Lamborghini
Lamborghini is ’n handelsmerk waaroor sowel jong as ou mans droom: ontwerpe wat die oog vang, manjifieke enjins en ’n embleem wat uitstaan.
Stuurwiel is uiters trots om Italië se beste op die veiligste motorplatform in Suid-Afrika ten toon te stel.
Models
-
Gallardo
Die Lamborghini wat ‘n Audi R8 tweeling is.Soos alle geroemde Italiaanse supermotor ontwerpe verouder die Gallardo nie. Die oorspronkli... Lees meerDie Lamborghini wat ‘n Audi R8 tweeling is.
Soos alle geroemde Italiaanse supermotor ontwerpe verouder die Gallardo nie. Die oorspronklike bakwerk is in die vroeë 2000s geteken en lyk steeds treffend.
Die groot deurbraak met Gallardo was die V10 enjin. Oorspronklik 5-litres en toe vergroot na 5.2-liter, was die V10 bekend vir lineêre versnelleraksie en daai eie V10 klankbaan.
Versamelstuk Gallardo’s is meestal die LP en liggewig modelle. Maar enige Gallardo 6-spoed handrat is gesog. Wat die Gallardo so ‘n begeerbare versamelstuk Lamborghini maak, is dat dit ‘n baie ligter koppelaar aksie het as die V12 Lamborghinis van die 1980s en 1990s.
Die 6-spoed Gallardo e-gear ratkaste kan baie humeurig wees in teen lae spoed en kan duur word om te diens.
Gallardo het bewys dat ‘n liggewig V10 model al die drama en bestuurservaring kan bied wat aanhangers van Lamborghini verwag.
Lees minderBeskikbare voertuie: 0
-
Huracan
Lamborghini supermotor sonder ‘n V12 enjin maar alles anders wat saak maak.Huracan het die dramatiese wigvormige ontwerp waarvoor Lambo... Lees meerLamborghini supermotor sonder ‘n V12 enjin maar alles anders wat saak maak.
Huracan het die dramatiese wigvormige ontwerp waarvoor Lamborghini van die 1980s af bekend is. Met ‘n 5.2-liter V10 wat verby 8000rpm kan toer, om ‘n bestuurservaring soos min te bied.
In ‘n wêreld waar nie-turbo enjins ‘n skaarsheid is, bied die Huracan V10 ‘n klankbaan sonder vergelyking.
Die 7-spoed dubbelkoppelaar ratkas bied die beste van alle wêrelde. In stadsverkeer is die Huracan doodmaklik om te bestuur. En op ‘n renbaan of bergpas, is die tussenspel van lineêre versnelleraksie en ratskakeling sonder gelyke.
Agterwieltrek Huracan modelle het die meeste versamelwaarde, maar die STO en Tecnica is bietjie hoog gesnaar vir padvoertuie.
Die beste Huracan vir Suid Afrikaanse paaie is Sterrato, met grondpad gradeerde bande en 22% meer grondvryhoogte. Sterrato is die enigste V10 supermotor waarmee jy ‘n Trans Karoo bestuurs avontuur kan aflê.
Lees minderBeskikbare voertuie: 0
-
Urus
Gesinsvoertuig Lamborghini of die baie duur Audi RS Q8. Dit hang alles af van hoë hoog jy die waarde van daai Lamborghini kenteken ag.O... Lees meerGesinsvoertuig Lamborghini of die baie duur Audi RS Q8. Dit hang alles af van hoë hoog jy die waarde van daai Lamborghini kenteken ag.
Ontwerp is dramatiese soos verwag van ‘n Lamborghini, maar die binneruim het die gemak van ‘n Duitse luukse motor. Wat nie ‘n verassing is nie, omdat Urus ‘n onderstel deel met Audi se Q8, Bentley Bentayga, en Porsche Cayenne.
Wat maak Urus anders? Lamborghini se ingenieurs het indiepte verstellings gemaak aan die stuur, ratkas en versnelleraksie, om ‘n bestuurservaring met al die drama te lewer wat jy verwag van ‘n Italiaanse verrigtingsmotor.
Urus weeg baie en het ‘n besonder hoë swaartepunt vir ‘n hoe verrigtingsvoertuig. Dit beteken vering slytasie kan ‘n kwessie word. Die liggewig Urus Performante vervang die lugveringstelsel met staal kronkelvere, wat baie meer duursaam is.
Hierdie Lamborghini is verreweg die mees dramatiese verrigtings kruisvoertuig wat jy kan koop in Suid Afrika. As jy iets soek wat ‘n stelling maak en ‘n besonderse bestuurservaring bied. Maar wees gewaarsku, daai 23-duim wiele ry besonder hard op swakker plaaslike padoppervlaktes.
Lees minderBeskikbare voertuie: 0