroomdinamo is laag gemonteer en baie blootgestel as jy riviere moet kruis.

    Best koop? Enige laedruk 2.5 diesel enkelkajuit as ‘n werksbakkie, en ‘n hoëdruk 2.5 LE dubbelkajuit vir ‘n sakpas gesins veldvoertuig.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 421

  • MU-X Image

    MU-X

    Baie skaflike Fortuner alternatief sonder die Toyota se diefstal, kaping of verskering kwessies.MU-X diesel enjins lewer minder krag as... Lees meer

    Baie skaflike Fortuner alternatief sonder die Toyota se diefstal, kaping of verskering kwessies.

    MU-X diesel enjins lewer minder krag as mededingers en is bietjie raserig onder swaar versnelling. Maar Isuzu se diesel enjin bougehalte is legendaries.

    Soos Everest, bied Isuzu se veldwa bied ook nie ‘n handrat opsie nie – anders as Fortuner.

    Binneruim het oorgenoeg fisiese knoppies en skakelaars om dinge maklik verstaanbaar te maak, terwyl jy bestuur. Maar daar is geen maklike manier om die MU-X se ongelooflik indringende baanbeheer stelsel af te skakel nie.

    Isuzu se gerekende bakkie grondpad ritgehalte is nog beter in MU-X, te danke aan groter skokbrekers. Gemakliker en meer stabiel op sinkplaat grondpaaie as ‘n Fortuner. Ongelukkig word daai ritgehalte voordele word ondoen deur die Oryx weergawe met 20-duim wiele.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 130

KYK HIERNA

KOOP OF VERKOOP JOU VOERTUIG – DIE SLIM MANIER

Op soek na 'n splinternuwe voertuig!
Ons Voertuig Concierge diens neem die stres uit die koopproses deur die regte voertuig vir jou te vind en namens jou met ons betroubare handelaarsnetwerk te onderhandel. Dit bespaar jou tyd, geld en onnodige moeite.

Wil jy jou voertuig verkoop!
Ons is aktief op soek na lae kilometer, uitstekende gehalte voertuie, veral dié wat gemiddeld minder as 15 000 km per jaar ry. Ons bied 'n deursigtige, moeitevrye proses met mededingende aanbiedinge, sodat jy jou voertuig vinnig, maklik en teen die beste moontlike waarde kan verkoop.
Help

Hoe kan ons Jou help?

BEKYK VERGELYKINGS

VERGELYK RYGOED

Jy het rygoed gekies.

Geen rygoed is bygevoeg om te kan vergelyk nie

Sluit Vergelyk

VEELVULDIGE REKENINGS GEVIND Close button

Ons het verskeie rekenings gevind wat aan dié e-posadres gekoppel is.
Kies asseblief ’n rekening om in te teken:

    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Voertuignavraagterugvoer

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    TERUGVOER: HELP MY SOEK

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Logo
    Concierge service logo
    Close button

    Jou ryding is suksesvol opgelaai!

    Ons het ’n e-pos aan jou gestuur. Bevestig asseblief jou e-posadres.

    hammer-icon

    Geluk, hoor!

    Keer terug webtuiste toe.