Lexus logo

Lexus

Die luuksemotorhandelsmerk Lexus is in 1989 deur Toyota bekendgestel.

Dit is aanvanklik in die VSA bekendgestel en was daarop gemik om met ander luukse handelsmerke soos Mercedes-Benz, BMW en Audi mee te ding.

Jy weet jy het ’n suksesresep beet as jy Toyota-betroubaarheid en Duitse gehalte saamvoeg.

Stuurwiel is ’n groot ondersteuner van dié uitstaande handelsmerk.

Models

6 resultate
  • ES Image

    ES

    Een van die stadiger luukse motors wat jy kan koop. Maar ongelooflike waarde, as nooit haastige iewersheen op pad is nie.E-Klass groott... Lees meer

    Een van die stadiger luukse motors wat jy kan koop. Maar ongelooflike waarde, as nooit haastige iewersheen op pad is nie.

    E-Klass grootte maar goedkoper as ‘n C-Klass. Lexus se ES 300h bied diep waarde vir jou Rande.

    Bougehalte is lagwekkend beter as Duitse sedan modelle van soortgelyk prys. En dan is daar die Lexus handelaar ervaring, wat ook Duitse luukse voertuig handelaars op hul neus laat kyk.

    Voorwieltrek, wat beteken dat die binneruim enorm is. Sitplekke wat so gemaklik is, jy sal hulle in jou sitkamer wil sit - en uitstekend landpad bestuurgemak verseker. Ongelukkig is die digitale inligting en vermaakstelsel nie ‘n tikskerm nie en Lexus se fisiese beheer skakelaar is ʼn twyfelagtige ontwerp.

    Hibried petrol enjin is baie lig op brandstof maar verrigting is nêrens naby ‘n Duitse turbodiesel enjin nie.

    As jy nooit grondpad ry nie en kan lewe met die trae snelweg verrigting. Is ES 300h is voortreflike langtermyn luukse motor.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 17

  • GX Image

    GX

    Lexus se weergawe van die Prado. Met ‘n skerper bakvorm en 6-silinder enjinkrag.As Prado se lui 2.8 diesel te stadig op die snelweg is,... Lees meer

    Lexus se weergawe van die Prado. Met ‘n skerper bakvorm en 6-silinder enjinkrag.

    As Prado se lui 2.8 diesel te stadig op die snelweg is, dan is GX jou oplossing. Die wiskunde is eenvoudig: kleiner Prado bakwerk met daai groot Land Cruiser 300 3.3 V6 turbopetrol wat 260kW lewer.

    Hierdie Lexus GX 550 veldwa het baie lewendig verrigting wat dit ‘n baie beter langpad toervoertuig maak as enige Pado 2.8 diesel.

    Maar GX 550 is baie swaar op brandstof en daar is geen landafstand tenks nie, so reikafstand is beperk.

    Soos met LX, is die Overtrail jou beste koop, nie die SE weergawe met daai versportlike 22-duim wiele nie. Overtrail se 18-duim wiele en veldry bande is nommerpas vir ‘n Namibië veldry ervaring.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 11

  • LX Image

    LX

    Alles wat die bobaas Land Cruiser 300 veldwa bied, maar met meer eksklusiwiteit. Want as jy hierdie geld spandeer, wil jy nie langs ‘n ... Lees meer

    Alles wat die bobaas Land Cruiser 300 veldwa bied, maar met meer eksklusiwiteit. Want as jy hierdie geld spandeer, wil jy nie langs ‘n ander Land Cruiser 300 by die skool rugby parkeer nie.

    Geen ander veldwa gee jou die luuksheid, ruimte en ware veldryvermoë, soos ‘n LX nie. Die selfvertoue van daai beproefde Land Cruiser 300 onderstel en enjins, beteken dat jy uit sein sal hardloop, lank voor die LX se veldry vaardighede opraak.

    Binneruim bougehalte is uitstekende, en daar is nog klomp fisiese beheer knoppies en skakelaars vir diegene wat nie alles deur ‘n tikskerm wil doen nie. Anders as Range Rover en al die Duitse luukse sportnutsvoertuie, gebruik LX nie lugvering nie, so daar is bitter min om verkeerd te gaan as jy in die Kalahari toer.

    Nog ʼn rede om ‘n LX bo enige ander weelde veldwa te kies, is nadiens. Lexus handelaars is nog beter as Toyota se beroemde netwerk – nadiens lof kom geen hoër nie.

    Enige LX Sport is sinneloos op 22-duim wiele. Beste koop is ongetwyfeld ‘n LX500 Overtrail diesel, op 18-duim wiele met veldry bande – sekerlik die beste weelde veldwa beskikbaar.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 23

  • NX Image

    NX

    Die Lexus kruisvoertuig wat ‘n binneruim het om die Duitse luukse vervaardigers slapelose nagte te gee.Binneruim ontwerp en gehalte is ... Lees meer

    Die Lexus kruisvoertuig wat ‘n binneruim het om die Duitse luukse vervaardigers slapelose nagte te gee.

    Binneruim ontwerp en gehalte is beter as enige Duitse mededinger, maar pakplek is min. En agterpassasier ruimte is beperk.

    NX is gemik op kopers wat nuuskierig is oor hibried tegnologie, maar iets betroubaar soek van ‘n gerekende handelsnaam, soos Lexus.

    NX450h+ is die beste model. Met 227kW se krag vir sterk verbysteekvermoë op die snelweg, maar ook genoeg elektriese reikafstand, vir ‘n daaglikse pendel werk toe en terug.

    Duur in vergelyking met tegnologies gevorderde Sjinese PHEV mededingers. Maar daar kan nie ‘n prys op Lexus se bougehalte of handelaars gesit word nie.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 44

  • RX Image

    RX

    Moeg vir Duitse luukse sportnutsvoertuie wat net probleme gee na ‘n paar jaar? Dan koop jy eerder vertroue ‘n RX.Lexus se bougehalte en... Lees meer

    Moeg vir Duitse luukse sportnutsvoertuie wat net probleme gee na ‘n paar jaar? Dan koop jy eerder vertroue ‘n RX.

    Lexus se bougehalte en vindingrykheid met hibried dryfstelsel is beproef. En boonop is die handelaars sonder gelyke, met die ondersteuning van Toyota Suid Afrika se reuse diensvaardighede.

    RX se luukse binneruim het dalk nie die beste digitale  beheerstelsels vir vermaak nie, maar bougehalte is onverbeterlik.

    Soos met alle Lexus modelle, is daar geen diesel-NX weergawes nie. Maar as jy hibried-nuuskierig is, is daar nie ‘n meer betroubare en beproefde luukse sportnustvoertuig met bietjie battery krag, as ‘n NX nie.

    Beste koop is die middelslag RX450h+, met amper 80km se suiwer battery krag reikafstand, vir jou daaglikse bestuur. En jy kan dit inprop en herlaai – soos en wanneer dit jou pas.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 16

  • UX Image

    UX

    Intreevlak Lexus was in werklikheid ‘n baie gemiddelde klein kruisvoertuig is.Onverbeterlike binneruim bougehalte, maar agterste beenru... Lees meer

    Intreevlak Lexus was in werklikheid ‘n baie gemiddelde klein kruisvoertuig is.

    Onverbeterlike binneruim bougehalte, maar agterste beenruimte is bietjie beknop. En daai hibried batterye neem bagasieruimte ook in beslag.

    UX se grootste probleem is dat dit nie ‘n inprop-hibried is nie. So jy kry nooit die werklike waarde van daai batterye wat plek opneem nie.

    Dryfstelsel bied net te min verrigting vir die prys, veral in vergelyking met die magdom Sjinese mededingers in die hibried mark.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 7

KYK HIERNA

KOOP OF VERKOOP JOU VOERTUIG – DIE SLIM MANIER

Op soek na 'n splinternuwe voertuig!
Ons Voertuig Concierge diens neem die stres uit die koopproses deur die regte voertuig vir jou te vind en namens jou met ons betroubare handelaarsnetwerk te onderhandel. Dit bespaar jou tyd, geld en onnodige moeite.

Wil jy jou voertuig verkoop!
Ons is aktief op soek na lae kilometer, uitstekende gehalte voertuie, veral dié wat gemiddeld minder as 15 000 km per jaar ry. Ons bied 'n deursigtige, moeitevrye proses met mededingende aanbiedinge, sodat jy jou voertuig vinnig, maklik en teen die beste moontlike waarde kan verkoop.
Help

Hoe kan ons Jou help?

BEKYK VERGELYKINGS

VERGELYK RYGOED

Jy het rygoed gekies.

Geen rygoed is bygevoeg om te kan vergelyk nie

Sluit Vergelyk

VEELVULDIGE REKENINGS GEVIND Close button

Ons het verskeie rekenings gevind wat aan dié e-posadres gekoppel is.
Kies asseblief ’n rekening om in te teken:

    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Voertuignavraagterugvoer

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    TERUGVOER: HELP MY SOEK

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Logo
    Concierge service logo
    Close button

    Jou ryding is suksesvol opgelaai!

    Ons het ’n e-pos aan jou gestuur. Bevestig asseblief jou e-posadres.

    hammer-icon

    Geluk, hoor!

    Keer terug webtuiste toe.