Mahindra
By Mahindra glo hulle dat “Rise” nie net ’n slagspreuk is nie, maar ’n filosofie wat elke aspek van hul voertuie en sake kenmerk.
Mahindra is ’n handelsmerk wat die uiterste aandurf en voortdurend op die uitkyk is vir nuwe en innoverende wyses om makliker by hul kliënte aanklank te vind en die uitdagings suksesvol aan te pak.
Stuurwiel salueer dié handelsmerk omdat hulle so ’n goeie werk doen. Hoewel hulle aanvanklik beperk was tot ’n aanbod wat grootliks op die landbou gerig was, het hulle nou ’n uiters aantreklike produkreeks.
Models
-
Bolero
Mahindra se spotgoedkoop bakkie. Sonder enige veiligheidstoerusting.Bladvere op beide aste beteken militêre voertuig ritgehalte. Maar B... Lees meerMahindra se spotgoedkoop bakkie. Sonder enige veiligheidstoerusting.
Bladvere op beide aste beteken militêre voertuig ritgehalte. Maar Bolero kan 1150kg vrag dra, oor die swakste grondpaaie, sonder moeite.
Bolero se 2.5 diesel enjin sukkel op 120km/h te handhaaf met ʼn kragsyfer van slegs 46kW. Hierdie bakkie het amper geen verbysteekvermoë nie. En hoort nie regtig op die langpad nie.
Vir die spotgoedkoop prys kry jy kragstuur en lugreëling. Maar daar is geen lugsakke of sluitweeremme nie.
Bolero maak sin as ‘n suiwer plaas of mynwerk bakkie. Maak nie sin op die snelweg of as ʼn stedelike vervoer bakkie nie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 12
-
Pik Up
Die slim bakkie koper se winskoop Land Cruiser 79. Lof kom nie hoër nie.Mahindra se Karoo dubbelkajuit S11 Pik-Up bakkies kom met alles... Lees meerDie slim bakkie koper se winskoop Land Cruiser 79. Lof kom nie hoër nie.
Mahindra se Karoo dubbelkajuit S11 Pik-Up bakkies kom met alles wat ‘n veldryers begeer, as standaard. Staal buffers en 265/75/16 veldry bande maak hierdie bakkies reg vir daai Namibië vakansie, reguit van die Mahindra handelaar se vloer af.
Uitstekende waarde met ‘n redelik gemaklike en goed toegeruste binneruim. Mahindra se 2.2-liter turbodiesel enjins is redelik betroubaar en maak net-net genoeg krag om te kan langpad toer.
Grondvryhoogte is gemiddeld teen 210mm. Sleepvermoë ook redelik middelmatig teen 2.5t.
Boere ken bakkies die beste en jy sal menigte van hierdie Karoo-weergawe Mahindra in diens sien, in die egte Karoo en Kalahari. Wat getuig van hul gehardheid en gewildheid.
Lees minderBeskikbare voertuie: 214
-
Scorpio-n
Soek jy ‘n sluiper Fortuner? Hierdie Mahindra is jou antwoord.Met 7-sitplekke, ‘n laestrekratkas, en geharde 2.2 diesel enjin maak Scor... Lees meerSoek jy ‘n sluiper Fortuner? Hierdie Mahindra is jou antwoord.
Met 7-sitplekke, ‘n laestrekratkas, en geharde 2.2 diesel enjin maak Scorpio N baie sin as ‘n veel doel 7-sitplek veldwa.
Soos Fortuner, is hierdie ‘n staal leerraam onderstel voertuig, met onafhanklike vooras en semi-onafhanklike agteras. Redelik gemaklik op die snelweg, en bei gemaklik op die slegste sinkplaat grondpaaie.
Baie laer kaping en diefstal risiko as Fortuner. Maar ook, soos die Toyota, ‘n baie swak derde-ry sitplek ontwerp.
Diesel enjin maak 128kW en 400Nm, wat Scorpio N beter snelweg verrigting gee as ‘n Fortuner 2.4 GD.
Z8 Aventure is die beste model, met staal buffers en veldry bande. ‘n Werklike winskoop alternatief tot Fortuner as jy ‘n 7-sitplek veldvoertuig soek.
Lees minderBeskikbare voertuie: 44
-
Xuv3xo
Bobaas kruisvoertuig van Mahindra, met ‘n treffende ontwerp en gevorderde veiligheidstelsels.XUV3 se 1.2 turbopetrol enjin het genoeg k... Lees meerBobaas kruisvoertuig van Mahindra, met ‘n treffende ontwerp en gevorderde veiligheidstelsels.
XUV3 se 1.2 turbopetrol enjin het genoeg krag om met selfvertroue in die regterbaan van Gauteng se snelweë te ry.
Alle XUV3 modelle het elektroniese stabiliteitbeheer en 6 lugsakke. Die ‘Luxury’ weergawe bied ook aanpasbare togbeheer en outomatiese rem-aksie as standaard. Hierdie Mahindra kruisvoertuie bied ongelooflike dinamiese veiligheidtoerusting vir die prys, wat van diep waarde is op Suid Afrika se hoe risiko paaie.
Vreemd genoeg, vir ‘n voertuig met so ‘n netjiese binneruim, is XUV3 se stuur nie diepte verstelbaar nie.
Beste koop? Die AX5L met vlak 2 outonome bestuurstelsels en 16-duim wiele, wat net die regte grootte is vir plaaslike toestande en ‘n breë keuse van bande.
Lees minderBeskikbare voertuie: 283