KIA logo

KIA

Kia is ’n vervaardiger van Suid-Korea wat uitstaan en vir meer as 75 jaar al gehalteprodukte lewer.

In Suid-Afrika is die sukses van dié handelsmerk niks minder as uitstekend nie en die redes is in elke opsig duidelik om te sien: aantreklik, betroubaar met ’n goeie herverkoopwaarde, ’n uitstaande waarborg van 5 jaar of onbeperkte kilometers vir gemoedsrus.

Stuurwiel, die betroubaarste Afrikaanse motorplatform in Suid-Afrika, is trots daarop om hierdie gehalteproduk te kan aanbied.

 

Models

7 resultate
  • Carnival Image

    Carnival

    Luukse bus met uitstekende Koreaanse ontwerp en digitale binneruim tegnologie. Vir slim Suid Afrikaners wat besef dat die beste gesinsm... Lees meer

    Luukse bus met uitstekende Koreaanse ontwerp en digitale binneruim tegnologie. Vir slim Suid Afrikaners wat besef dat die beste gesinsmotor steeds ‘n bus is, nie ‘n sportnustvoertuig nie.

    Geen luukse veldwa of sportnustvoertuig kan meeding met die veiligheid en gerief van ‘n Carnival se skuifdeure nie. Dit beteken selfs in die mees beknopte winkelsentrum parkeerterrein, gaan opgewonder kinders nie ‘n deur kan oopswaai en skade maak nie.

    Carnival se tweede en derder ry sitplekke is hoogs aanpasbaar en gemaklik – veral in vergelyking met ‘n luukse sportnustvoertuig. Kia se 2.2 turbodiesel enjin lewer ‘n goeie balans tussen verrigting en dieselverbruik, selfs al is die Carnival volgelaai.

    Beste koop is die goedkoper Carnival EX. Hoekom? EX het kleiner wiele met groter bande, vir beter ritgehalte en dravermoë, veral wanner ‘n Carnival volgelaai is met 7 insittendes en hul bagasie.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 5

  • Pegas Image

    Pegas

    Kia is bekend vir treffende bakvorms. Maar dan is daar die Pegas, wat lyk soos wat dit is: ‘n betroubaarder Uber-motor of vlootvoertuig... Lees meer

    Kia is bekend vir treffende bakvorms. Maar dan is daar die Pegas, wat lyk soos wat dit is: ‘n betroubaarder Uber-motor of vlootvoertuig.

    Die sedan mark is baie klein in Suid Afrika, maar Pegas het ‘n doel. Daai sluitbare metaal  kattebak is steeds ‘n baie beter plek vir duur werkstoerusting of skootrekenaars om gelos te word, wanneer jy parkeer.

    Met ‘n 475 liter bagasieruim, het Pegas pakplek wat kan saamgesels met middelslag sportnutsvoertuite.

    Enjin is ‘n gemiddelde 1.4 petrol wat flou voel op die hoëveld, maar meganies hoogs betroubaar is. Pegas het skuifremme op al vier wiele, wat beter is as baie ander intreevlak motors met trommelremme op die agterwiele. Vreemd genoeg, is daar geen elektroniese stabiliteit Beheer nie, en slegs twee lugsakke.

    Goedkoopste Pegas is die sinvolste, so kies die LX 5-spoed handrat, wat kom met staal wiele wat goeie slaggate oorleefbaarheid het as jy gereeld op swak paaie ry. En selfs die LX het ʼn 7-duim tikskerm vermaakstelsel met standaard Apple CarPlay/Android Auto.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 28

  • Picanto Image

    Picanto

    Kia is ongelooflik knap klein stadvoertuig, wat voel soos ‘n groter motor op die snelweg.Picanto is dalk 'n tweeling van die i10, m... Lees meer

    Kia is ongelooflik knap klein stadvoertuig, wat voel soos ‘n groter motor op die snelweg.

    Picanto is dalk 'n tweeling van die i10, maar het beter veiligheidskenmerke? Hoe dan so? Dit is omdat Picanto nie in Indië gebou word, soos die i10s wat na Suid Afrika ingevoer word nie.

    Dit lyk treffend, omdat Kia se hoof van ontwerp, Peter Schreyer, ook Audi se oorpronklike TT geteken het.

    Picanto voel meer stuurvastig op die snelweg as ander klein motors. Maar jy moet die 1.2 enjin bo die goedkoper 1.0 kies, omdat laasgenoemde net die flou is op die hoëveld.

    Klein afmetings en uitstekende stuur geometrie maak Picanto sportmaklik om met selfvertoue te bestuur in die swaarste Sandton of Kaapse stadskern verkeer.

    Picanto is duurder as die groter luikrûe van Suzuki (Swift) of VW (vivo). Maar daar is nie ‘n ander mikro stadvoertuig wat ook so tuis op die snelweg voel nie.

    Goeie herverkoopwaarde omdat Picanto altyd in vraag is as ʼn studente motor of vir mense wat aftree. En as jy wil slim speel met jou BTW nommer, is Picanto ook as ‘n paneelwa beskikbaar…

                                                                                                                             

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 126

  • Seltos Image

    Seltos

    Stylvolle middelslag kruisvoertuig wat iets bied wat Sjinese en Japannese mededingers nie het nie. Diesel enjins.Seltos se avontuurlust... Lees meer

    Stylvolle middelslag kruisvoertuig wat iets bied wat Sjinese en Japannese mededingers nie het nie. Diesel enjins.

    Seltos se avontuurlustige ontwerp het ‘n baie doeltreffende 1.5 turbodiesel onder die enjinkap. Met 85kW en 250Nm, het Seltos diesel genoeg wringkrag vir veilige snelweg verbysteekvermoë. Maar ook uitstekende langafstand diesel verbruik.

    Soos enige Koreaanse motor, is die binneruim se digitale funksies goed deurdink en maklik om deur jou slimfoon te werk. In baie opsigte is Seltos se digitale vermaakstelsel beter as Sjinese mededingers, wat net te oorweldigend met hul tegnologie aanbieding is.

    Beste koop is die Seltos LX diesel, maar alle Seltos modelle het klein bagasieruimtes vergelykend met mededingers.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 73

  • Sonet Image

    Sonet

    Kia se klein kruisvoertuig was ook beskikbaar is as ‘n paneelwa, as jy vindingryk met jou BTW nommer wil wees.Soos alle Koreaanse voert... Lees meer

    Kia se klein kruisvoertuig was ook beskikbaar is as ‘n paneelwa, as jy vindingryk met jou BTW nommer wil wees.

    Soos alle Koreaanse voertuie het Seltos uitstekende slimfoon en digitale integrasie, wat in baie opsigte beter as die tegnologies oorweldigende Sjinese binneruime is.

    Sitplekke is bietjie skraps opgestof vir groot Suid Afrikaanse bestuurders, en kan ongemaklik word na ure by op die pad. As jy lang afstande toer. Bagasieruimte is baie indrukwekkend vir ‘n voertuig van Sonet se grootte.

    Kia se 1.5 onaangejaagde petrol enjin is sterk as Suzuki se 1.5 petrol, met Sonet wat 85kW het vergelykend met Suzuki 1.5 kruisvoertuie se 77kW.

    As jy ‘n hoëveld bestuurder is, soek jy die Sonet 1-liter turbo, met 88kW. Maar hierdie turbo Kia is swaar op brandstof vir so ‘n klein enjin.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 147

  • Sorento Image

    Sorento

    Vir kopers wat 7 sitplekke benodig met ‘n uitstekende diesel enjin. Maar nooit swaar sleep of enige veldry werk doen nie.Hierdie Kia is... Lees meer

    Vir kopers wat 7 sitplekke benodig met ‘n uitstekende diesel enjin. Maar nooit swaar sleep of enige veldry werk doen nie.

    Hierdie Kia is ‘n uitstekende alternatief tot die Fortuner en Everest se 4x2 modelle. Met baie beter padhouvermoë en langafstand bestuursgemak.

    Sorento bied slegs een enjin keuse – maar dit is ‘n goeie een. Kia se 2.2 turbodiesel het sterk verbysteekvermoë op die snelweg en baie lae diesel verbruik op die langpad.

    As jy nie ‘n Fortuner of Everest se swaar sleepvermoë benodig nie, en nie duisende kilometers sinkplaat grondpad gaan toer nie, is Sorento die beter gesins 7 sitplek sportnustvoertuig.

    Sorento se prys is hoog en daar is menige goedkoper Chery 7 sitplek mededingers met baie meer toerusting, maar geen van die Sjinese voertuie het ‘n diesel enjin nie.

    Die voorwieltrek Sorento EX Plus is die slim koop keuse.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 36

  • Sportage Image

    Sportage

    Kia se middelslag kruis/sportnustvoertuig wat iets bied wat Toyota en Sjinese mededingers nie kan nie: diesel enjins.Sterk Kia ontwerp ... Lees meer

    Kia se middelslag kruis/sportnustvoertuig wat iets bied wat Toyota en Sjinese mededingers nie kan nie: diesel enjins.

    Sterk Kia ontwerp beginsels gee Sportage ‘n spoggerige voorkoms. Soos met alle Kia voertuie is die binneruim se slimfoon skakeling en digitale ontwerp beter as Europese en Sjinese mededingers. Met die volmaakte ewewig tussen fisiese Beheer knoppies, skakelaars en digitale tikskerm funksies.

    Sportage bied ook ‘n 1.5 turbodiesel enjin met sterk verrigting (100kW/320Nm) en ekonomie. Hierdie is ‘n ware 5l/100km snelweg toervoertuig wat Sportage diesel voortreflik maak vir daai 1000km langnaweek roetes.

    Duur in vergelyking met Sjinese teenstanders. Maar daai diesel enjin is ‘n reuse voordeel van Sportage wat Sjinese geen antwoord voor het op die oomblik nie.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 81

KYK HIERNA

KOOP OF VERKOOP JOU VOERTUIG – DIE SLIM MANIER

Op soek na 'n splinternuwe voertuig!
Ons Voertuig Concierge diens neem die stres uit die koopproses deur die regte voertuig vir jou te vind en namens jou met ons betroubare handelaarsnetwerk te onderhandel. Dit bespaar jou tyd, geld en onnodige moeite.

Wil jy jou voertuig verkoop!
Ons is aktief op soek na lae kilometer, uitstekende gehalte voertuie, veral dié wat gemiddeld minder as 15 000 km per jaar ry. Ons bied 'n deursigtige, moeitevrye proses met mededingende aanbiedinge, sodat jy jou voertuig vinnig, maklik en teen die beste moontlike waarde kan verkoop.
Help

Hoe kan ons Jou help?

BEKYK VERGELYKINGS

VERGELYK RYGOED

Jy het rygoed gekies.

Geen rygoed is bygevoeg om te kan vergelyk nie

Sluit Vergelyk

VEELVULDIGE REKENINGS GEVIND Close button

Ons het verskeie rekenings gevind wat aan dié e-posadres gekoppel is.
Kies asseblief ’n rekening om in te teken:

    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Voertuignavraagterugvoer

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    TERUGVOER: HELP MY SOEK

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Logo
    Concierge service logo
    Close button

    Jou ryding is suksesvol opgelaai!

    Ons het ’n e-pos aan jou gestuur. Bevestig asseblief jou e-posadres.

    hammer-icon

    Geluk, hoor!

    Keer terug webtuiste toe.