Mclaren logo

Mclaren

Gordon Murray, die legendariese F1-ontwerper, is die rede dat die wêreld hierdie ongelooflike produk het.

Jy weet dat jy suksesvol gaan wees as jy die ondersteuning van een van die legendariese F1-spanne agter jou het.

Mclaren speel in dieselfde skaarsheidsarena as Ferrari, Lamborghini en Porsche – en daar is geen moeiliker arena om in te speel nie.

Stuurwiel salueer dié uitstaande, voorbeeldige vervaardiger.

Models

4 resultate
  • 570s Image

    570s

    Opvolger vir die MP12-C.Bakvorm het meer rondings as MP4-12C en lyk beter van agter as van voor.Gebruik dieselfde koolstofvesel onderst... Lees meer

    Opvolger vir die MP12-C.

    Bakvorm het meer rondings as MP4-12C en lyk beter van agter as van voor.

    Gebruik dieselfde koolstofvesel onderstel wat McLaren in die vroeë 2010s vir hul supermotors ontwikkel het. In baie opsigte, meer gevorderd as Ferrari’s van dieselfde tydvak.

    Uitstekende tegniese integrasie tussen enjin, ratkas, stuur en vering maak 570S ‘n supermotor wat ‘n ervare en vaardige bestuurder beloon. Maar ook spotmaklik is om in stadsverkeer te bestuur.

    Uitsonderlike langafstand supermotor en vir baandae, amper sonder gelyke.

    Soos ander McLaren supermotors, het 570S wisselvallige bougehalte en elektroniese kwessies wat die geduld van eienaars kan toets.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 0

  • 600lt Image

    600lt

    Padwaardige baanmotor. Hierdie McLaren is vir kopers met uitstekende bestuursvermoë.McLaren se 600LT is ‘n ontwikkeling van die 570S, m... Lees meer

    Padwaardige baanmotor. Hierdie McLaren is vir kopers met uitstekende bestuursvermoë.

    McLaren se 600LT is ‘n ontwikkeling van die 570S, met ‘n tegniese inskerping vir baanry. Dit het 23% nuwe onderdele en is 96kg ligter as ‘n 570S.

    Met baie slim aërodinamika, dramatiese kraglewering en baangerigte stuur en vering, is 600LT amper teveel supermotor vir die pad. Veral in onvoorspelbare Suid Afrikaanse verkeer en padomstandighede.

    As jy gereeld Kyalami of Killarney baandae bywoon, sal die 600LT sirkels om meeste Ferrari’s ry.

    Hoëspoed stabiliteite, draaivermoë en versnelling is suiwer renmotor. Maar ‘n 600LT is nie vir onervare of onvaardige bestuurders nie.

    As jy ‘n supermotor begeer wat werklik baandae sonder moeite kan doen, is die 600LT ongeëwenaar.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 0

  • 720s Image

    720s

    McLaren se derde ‘nuwegeslag’ supermotors.Vir baie hoëverrigting motor aanhangers is hierdie waar McLaren se werklike supermotor reeks ... Lees meer

    McLaren se derde ‘nuwegeslag’ supermotors.

    Vir baie hoëverrigting motor aanhangers is hierdie waar McLaren se werklike supermotor reeks begin.

    MP4-12C en 570S was vir baie versamelaars en kopers slegs ‘junior’ supermotors. Maar met 720S het McLaren die tegniese vermoë van hul ingenieus bewys.

    Met ‘n groter 4-liter dubbel-turbo V8 enjin, het 720S ‘n reuse kraglewering voordeel bo soortelyke Porsche 911s of Ferrari’s.

    Die 530kW kragsyfer is meer bruikbaar as wat jy sou verwag. Hoekom? Omdat 720S alles het wat jy sou verwag van ’n ware supermotor: koolstofvesel onderstel, gevorderde aktiewe vering en baie suiwer stuuraksie.

    As suiwer verrigting en bestuurservaring meer tel as status of herverkoopwaarde, is 720S sonder teenstanders.

    Kwessies? McLaren se wisselvallige bougehalte.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 1

  • MP4-12C Image

    MP4-12C

    McLaren se supermotor besigheid is herstig met MP4-12C. Hoogs indrukwekkende dubbel-turbo V8 supermotor met tegniese kenmerke wat Ferra... Lees meer

    McLaren se supermotor besigheid is herstig met MP4-12C. Hoogs indrukwekkende dubbel-turbo V8 supermotor met tegniese kenmerke wat Ferrari 458 eienaars slapelose nagte gegee het in die middel 2010s.

    Die beste McLaren ingenieurs het gewerk aan MP4-12C was waarborg dat dit ‘n ongelooflike bestuurservaring bied. Vreemd genoeg, het die MP4-12C nie ʼn beperkte gly agterste ewenaar nie.

    MP4-12C se geheim was die hidroliese tussenskakel vering, wat onafhanklik en samewerkend elke wielhoek se vering kan verstel. Daar is steeds geen supermotor wat die balans tussen luukse voertuig ritgehalte en hoësnelheid stabiliteit in draai kan ewenaar nie.

    As jy suiwer verrigtingsyfers vergelyk, is MP4-12C ‘n meer indrukwekkende supermotor as Ferrari se 458. Met baie beter ritgehalte en stabiliteit op swak pad oppervlaktes, iets wat ʼn werklikheid is as jy supermotor in Gauteng besit.

    Bakvorm en ontwerp het lyk steeds vars en indrukwekkende. Binneruim het oorgenoeg kop en beenruimte vir groot passasiers, met ‘n bestuursposisie wat gevorm is om baie selfvertoue te skep teen hoë snelhede.

    MP4-12C het baie bougehalte kwessies gehad en McLaren se nadiens hulpbronne is net nie in die dieselfde liga as Ferrari of Porsche nie. As ‘n bestuurservaring is MP4-12C die prys werd, maar jy moet bereid wees om baie te belê met instandhoudingskostes.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 0

KYK HIERNA

KOOP OF VERKOOP JOU VOERTUIG – DIE SLIM MANIER

Op soek na 'n splinternuwe voertuig!
Ons Voertuig Concierge diens neem die stres uit die koopproses deur die regte voertuig vir jou te vind en namens jou met ons betroubare handelaarsnetwerk te onderhandel. Dit bespaar jou tyd, geld en onnodige moeite.

Wil jy jou voertuig verkoop!
Ons is aktief op soek na lae kilometer, uitstekende gehalte voertuie, veral dié wat gemiddeld minder as 15 000 km per jaar ry. Ons bied 'n deursigtige, moeitevrye proses met mededingende aanbiedinge, sodat jy jou voertuig vinnig, maklik en teen die beste moontlike waarde kan verkoop.
Help

Hoe kan ons Jou help?

BEKYK VERGELYKINGS

VERGELYK RYGOED

Jy het rygoed gekies.

Geen rygoed is bygevoeg om te kan vergelyk nie

Sluit Vergelyk

VEELVULDIGE REKENINGS GEVIND Close button

Ons het verskeie rekenings gevind wat aan dié e-posadres gekoppel is.
Kies asseblief ’n rekening om in te teken:

    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Voertuignavraagterugvoer

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    TERUGVOER: HELP MY SOEK

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Logo
    Concierge service logo
    Close button

    Jou ryding is suksesvol opgelaai!

    Ons het ’n e-pos aan jou gestuur. Bevestig asseblief jou e-posadres.

    hammer-icon

    Geluk, hoor!

    Keer terug webtuiste toe.