Mazda logo

Mazda

Mazda se handelsmerkessensie is om die bestuurservaring te vier.

“Celebrate driving” soos wat dit deur Mazda gelewer word, gaan oor meer as net die bestuurservaring self.

Wanneer jy ’n Mazda kies, word jy met selfvertroue en trots beloon. Nie net ons produkte nie, maar elke interaksie met Mazda roep die emosie van beweging op en laat Mazda-eienaars se harte met opwinding klop.

Stuurwiel skryf hierdie handelsmerk baie hoog aan en is trots daarop om ’n groot verskeidenheid van hierdie topklasproduk aan te bied wat geen swakhede het nie.

Models

7 resultate
  • 2 Image

    2

    Duur in vergelyking met Swift of Polo Vivo. Maar ‘n gehalte ontwerp en diep tegniese gehalte maak Mazda se klein luikrug relevant.Mazda... Lees meer

    Duur in vergelyking met Swift of Polo Vivo. Maar ‘n gehalte ontwerp en diep tegniese gehalte maak Mazda se klein luikrug relevant.

    Mazda2 se 1.5 petrol enjin is bietjie sterker en meer brandstofdoeltreffend as Suzuki se Swift 1.5. Snelweg bestuursgevoel is soos ‘n groter, luukser motor.

    Binneruim gehalte is beter as Swift of Polo Vivo. Maar Mazda2 se digitale inligting en vermaakstelsel werk nie met ‘n tikskerm nie. Jy moet ‘n fisiese beheer knoppie gebruik, wat ‘n swakker ervaring is as enige ander klein motor met volledige tikskerm funksionaliteit.

    Stylvolle bakwerk. Gehalte bestuurservaring. Meganies betroubaar. Mazda2 het ook nie die kaping of diefstal risiko van ‘n Polo nie.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 56

  • 3 Image

    3

    Een van die min luikrûe wat nog plaslike te koop is. Ontwerp gelyk aan iets soos ‘n Japannese Alfa Romeo.Kyk verby Mazda3 se steil prys... Lees meer

    Een van die min luikrûe wat nog plaslike te koop is. Ontwerp gelyk aan iets soos ‘n Japannese Alfa Romeo.

    Kyk verby Mazda3 se steil pryse en die mark se beheptheid met kruisvoertuie, en hierdie luikrûe maak baie sin. Stylevolle gesinsmotors met uitstekende bougehalte.

    Daar is geen turbo enjins nie en Mazda3 kan lui voel op die hoëveld. Veral die 1.5 weergawe.

    Maar daai onaangejaag enjins is diep betroubaar en behaal baie voorspelbare brandstofverbruik, anders as turbopetrol enjins wat dors kan word. As jy al die krag gebruik.

    Binneruim is beter as enige ander luikrug, insluitende die jongste Golf. Mazda3 se gehalte is in baie opsigte beter as Duitse motors.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 26

  • BT-50 Image

    BT-50

    Suid-Afrika se vergete dubbelkajuit bakkies.Mazda het in 2024 uit die plaaslike bakkie marke getree, wat jammer is. Maar daar is nog ba... Lees meer

    Suid-Afrika se vergete dubbelkajuit bakkies.

    Mazda het in 2024 uit die plaaslike bakkie marke getree, wat jammer is. Maar daar is nog baie BT-50 dubbelkajuit bakkies beskikbaar as gehalte tweedehandse koop geleenthede.

    Die ouer tweedegeslag BT-50 was ‘n tweeling van die laat 2000’s se Ford Ranger. Kyk verby hierdie BT-50 se vreemd vorminge voorontwerp, en dit is ‘n gehalte bakkie, met ‘n gemaklike binneruim en goeie bestuursvermoë. Met baie laer diefstal en kaping risiko as enige hoëmyl Ford Ranger.

    Mazda se derde-geslag BT-50, wat tot 2024 in die mark was, is ‘n Isuzu D-Max tweeling. Jy kry die beproefde Isuzu grondpadvermoë en ‘n gehalte 3.0 turbodiesel enjin, met ‘n aantreklike bakvorms en ontwerp, vir ‘n bakkie.

    As jy nie net nog ‘n wit Hilux dubbelkajuit eienaar wil wees nie, en versigtig is vir ‘n winskoop Sjinese bakkie, maak ‘n tweedehandse BT-50 baie sin.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 5

  • CX-3 Image

    CX-3

    Kruisvoertuig weergawe van die knap Mazda2. Met die groter Mazda3 se enjins.Uithaler bakvorms en ontwerp. Soos alle Mazda’s, is die bin... Lees meer

    Kruisvoertuig weergawe van die knap Mazda2. Met die groter Mazda3 se enjins.

    Uithaler bakvorms en ontwerp. Soos alle Mazda’s, is die binneruim se bougehalte en samestelling klasleidend. Geraasvlakke is laag, en gemakvlakke is hoog.

    Al wat werklik pla, soos met alle Mazda’s, is die afwesigheid van tikskerm funksionaliteit wanneer jy aan die bestuur is.

    CX3 voel soos ‘n groter voertuig op die snelweg, met goeie baanvastigheid, teen hoë snelhede. Enigste kwessie met CX3 as ‘n langpad motor, is dat dit kleiner bagasieruimte het as meeste teenstanders.

    Tiggo4 bied baie meer toerusting. Maar Mazda se bougehalte en meganiese betroubaarheid kan nie buit berekening gelaat word nie.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 64

  • CX-30 Image

    CX-30

    Mazda se middelslag kruisvoertuig met ‘n bakvorms en ontwerp vir die boeke.Maar anders as meeste Mazda’s, is CX-30 se bagasieruim nie t... Lees meer

    Mazda se middelslag kruisvoertuig met ‘n bakvorms en ontwerp vir die boeke.

    Maar anders as meeste Mazda’s, is CX-30 se bagasieruim nie te beknop nie. Dit het meer bagasieruimte as ‘n teenstander, soos VW se T-Roc.

    Prag binneruim ontwerp met uitstekende bougehalte. CX-30 se binneruim voel meer luuks as sekere Europese  motors wat twee keer die prys is.

    Raakskerm digitale vermaakstelsel werk slegs wanneer jy parkeer is. As jy bestuur, moet alle funksies deur ‘n fisiese draaiknop beheer word, wat lastig is.

    CX-30 se verrigting is baie gemiddeld op die hoëveld, omdat daai hoogs betroubare 2.0 petrol enjin nie ‘n turbo het nie.

    Duur in vergelyking met kragtiger, beter toegeruste Sjinese kruisvoertuie. Tog is Mazda se bougehalte en meganiese duursaamheid sterk eienaarskap kenmerke met CX-30.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 26

  • CX-5 Image

    CX-5

    Treffende bakvorm met meganiese betroubaarheid en uitstekende binneruim bougehalte.CX-5 se aanbieding is uithaler binneruim ontwerp en ... Lees meer

    Treffende bakvorm met meganiese betroubaarheid en uitstekende binneruim bougehalte.

    CX-5 se aanbieding is uithaler binneruim ontwerp en meganies beproefde enjins. Maar daar is geen vierwieltrek CX-5 modelle, of turboaangejaagde enjins nie. En dit kan ‘n kwessie vir binnelandse kopers wees.

    ‘n Volgelaaide CX-5 gaan afsteek in vergelykende verrigting teenoor turboaangejaagde petrol of diesel teenstanders. Maar Mazda se 2.0 petrol enjin beloof jare se betroubaarheid met lae meganiese herstel risiko.

    Binneruim gehalte en ontwerp laat meeste Duitse voertuie goedkoop en middelmatig lyk. Een haakplek is die digitale binneruim stelsels, wat nie tikskerm funksionaliteit het nie.

    Soos ander Mazda’s, is die CX-5 se bagasieruime bietjie knap.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 114

  • CX-60 Image

    CX-60

    Die kroon van Mazda se plaaslike reeks. Wat beter lyk as enige ander groot Japannese luukse motor.CX-60 se 2.5 petrol enjin voel te sta... Lees meer

    Die kroon van Mazda se plaaslike reeks. Wat beter lyk as enige ander groot Japannese luukse motor.

    CX-60 se 2.5 petrol enjin voel te stadig op die hoëveld. Die 3.3 turbodiesel is wat jy soek. Hierdie is die enigste Japannese inlyn-ses turbodiesel enjin wat wêreldwyd beskikbaar is. En voel soos ‘n kenmerkende BMW inlyn ses: met gladde kraglewering en goeie langpad diesel verbruik.

    Binneruim is kenmerkende Mazda, met bougehalte wat Duitse vervaardigers skaam maak. Bagasieruim is bietjie klein vir so ‘n groot voertuig. En die binneruim se digitale inligting en vermaakskerm werk slegs met ‘n fisiese draai-en-kies skakelaar, wanneer jy aan die bestuur is – wat ongelooflik onprakties is.

    Sonder twyfel een van die beste sluiper luukse voertuie wat jy kan koop in SA. En ‘n waardige alternatief tot Audi, BMW, en Mercedes-Benz se volgrootte sportnutsvoertuie.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 19

KYK HIERNA

KOOP OF VERKOOP JOU VOERTUIG – DIE SLIM MANIER

Op soek na 'n splinternuwe voertuig!
Ons Voertuig Concierge diens neem die stres uit die koopproses deur die regte voertuig vir jou te vind en namens jou met ons betroubare handelaarsnetwerk te onderhandel. Dit bespaar jou tyd, geld en onnodige moeite.

Wil jy jou voertuig verkoop!
Ons is aktief op soek na lae kilometer, uitstekende gehalte voertuie, veral dié wat gemiddeld minder as 15 000 km per jaar ry. Ons bied 'n deursigtige, moeitevrye proses met mededingende aanbiedinge, sodat jy jou voertuig vinnig, maklik en teen die beste moontlike waarde kan verkoop.
Help

Hoe kan ons Jou help?

BEKYK VERGELYKINGS

VERGELYK RYGOED

Jy het rygoed gekies.

Geen rygoed is bygevoeg om te kan vergelyk nie

Sluit Vergelyk

VEELVULDIGE REKENINGS GEVIND Close button

Ons het verskeie rekenings gevind wat aan dié e-posadres gekoppel is.
Kies asseblief ’n rekening om in te teken:

    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Voertuignavraagterugvoer

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    TERUGVOER: HELP MY SOEK

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Logo
    Concierge service logo
    Close button

    Jou ryding is suksesvol opgelaai!

    Ons het ’n e-pos aan jou gestuur. Bevestig asseblief jou e-posadres.

    hammer-icon

    Geluk, hoor!

    Keer terug webtuiste toe.