Mercedes-Benz
Mercedes-Benz beskou die vorming van die toekoms van motorwese op ’n veilige, volhoubare wyse as sowel ’n motivering as ’n verpligting.
Die maatskappy se fokus is daarom op innoverende, groen tegnologieë en veiliger, superieure voertuie wat sowel betower as besiel.
Stuurwiel wil net noem: Wanneer dit by nalantenskap kom, is daar weinig wat by die driepuntster kan kers vashou.
Models
-
A Class
Mercedes-Benz se klein motor ruil voorkoms vir gerief.Vir baie Mercedes-Benz kenners is die beginsel van ʼn oorwegend voorwieltrek driep... Lees meerMercedes-Benz se klein motor ruil voorkoms vir gerief.
Vir baie Mercedes-Benz kenners is die beginsel van ʼn oorwegend voorwieltrek driepuntster luikrug steeds moeilik om te begryp.
Alle A-Klass modelle het baie teenwoordigheid as jy die AMG Line bakwerk afwerking kies. Maar die nadeel van A-Klass se ontwerp is groot agterdriehoek blindekolle. Passasiers in die tweede-ry sitplekke kan ook bietjie benoud voel, as jy langpad ry.
Hoësnelheid stabiliteit is goed, veral vir ‘n luikrug met ‘n kort asafstand. Maar die A-Klass se vering is te hard verstel vir plaaslike paaie. Die stamperige riggehalte is nie iets wat jou sou verwag van ‘n voertuig met ‘n driepuntster kenteken nie.
Binneruim het goeie digitale slimfoon vermoë deur die MBUK tikskerm stelsel, maar standaard toerusting is baie skraps.
Die intreevlak A200 bied baie gemiddelde snelweg verrigting, met ‘n 1.3 turbopetrol enjin was nie besonder afgerond voel nie. A250 bied baie beter verrigting maar bied nie die bestuurservaring van ‘n Golf 8.5 GTI nie.
AMG modelle het oorweldigende verrigting, wat nie altyd sin maak op Suid Afrikaanse paaie nie. A45 is ‘n tegniese wonderwerk met betrekking to kraglewering, maar veels te veel versnelling vir ‘n kortsafstand gesinsmotor. A35 is die kroonjuweel in die A-Klass reeks.
Groot jammerte dat Mercedes nie ʼn A200d luikrug bied nie, veral omdat BMW ʼn turbodiesel 1 Reeks in die mark het.
Lees minderBeskikbare voertuie: 81
-
A Class Sedan
A-Klass met vier deure wat baie meer aantreklik lyk as ‘n BMW 2 Reeks.As jy ‘n klein Mercedes-Benz soek met ‘n sluitbare metaal bagasie... Lees meerA-Klass met vier deure wat baie meer aantreklik lyk as ‘n BMW 2 Reeks.
As jy ‘n klein Mercedes-Benz soek met ‘n sluitbare metaal bagasieruim is A-Klass sedan nommerpas. Soos baie ander Duitse luukse motors, het A-Klass sedan te min binneruim knoppies en skakelaars en teveel vertroue op digitale tikstelsels.
Die sedan A-Klass het nie die agter driehoek blindekolle van die luikrug nie. In vergelyking met ‘n 2 Reeks is die A-Klass sedan se bagasieruim kleiner, maar die agtersitplek passasier gemak is beter – iets wat van meer waarde is wanneer jy langpad ry met ‘n gesin.
Enjins is in die breë dieselfde as A-Klass luikrug, met een uitsondering: die 200d diesel. Hierdie is ‘n knap keuse as jy werklik ‘n klein Mercedes wil besit. Die A250d sedan het 320Nm wringkrag, wat goeie verbysteek versnelling waarborg en op die ooppad kan brandstofverbruik onder 5l/100km draai.
Lees minderBeskikbare voertuie: 33
-
C Class
Mercedes-Benz se 3 Reeks teenstander. Word steeds in Oos Londen gebou wat beteken dat daar ‘n goeie voorraad onderdele en nadiensonderd... Lees meerMercedes-Benz se 3 Reeks teenstander. Word steeds in Oos Londen gebou wat beteken dat daar ‘n goeie voorraad onderdele en nadiensonderdele altyd in die plaaslike verskaffingsketting is.
C-Klass is nie meer so gewild soos dit jare terug was nie. Wat dieselfde verhaal is vir alle Duitse sedan motors.
Steeds ‘n baie goeie agterwieltrek luukse sedan platform met voortreflike langafstand bestuursvermoë en passasiersgemak. Kattebak is kleiner as ‘n 3 Reeks sin…
Jy betaal groot geld vir redelike klein enjins met gemiddelde kraglewering. Die C220d is ‘n beter langpad keuse a die 1.5 turbopetrol C200.
AMG se huidige C63 4-silinder hibried is ‘n reuse teleurstelling en steek lelik af teen M3, al maak die C63 baie meer krag. Daar is hoop dat ‘n V8 C63 in die nabye toekoms die 4-silinder sal vervang.
Lees minderBeskikbare voertuie: 170
-
E Class
Gesoute Mercedes kenners glo dat hierdie die beste waarde driepuntster voertuie is.Die Duitse luukse sedan mark is ‘n breukdeel van wat... Lees meerGesoute Mercedes kenners glo dat hierdie die beste waarde driepuntster voertuie is.
Die Duitse luukse sedan mark is ‘n breukdeel van wat dit was in die laat 1990s. Maar as jy glo dat luukse SUVs wensdenkery is, bied E-Klass ‘n goeie weeldewa keuse.
E-Klass het ‘n laer swaartepunt as enige luukse SUV, uitstekende onderstel kenmerke en al die tegniese ontwikkeling waarvoor Mercedes-Benz bekend is. Hierdie voertuie kan 1000km per dag aflê in uiterse gemak vir passasiers. Mits jy nooit enige grondpad ompaaie wil ry nie.
Die beste koop is E220d met ‘n baie doeltreffende turbodiesel enjin wat 440Nm. Daai wringkrag syfer is oorgenoeg is vir sterk verbyvermoë wanner dit benodig word. E220d kan ook naby 6l/100km kom op die ooppad, wat ongelooflik goeie brandstofverbruik is vir ‘n groot luukse motor.
Soos met enige Mercedes-Benz is die opsielys lank en die koopprys styg vinner wanneer jy kieskeurig raak.
Lees minder
Die een tegniese opsie wat baie waarde het, is E-Klass se agterwielstuur stelsel. Dit het die vermoë om ‘n E-Klass so klein soos ‘n CLA te laat voel wanneer jy moet parkeer. En verbeter ook hoësnelheid stuurvermoë, as jy moet uitswaai om ‘n ongeluk te voorkom.Beskikbare voertuie: 24
-
G Class
Uiters gesogte luukse veldvoertuig wat baie kleiner as Range Rover se modelle is. Mercedes-Benz se Geländewagen is ongelooflike gewil... Lees meerUiters gesogte luukse veldvoertuig wat baie kleiner as Range Rover se modelle is.
Mercedes-Benz se Geländewagen is ongelooflike gewild, al is die ontwerp baie verouderd en die binneruim besonders klein.
Met ‘n staal leerraam onderstel is Geländewagen ontwerp vir geharde veldryroetes. Maar die werklikheid is dat meeste van hierdie voertuie as luukse spogmotors besit word.
Geländewagen is baie kleiner as ‘n Range Rover. Dit maak hierdie Mercedes-Benz veldwa baie makliker op in stadsverkeer te bestuur en in nou parkeerruimtes in te kry.
Maar die staal leerraam onderstel en verouderde ontwerp beteken ook dat Geländewagen ‘n klein binneruim het. Agter passasier beenruimte is beperk en die laairuimte is lagwekkend klein. Iets wat vererger word deur sitplekke wat nie platvou nie.
Meeste Suid Afrikaanse Geländewagens is G63 AMG weergawes. Met teveel krag vir die hoë grondvryhoogte en staal leerraam onderstel is G63’s nie ‘n goeie bestuurservaring nie.
Nog erger is die G580 EQ. Hierdie battery aangedrewe Geländewagen is verstommend swaar, wat dravermoë erg beperk. Reikafstand is minder as 400km. G580 EQ se G-draai funksie is ook net ‘n simpelheid.
Soek jy ‘n egte Geländewagen ervaring? G450d is ‘n uitstekende luukse veldwa en stadsvoertuig. Met daai 285kW inlyn-ses turbodiesel wat oorgenoeg verbysteekvermoë het op die langpad en besonder lae diesel verbruik wanneer jy deur Namibië wil gaan toer.
Lees minderBeskikbare voertuie: 12
-
GL Class
Reuse Mercedes-Benz weeldewa met meer veldryvermoë as enige soortgelyke BMW. As jy ‘n S-Klass soek wat orals kan gaan, is GLS die antw... Lees meerReuse Mercedes-Benz weeldewa met meer veldryvermoë as enige soortgelyke BMW.
As jy ‘n S-Klass soek wat orals kan gaan, is GLS die antwoord. Met die byvoordele van ‘n derde-ry sitplekke en ʼn magdom pakplek.
GLS deel ‘n onderstel met S-Klass wat dit besonders goeie hoësnelheid stabiliteit gee, met lae binneruim geraasvlakke.
Wat GLS anders as BMW se X7 maak, is dat die Mercedes-Benz nog sterk veldryvermoë het.
Kies ‘n GLS met die opsionele veldry pakket en jy kry lugvering, 30mm meer grondvryhoogte, ‘n laestrekratkas en ewenaarslot. Alles tegniese kenmerke wat nie beskikbaar is op BWM X7 nie. GLS kan selfs loskom as dit in sand vassit deur ‘n voertuigverstellings te kies waar die lugvering op-en-af beweeg om gronddruk te wissel en vastrapplek te verbeter.
As jy ‘n reuse weelde 7-sitplek voertuig begeer met werklike veldryvermoë… Dan is GLS alles wat jy sou verwag in ‘n S-Klass veldwa. Wees net bewus dat daar geen noodwiel is nie, wanneer jy daai Namibië selfry vakansie beplan.
GLS is duur en standaard toerusting is min. Maar vir plaaslike grondpaaie en daai luukse Kalahari hotel bestemmings, bied GLS werklik ‘n S-Klass veldry ervaring. Bly net weg van die opsionele 23-duime wiele.
Lees minderBeskikbare voertuie: 13
-
GLA
Klein kruisvoertuig van Mercedes-Benz met beknopte kopruimte maar baie lae brandstofverbruik.GLA se ontwerp veroosaak min kopruimte vir... Lees meerKlein kruisvoertuig van Mercedes-Benz met beknopte kopruimte maar baie lae brandstofverbruik.
GLA se ontwerp veroosaak min kopruimte vir lang agtersitplek passasiers. En boonop is die bagasieruim ook baie kleiner as ‘n BMW X1 sin. Met GLA kies jy versekr voorkoms bo veelsydigheid.
Soos met A-Klass is die binneruim afwerking en materiale nie wat jy verwag vir ‘n Mercedes-Benz nie. Maar die MBUK digitale tikskerm stelsel werk goed en skakel moeiteloos met jou slimfoon.
Hoësnelheid stabiliteit is goed maar GLA se vering is te hard verstel vir plaaslike paaie, veral as jy graag grondpad ompaaie ry. GLA 45 AMG weergawe is heeltemal sinneloos op Suid Afrikaanse paaie.
As jy werklik ‘n klein Mercedes kruisvoertuig wil besit, is GLA 220d ‘n knap keuse. Die 2.0 turbodiesel enjin is verstel vir lae branstdofverbuik, nie verrigting nie. Dit het slegs 110kW en 320Nm wringkrag, wat lae enjinsyfers is vir ʼn duur 2.0 turbodiesel. Maar op die ooppad kan brandstofverbruik onder 5l/100km draai.
Lees minderBeskikbare voertuie: 78
-
GLB
Mercedes-Benz se kleiner 7-sitplek voertuig waarvan min mense weet.Vir kopers wat ‘n kleiner driepuntster sportnustvoertuig met ‘n derd... Lees meerMercedes-Benz se kleiner 7-sitplek voertuig waarvan min mense weet.
Vir kopers wat ‘n kleiner driepuntster sportnustvoertuig met ‘n derde-ry sitplekke begeer, binne ‘n begroting, is GLB die antwoord.
Knap bakvorms en voorkoms, met ‘n slim binneruim verpakking wat daai derde-ry sitplekke toelaat. Maar al is GLB se derde-ry sitplekke ‘n redding vir skolesport op Saterdae, is die algehele binneruim gehalte baie gemiddeld vir ‘n Mercedes.
Die beste koop is ‘n GLB 220d. Jy het al daai turbodiesel enjin se 400Nm wringkrag nodig wanneer ‘n GLB volgelaai is met sewe insittendes en hul bagasie. Met ‘n 8-spoed dubbelkoppelaar ratkas voel die GLB 220d heel rats teen lae snelhede, omdat die ratskakeling so flink is.
Veringverstelling is bietjie te hard vir plaaslike paaie. Maak seker om die standaard 18-duim wiele te kies, wat groter bande loop vir jou risiko vir skade met ʼn slaggat trefslag verminder.
Lees minderBeskikbare voertuie: 28
-
GLC
Waarskynlik die belangrikste enkelmodel vir Mercedes-Benz Suid Afrika. Maar ook een van die beste voertuie met ‘n driepuntster kenteken... Lees meerWaarskynlik die belangrikste enkelmodel vir Mercedes-Benz Suid Afrika. Maar ook een van die beste voertuie met ‘n driepuntster kenteken.
GLC se buite ontwerp en bakwerk getuig van styl en goeie smaak. Die binneruim is bietjie te digitaal en het teveel hoëglans afwerking wat spotmaklik is om te krap. Bagasieruim is (ietwat) groter as ‘n X3 sin.
Standaard toerustinglys is maar yl en die GLC is alles behalwe goedkoop. Maar die indiepte ingenieurswese en tegniese kenmerke is alles wat jy verwag van ‘n ware Mercedes-Benz.
GLC bied ‘n uitstekende sportnustvoertuig bestuurservaring met reaksies en ritgehalte wat eg is tot Mercedes-Benz se luukse voertuig erfenis.
Agteras stuur en lugvering is opsioneel en sonder twyfel die geld werd. Agteras stuur maak GLC makliker as ‘n A-Klass om te parkeer en verbeter ook die hoësnelheid nood stuuraksie.
Lugvering gee GLC ‘n ritgehalte wat jy sou verwag in ‘n weeldemotor. BMW bied nie lugvering as ‘n opsie op X3 nie.
Daar is AMG modelle wat veels te veel enjinkrag het vir stamperige Suid Afrikaanse paaie en min werklike bestuursgenot lewer.
Die beste koop is ‘n GLC300d. Met ‘n turbodiesel enjin wat 550Nm lewer, het GLC300d besonders goeie hoësnelheid verbysteekvermoë en baie lae dieselverbruik. Wat dit ‘n voortreflike langpad toermotor maak.
Lees minderBeskikbare voertuie: 118
-
GLE
Mercedes-Benz se groot sportnutsvoertuig was besonder goeie veldryvermoë het.Binneruim is groot en baie gemaklik. Met werklik uitsteken... Lees meerMercedes-Benz se groot sportnutsvoertuig was besonder goeie veldryvermoë het.
Binneruim is groot en baie gemaklik. Met werklik uitstekende stoffering vir die sitplekke, wat ongelooflik gemaklik is, selfs wanneer jy 1000km in a dag met die GLE doen.
Soos meeste Mercedes-Benz modelle is standaard toerusting baie skraps, so die koopprys klim steil wanneer jy begin kies en keur met die opsies. GLE het ook ‘n paar baie gemiddelde afwerkingspunte, wat nie sou verwag in ‘n Mercedes-Benz weeldemotor nie.
Anders as X5, het GLE nog sterk veldry kenmerke. Mercedes-Benz bied ‘n veldry pakket, wat ‘n laestrekratkas en agterste ewenaarslot insluit. Lugvering help ook om ‘n GLE met die veldry pakket 290mm maksimum grondvryhoogte te gee, wat meer is as enige Land Cruiser of Ford se Ranger Raptor.
Bly weg van die 21/22-duime wiele, wat mors met die GLE se ritgehalte. Kies altyd die 19-duim wiele en lugvering, wat uitstekend saamwerk om hierdie luukse veldwa werklike weeldemotor ritgehalte te gee.
Beste koop is die GLE 450d. Met ‘n turbodiesel enjin en 750Nm wringkrag, het GLE 450d besonder sterk snelweg verbysteekvermoë. En as jy netjies bestuur kan diesel verbruik onder 8l/100km, wat besonder laag is vir ‘n groot weelde veldwa.
Lees minderBeskikbare voertuie: 82
-
S Class
Kenners weet dat S-Klass altyd die maatstaf is vir luukse motors.Vir dekades is S-Klass die standaard waarteen ander luukse voertuie ge... Lees meerKenners weet dat S-Klass altyd die maatstaf is vir luukse motors.
Vir dekades is S-Klass die standaard waarteen ander luukse voertuie gemeet is.
Mercedes-Benz se huidige S-Klass is nie meer die wêreldleier met binneruim digitale tegnologie nie. Dit is ‘n feit dat daar nou Sjinese luukse voertuie is wat beter skerms en digitale binneruim tierlantyntjies bied.
Maar wanneer dit kom by binneruim sitplek gemak en langpad toervermoë, is S-Klass steeds in ‘n klas van sy eie.
Die Duitse ingenieursvernuf word duidelike wanneer jy ‘n S-Klass uit Gauteng, kus toe bestuur. Hoëspoed baanvastigheid en ritgehalte is ongeëwenaar.
Om die beste S-Klass ervaring te hê moet jy wegbly van die AMG-weergawes, wat op laeprofiel bande loop wat die ritgehalte belemmer.
Ironiese genoeg is die beste S-Klass ‘n intreevlak model: die S350d. Aangedryf deur een van die wêreld se beste in-lyn sessilinder turbodiesel enjins bied S350d ‘n ongewenaarde balans tussen snelwegvermoë en verbasend lae brandstofverbruik vir so ‘n groot luukse motor.
Lees minderBeskikbare voertuie: 7