Jetour
Gestig in 2018, kombineer Jetour innoverende tegnologie, gevorderde veiligheidskenmerke en stylvolle ontwerpe om voertuie te lewer wat beide luukse en prakties bied.
Met 'n fokus op avontuur, volhoubaarheid en wêreldwye aantrekkingskrag, gaan Jetour voort om grense in die motorbedryf te verskuif deur 'n diverse reeks voertuie aan te bied wat moderne bestuurders bedien.
Jetour het dubbele kampioenskappe behaal as die vinnigste groeiende nuwe SUV-handelsmerk in China en as die topverkopende groot SUV onder Chinese binnelandse handelsmerke.
Models
-
Dashing
Dashing is ’n Sjinese kruisvoertuig wat lyk soos ’n klein Lamborghini Urus van voor.Lyk verby die dramatiese ontwerp en Dashing bied ba... Lees meerDashing is ’n Sjinese kruisvoertuig wat lyk soos ’n klein Lamborghini Urus van voor.
Lyk verby die dramatiese ontwerp en Dashing bied baie standaard toerusting vir ‘n baie billike koopprys.
Bagasieruimte baie skaflik teen 486-liter, en die binneruim het baie gemaklike sitplekke vir langpad ry. Maar die panoramiese sondak is bietjie van ‘n neteligheid, omdat dit veels te warm in Suid Afrika is meeste van die jaar om werklik ‘n panoramiese sondak te gebruik.
Dashing se digitale stelsels het dalk Apple CarPlay en Android Auto, maar die tikskerm stelsel is nie besonder gebruikersvriendelik nie.
Met Chery se beproefde 1.5 turbopetrol enjin wat 115kW wek, en min krag verloor op die hoëveld, is Dashing se verrigting gemiddeld. Bestuurservaring word bietjie bederf deur turbo-traagheid en die 6-spoed dubbelkoppelaar ratkas, wat se skuifpatroon nie altyd in ritme met die enjin en versneller aksie is nie.
Soos teveel ander Sjinese voertuie in die plaaslike marke, het Dashing nie ‘n volgrootte noodwiel nie. Wat altyd ‘n kwessie is as jy baie langpad ry, veral in die Suid Afrikaanse platteland.
Lees minderBeskikbare voertuie: 160
-
T1
Aantreklike sportnutsvoertuig met oorvloed digitale binneruim tegnologie.T1 deel al die tegniese kenmerke van T2, maar sonder die Defen... Lees meerAantreklike sportnutsvoertuig met oorvloed digitale binneruim tegnologie.
T1 deel al die tegniese kenmerke van T2, maar sonder die Defender-agtige bakwerk afwerking en minder grondvryhoogte.
Binneruim is propvol blitsvinnige digitale tegnologie, wat ver vooruit meeste tradisionele Europese en Japannese modelle is. T1 het ook baie gemaklike langpad ry sitplekke, met ‘n uitvou beenrus funksie op die voorste passasier sitplek.
Jetour bied twee T1 enjin opsies, wat albei swaar op brandstof is. Die voorwieltrek T2 1.5 turbopetrol is wek 125kW/270Nm en die vierwieltrek 2.0 enjin is goed vir 185kW/375Nm. Daai 2.0 is die beter koop, met wakker snelweg verrigting, maar gemiddelde brandstofverbruik is 10l/100km.
Al vier van die T1 weergawes gebruik ʼn 7-spoed dubbelkoppelaar ratkas. Teen lae spoed kan versneller en ratskakeling traag wees en die algemene versneller terug en ratskakeling samespel kort nog afwerking.
Met slegs 190mm grondvryhoogte en snelweg bande, het T1 beperkte veldryvermoë.
Soos baie ander Sjinese voertuie het T1 nie ʼn volgrootte noodwiel nie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 179
-
T2
Jetour se Land Rover Defender fopmotor.Moet nie laat die T2 se indrukkende bakvorm jou bedrieg nie. Hierdie is nie ‘n veldvoertuig nie.... Lees meerJetour se Land Rover Defender fopmotor.
Moet nie laat die T2 se indrukkende bakvorm jou bedrieg nie. Hierdie is nie ‘n veldvoertuig nie.
T2 se beste eienskappe is die treffende ontwerp en baie gemaklike binneruim, vol digitale tegnologie. Met Snapdragon 8155 mikroskyfies is T2 se digitale inligting en vermaakstelsels binne besonder vinnig.
Binneruim gemak vir langpad ry is besonder goed en met 580-liter pakruimte, is T2 ‘n gehalte grondpad toervoertuig. Anders as baie ander Sjinese sportnutsvoertuie, het die T2 'n volgrootte noodwiel.
Maar al is daar ‘n skaflike 220mm grondvryhoogte, het T2 beperkte veldryvermoë. Daar is geen laestrekratte nie. En die sluitbare middel- en agter-ewenaar word deur die elektroniese kloubeheerstelsel beheer. Wat nooit voel asof dit 100% geslote ewenaar kloukrag toelaat nie.
T2 kan op vlak tweespoor sandpaaie met vertroue ry. Maar met ‘n 7-spoed dubbelkoppelaar ratkas en sonder laestrekratte, kan jy vergeet van enige tegniese of steil veldryroetes.
Jetour bied twee enjin opsies, wat albei swaar op brandstof is. Die voorwieltrek T2 1.5 turbopetrol is wek 125kW/270Nm en die vierwieltrek 2.0 enjin is goed vir 185kW/375Nm. Daai 2.0 is die beter koop, met wakker snelweg verrigting, maar gemiddelde brandstofverbruik is 10l/100km.
T2 is Defender-agtige voorkoms is treffend en die pryse is baie mededingend. Maar as jy ‘n Sjinese voertuig soek met ‘n treffende veldwa voorkoms en ware veldryvermoë, is Tank 300 die beter keuse.
Lees minderBeskikbare voertuie: 151
-
X70
As jy ‘n 7-sitplek gesinsvoertuig benodig met al die toerusting, op ‘n beperkte begroting, is hierdie Jetour is ‘n sterk opsie.Veral as... Lees meerAs jy ‘n 7-sitplek gesinsvoertuig benodig met al die toerusting, op ‘n beperkte begroting, is hierdie Jetour is ‘n sterk opsie.
Veral as jy derde-ry sitplekke benodig vir die skool of sport saamry klub, bied hierdie Jetour baie.
X70 Plus is ‘n baie meer gevorderde voertuig as Hyundai se 7-sitplek Alcazar, maar die Hyundai bied ‘n diesel enjin, wat Jetour nie het nie.
Die 1.5 turbopetrol enjin voel baie turbotraag, veral as al 7 sitplekke in gebruik is. Soos alle Sjinese voertuie met ‘n 1.5 turbopetrol enjin is die X70 Plus swaar op brandstof.
Pakplek is ook nie X70 Plus se sterkpunt nie. Met die derde-ry sitplekke in gebruik is daar slegs 56-liter bagasieruimte beskikbaar. En dit groei tot slegs 292-liter, met die derde-ry sitplekke weggevou.
Lees minderBeskikbare voertuie: 116