Jeep
Die Jeep-handelsmerk word al vir meer as 75 jaar onuitwisbaar met vryheid, avontuur en passie geassosieer.
Die handelsmerk se onwankelbare verbintenis tot krag en betekenisvolle ingenieurswese het bygedra tot ’n buitengewone, seldsame band wat tussen voertuig en eienaar gesmee is.
Hul kernwaardes word in elke Jeep-voertuig se DNS ingebed.
Jeep-eienaars weet al vir jare dat “Go anywhere, do anything” ’n leefstyl eerder as ’n leuse is. Die Jeep-kenteken is veel meer as bloot ’n handelsmerk.
In werklikheid is dit ’n teken van eer. Stuurwiel is trots om hierdie uitstekende produk ten toon te stel.
Models
-
Gladiator
Reuse dubbelkajuit bakkie met voortreflike veldryvermoë.Gladiator is dalk beitjie onverfyn op die snelweg, maar onverbeterlik in die ve... Lees meerReuse dubbelkajuit bakkie met voortreflike veldryvermoë.
Gladiator is dalk beitjie onverfyn op die snelweg, maar onverbeterlik in die veld. Met Dana 44 aste, drie ewenaarslotte en 280mm grondvryhoogte, loop hierdie Jeep bakkie waar selfs Land Cruiser 70’s nie kan nie.
Baie karakter en onverbeterlike veldryvermoë en taaiheid, maar daar is twee groot haakplekke.
Die eerste is daai 3.6-iter V6 enjin, wat belaglik swaar op brandstof is. En dan is daar Gladiator se afmetings.
Hierdie is ‘n enorme bakkie wat 200mm langer is as meeste ander plaaslik dubbelkajuit modelle. So meet maar netjies jou garage, voor jy een koop, om seker dit maak dat dit pas.
Lees minderBeskikbare voertuie: 13
-
Grand Cherokee
As jy ‘n skaars luukse sportnustvoertuig soek met beproefde veldryvermoë, is daar Jeep se kroonmodel.Beskikbaar in standaard en lang-as... Lees meerAs jy ‘n skaars luukse sportnustvoertuig soek met beproefde veldryvermoë, is daar Jeep se kroonmodel.
Beskikbaar in standaard en lang-asafstand weergawes, met laasgenoemde wat ‘n reuse 1328-liter pakplek het met die derde-ry sitplekke weggevou.
Grand Cherokee se vierwieltrekstelsel werk goed orals. Van ‘n Gauteng snelweg wat vloed na ‘n donderstorm tot hoësnelheid Karoo grondpaaie. Soos alle Jeeps, het Grand Cherokee ook geharde veldryvermoë, as jy ‘n avontuurlustige Lesotho roete wil aanpak, mits jy op veldry bande is.
Ongelukkig is binneruim bougehalte nie voortreflik nie. GWM se Tank 500 bied baie meer weelde, toerusting en binneruim bougehalte vir baie minder geld.
Grand Cherokee se 3.6-liter V6 is ook veels te swaar op brandstof, en het nie naby die verrigting of brandstofekonomie van mededingers met turbodiesel of PHEV kragbronne nie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 33
-
Wrangler
Amerika se legendariese veldwa. Wat oorwegend gekoop word deur stadsmense wat nooit ‘n Wranger se ewenaarslotte gaan gebruik nie.Ontwer... Lees meerAmerika se legendariese veldwa. Wat oorwegend gekoop word deur stadsmense wat nooit ‘n Wranger se ewenaarslotte gaan gebruik nie.
Ontwerp vir geharde veldryroetes wat beteken dat dit ‘n swak stad en snelweg bestuurservaring is. Stuurgevoel is baie vaag en jy moet maar wakker wees op die snelweg om te verhoed dat die Wrangler begin kuier in ander bane.
Binneruim is beknop en ongemaklik, veral vir agterste passasiers. Wind, band en meganiese geraas maak landgastand snelweg roetes ‘n straf met enige Wrangler.
Slegs een enjin keuse, en dit is nie ‘n besonder goeie een nie: Jeep se 3.6 V6 petrol. Hierdie enjin is veels te swaar op brandstof, wat reikafstand beperk veral as jy in Namibië of Botswana wil gaan toer. Daar is baie beter diesel enjins keuses beskikbaar in Wrangler se mededingers.
Veldryvermoë is onverbeterlik. As jy ‘n voertuig begeer om die strafste Drakensberg of Maluti bergroetes aan te durf, klim ‘n Wrangler steil graad 4 en 5 4x4 rots roetes sonder moeite.
Lees minderBeskikbare voertuie: 43