Land Rover
Dis een van die mees ikoniese Britse motorvervaardigers in die geskiedenis – Land Rover is wêreldbekend vir hul ongelooflike vierwielaangedrewe voertuie.
Suid-Afrikaners is gek oor dié handelsmerk, en dis heel maklik om te sien waarom. Die produk is in geheel uitstekend en staan uit.
As jy op soek is na die heel beste rit waar ook al en ’n voertuig wat aantreklike kenmerke het, het jy eintlik net twee keuses: Land Rover of Range Rover.
Stuurwiel is trots daarop om die beste versameling van dié prima handelsmerk op ons webtuiste te hê, en ons kan die produk nie sterk genoeg aanbeveel nie.
Models
-
Defender
Moderne Defender is alles wat Land Rover se Discovery 5 moes gewees het, maar nie was nie.Binneruim is propvol slim bergingsplekke vir ... Lees meerModerne Defender is alles wat Land Rover se Discovery 5 moes gewees het, maar nie was nie.
Binneruim is propvol slim bergingsplekke vir alles wat jy benodig vir ‘n groot reis deur die Kalahari of Namibië. Uiters gemaklike sitplekke en ‘n magdom slim stoorruimtes maak Defender ‘n voortreflike veldvoertuig vir die lang dae op die oop pad.
As jy nie kinders het nie is die Defender 90 ‘n treffende ontwerp en klein genoeg om sonder moeite te parkeer of in verkeer te bestuur. Wees gewaarsku dat die 90’s se agtersitplek toegang nie die beste is nie, en iemand met slegte heupe gaan sukkel om in ‘n 90 se agtersitplekke te kom.
Defender 130 lyk bietjie vreemd met die bakwerk se reuse agter-oorhangsel, maar het ruimte as ‘n Land Cruiser 300. As jy ‘n luukse veldvoertuig met die meeste pakplek vir ‘n maand se Namibië toer soek, het Defender 130 nie werklik teenstanders nie.
Die beste koop is ‘n 110 D250. Moet nie laat daai kenteken jou flous nie. Defender D250’s het ‘n sterk 3-liter inlyn sessilinder enjin, wat 183kW en 570Nm wek: oorgenoeg krag vir verbysteek versnelling op die snelweg en redelik goeie diesel verbruik. As jy die begroting het, kies ‘n Trophy Edition 110 D300, met ‘n 257kW/700Nm weergawe van die Land Rover 3.0 turbodiesel enjin, en velrybande van die fabriek af.
Defender het uitstekende ritgehalte, selfs op die standaard staal kronkelvere sonder opsionele lugvering. Veldryvermoë is uit die boonste rakke, maar jy moet deur die tikskerm werk om ewenaarslotte te sluit – wat geharde veldryers net laat kop skud.
Turbopetrol V8s en hibried enjins maak nie werklik sin maak vir plaaslike toestande nie. Veral nie die verrigtings V8 met 22-duim wiele en laeprofiel bande nie.
Defender se OCTA kroonmodel is waarskynlik die besste hoëverrigting veldvoertuig wat jy kan koop. Met uiters geharde veringstelsel en allerhande versterkings regdeur die voertuig. Die OCTA maak duisend keer meer as sin as enige AMG of M-Sport SNVs op Suid Afrikaanse paaie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 153
-
Discovery
Land Rover se amper vergete luukse veldwa.Met die opgang van nuwe Defender het Discovery die stiefkind van Land Rover se modelreeks gew... Lees meerLand Rover se amper vergete luukse veldwa.
Met die opgang van nuwe Defender het Discovery die stiefkind van Land Rover se modelreeks geword. Maar vir kenners, bied dit steeds baie meer veldryvermoë as die ‘sagte’ Ranger Rovers, soos Evoque en Velar.
Agteraansig is nie aantreklik nie, maar kyk verby die Discovery 5 se vreemde bakwerk en daar skuil ‘n ruim veldwa met besonderse vermoë. Lugvering verseker goeie bakrol beheer en 283mm se grondvryhoogte wanneer jy dit benodig, wat baie meer is as ‘n Toyota Prado.
Binneruim steek af by die Defender en vir die geld wat jy betaal, is daar teveel gemiddelde materiale. Maar Discovery 5 bied ‘n derde-ry sitplekke, wat dit baie praktiese as ‘n luukse gesinsmotor maak.
Die enjins wat saak maak is Land Rover se D300, ‘n knap 3-litre inlyn-6 turbodiesel met 221kW en 650Nm. Wat oorgenoeg snelweg verrigting en sleepvermoë gee. Met redelike diesel verbruik.
Onderstel, stuur, vering en bestuurshulpmiddels werk saam om Discovery 5 een van die beste sleepvertuie te maak. As jy ‘n luukse veldwa soek wat met vertroue ‘n 3.5t boot of sleepwa kan hak, is daar min beter keuses as ‘n Discovery 5.
Veldryvermoë is amper sonder gelyke, veral op die regte bande.
Defender is ‘n nuwer, beter voertuig in amper elke opsig. Maar as jy ‘n skaarser Land Rover luukse veldwa wat bestuur, met ‘n meer konserwatiewe ontwerp, is Discovery 5 steeds ‘n wenner.
Lees minderBeskikbare voertuie: 58
-
Discovery Sport
Die sagte Discovery vir stedelike gebruik, bietjie grondpad, en baie makliker parkering.Discovery Sport is die enigste Land Rover waar ... Lees meerDie sagte Discovery vir stedelike gebruik, bietjie grondpad, en baie makliker parkering.
Discovery Sport is die enigste Land Rover waar die intreevlak modelle met voorwieltrek beskikbaar is, iets wat gesoute Land Rover kenners laat oë rol. Maar hierdie is ‘n Land Rover wat ontwerp is vir kopers wat die handelsnaam, begeer en besef hulle gaan nooit veldrywerk doen nie.
Soos alle Land Rovers het Discovery Sport ‘n treffende ontwerp, wat in enige kleur goed lyk. Binneruim verpakking is bietjie klein, met beknopte been-, kop-, en arm-ruimte vir lang tweede-ry passasiers. Maar daar is ‘n derde-ry sitplekke, wat baie handig is as jy klomp kinders moet rondry vir skolesport.
Discovery Sport se Pivi Pro digitale inligting en vermaakstelsel is uitstekend, en makliker om mee te skakel en werk as Duitse stelsels. Maar van die Discovery Sport se binneruim afwerking is bietjie gemiddeld vir die prys wat jy betaal.
Die beskikbare turbopetrol hibried enjins is besonder duur in vergelyking met die krag wat beskikbaar is in goedkoper Sjinese hibried kruisvoertuie.
As jy die erfenis van Land Rover se handelsnaam soek met ‘n makliker stedelike bestuurservaring, is Discovery Sport ‘n waardige teenstander vir X3 en GLC.
Die beste koop is ‘n Discovery Sport D180 diesel op standaard 18-duim wiele, wat ook vierwieltrek is. Soos ‘n egte Land Rover…
Lees minderBeskikbare voertuie: 55
-
Evoque
Die goedkoop Range Rover wat eintlik ‘n derde-geslag Freelander is.Land Rover het die Evoque geskep vir lopers wat die status van ‘n Ra... Lees meerDie goedkoop Range Rover wat eintlik ‘n derde-geslag Freelander is.
Land Rover het die Evoque geskep vir lopers wat die status van ‘n Range Rover kenteken wil he, sonder die koopprys of al daai geharde veldry onderdele.
Soos alle Land Rover modelle is die Evoque ontwerp treffend en lyk dit goed in enige kleur. Binneruim materiale en gehalte is gemiddeld maar die Pivi Pro digitale inligting en vermaakstelsel is besonder goed.
Agter passasier been- en kopruimte is beperk. Evoque se bagasieruim is ook veel kleiner as wat jy sou verwag van ‘n motor in die klas.
Hierdie is meer van ‘n grondpadtoer as ‘n ware veldry voertuig. Daar is geen laestrekratte nie.
Moeilik om ‘ goeie enjinopsie te kies. Evoque se turbodiesel enjins het minder krag as Duitse teenstanders. Die turbopetrol enjins is baie swaar op brandstof en die hibried weergawes maak minder krag en kos baie meer as ‘n vergelykende Sjinese kruisvoertuig.
Beste koop is ʼn D200 S op standaard 18-duim wiele. Om ‘n Evoque in die duurder SE of Autobiography afwerkings te koop, maak net nie sin nie, omdat dit nie werklik ‘n egte weelde Range Rover is nie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 67
-
Range Rover
Steeds ongeëwenaar as die spog weelde veldwa.Range Rover se ontwerp het ‘n amper volmaakte samespel van doelgerigte bakvorms en volmaak... Lees meerSteeds ongeëwenaar as die spog weelde veldwa.
Range Rover se ontwerp het ‘n amper volmaakte samespel van doelgerigte bakvorms en volmaakte verhoudings. Ander luukse veldwaens lyk almal vervelig en oorontwerp in vergelyking met ‘n Ranger Rover. Dit is een van die hoofredes dat Range Rovers nooit verouderd lyk nie, anders as meeste Duitse luukse veldvoertuie.
Diep Britse ontwerp erfenis sorg dat Range Rover ‘n reuse aanbieding kleure, wiele, en afwerkings het. Wat elke eienaar toelaat om iets te skep wat werklik ‘n eie Range Rover is. Maar wees versigtig vir die 22- of 23-duime wiel opsies, wat net die hard ry op Suid Afrikaanse paaie.
Met onafhanklike vering by al vier wiel hoeke en lugvering bestuur die Range Rover soos ‘n ware veldry weeldewa. Min eienaars waag ook veldrywerk met ‘n Range Rover maar die vermoë is daar en 297mm grondvryhoogte, wat baie meer is as ‘n Land Cruiser 300. Sleepvermoë is wel 500kg minder as ‘n Land Cruiser 300 sin.
HSE D460 op 20-duim wiele is die beste Range Rover om te besit. Die SV hoëverrigting model se lae profiel bande plaas baie lading op vering onderdele.
Range Rovers is skrikwekkend duur om te versorg wanneer myle of jare verby die Land Rover Care instandhoudingsplan loop. As jy een vir jare wil hou, maak voorsiening vir verlengte nadiens planne.
Lees minderBeskikbare voertuie: 20
-
Range Rover Sport
Die Range Rover vir nuwe-geld kopers. Met verskerpte voorkoms maar minder ruimte binne.Bakvorm en ontwerp is baie meer treffend as Duit... Lees meerDie Range Rover vir nuwe-geld kopers. Met verskerpte voorkoms maar minder ruimte binne.
Bakvorm en ontwerp is baie meer treffend as Duitse mededingers en dit gee Range Rover Sport al die teenwoordigheid wat luukse SNV kopers begeer.
Range Rover Sport is swaarder as die vorige model en dit beteken meer slytasie op die vering, remme, en ander meganiese onderdele. Soos alle luukse voertuie is Range Rover Sport besonder duur om in stand te hou teen hoër myle, buite ‘n instandhoudingsplan.
Uitstekende Range Rover onderstel en lugvering waarborg verbasend goeie ritgehalte op alle padoppervlak. Vermy net die 23-duim wiel opsie, wat die ritgehalte verniel.
Binneruim is alles wat jy verwag van ‘n erfenis Britse motorvervaardiger. Range Rover Sport se binneruim ontwerpers smee luuksheid, vorms, afwerking en digitale slimfoon integrasie beter as Duitse modelle. Maar die Sport het minder bagasieruimte as BMW se X5 en Mercedes-Benz se GLE.
SV weergawe het supermotor versnelling en klankbaan, te danke aan ‘n BMW 4.4-liter turbopetrol V8.
D350 is wat jy werklik wil hê. Met ‘n 700Nm turbodiesel enjin wat sterk verbysteekvermoë bied en nugter diesel verbuik, sodat jy nie elke ander uur op die langpad moet stop om vol te maak nie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 90
-
Velar
Die Range Rover wat tussen Evoque en Sport lewe.Land Rover het baie geleen by Jaguar se onderdele om die Velar te skep. Dit is gebou om... Lees meerDie Range Rover wat tussen Evoque en Sport lewe.
Land Rover het baie geleen by Jaguar se onderdele om die Velar te skep. Dit is gebou om ‘n kleiner luukse kruisvoertuig te wees, vir stedelike bestuur. Maar wat steeds ‘n Range Rover naam het.
Bakvorm is eenvoudig en treffende met beter verhoudings as Duitse luukse kruisvoertuie.
Binne is die Velar se samespel van Britse luukse afwerking en gevorderde digitale stelsels ‘n meer aangename ervaring as in Duitse teenstanders. Maar die agterste beenruimte is te beknop vir iets wat ‘n Range Rover naam dra.
Veldryvermoë is nie die hoogste prys vir Velar nie en daarom is dit een van daai bitter min Land Rover is sonder ‘n laestrekratkas. Langpad toervermoë is goed, mits jy nie ‘n lang passasier in die tweede-ry sitplekke is nie.
Die Velar hibried modelle is besonder duur vir viersilinder enjins. Beste koop is die P300 diesel, as jy ‘n status Range Rover begeer vir die stad, sonder parkeer angs.
Lees minderBeskikbare voertuie: 27