Mitsubishi
Mitsubishi is ’n hoëgehalte- Japanese aanbod met ’n baie goeie stamboom.
Dié handelsmerk spog met ’n trotse geskiedenis in Suid-Afrika wat oor 40 jaar strek.
Stuurwiel beveel hierdie uitstekende handelsmerk hoog aan.
Models
-
ASX
Mitsubishi se ietwat verouderde kruisvoertuig in die plaaslike mark.Verouderde ontwerp beteken dat binneruim spasie baie min is. Maar s... Lees meerMitsubishi se ietwat verouderde kruisvoertuig in die plaaslike mark.
Verouderde ontwerp beteken dat binneruim spasie baie min is. Maar soos met alle Mitsubishi’s, is die bougehalte uitstekend.
Wat ASX belangwekkend maak, is dat dit een die min kleiner kruisvoertuie is met ‘n onaangejaagde 2-liter petrol enjin.
Daai ongestresde 2-liter voel bietjie swak in die hoëveld se dun lug, maar oor die langtermyn gaan dit altyd meer betroubaar en goedkopers wees om in stand te hou. As ‘n vergelykende turbopetrol of turbodiesel.
As jy ‘n meganies beproefde 2-liter klein kruisvoertuig soek, met goeie grondvryhoogte (205mm) vir bietjie grondpad ry, bied ASX betroubare waarde.
Lees minderBeskikbare voertuie: 16
-
Outlander
Nog ‘n slimkop grondpad toervoertuig van Mitsubishi.Outlander het dalk nie diesel enjins nie, maar dit het alles wat jy benodig van ‘n ... Lees meerNog ‘n slimkop grondpad toervoertuig van Mitsubishi.
Outlander het dalk nie diesel enjins nie, maar dit het alles wat jy benodig van ‘n 7-sitplek gesinsvoertuig wat moet grondpad toer as dit vakansietyd is.
Met ‘n skaflike 210mm grondvryhoogte en Mitsubishi se knap vierwieltrek stelsel loop Outlander met vertroue op los oppervlak Karoo grondpaaie.
Oorgenoeg bagasieruimte ook, met 781-liter pakplek as die derde ry sitplekke weggevou is.
Outlander se 2.4 petrol enjin is bietjie flou in die hoëveld se dun lug. En daai 55-liter brandstoftenk is bietjie klein vir langafstand toer, veral as die Outlander vol gelaai is en meer brandstof begin gebruik.
Sjinese 7-sitplek gesinsvoertuie bied baie meer toerusting en kragtiger enjins. Maar as jy ‘n 7-sitplek gesinsvoertuig soek, wat goed op grondpad kan loop, met uitstekende bougehalte en lae diefstalrisiko, is Outlander ‘n slim keuse.
Lees minderBeskikbare voertuie: 4
-
Outlander Sport
Knap klein kruisvoertuig van Mitsubishi. Met bougehalte en meganiese duursaamheid wat jy van die Japannese verwag. En ʼn treffende voork... Lees meerKnap klein kruisvoertuig van Mitsubishi. Met bougehalte en meganiese duursaamheid wat jy van die Japannese verwag. En ʼn treffende voorkoms.
Binneruim is goed toegerus en Outlander Sport se veringstelsel is heel geskik vir Suid Afrikaanse grondpaaie, met 195mm se grondvryhoogte.
Die probleem is enjinkrag en gewig. Hierdie Mitsubishi weeg meer as 1700kg en die 1.5-liter petrol enjin maak slegs 77kW. Teen Gauteng hoogtes bo seespieël is die krag-na-gewig syfers net te beskeie, met baie flou snelweg verrigting, veral as dit by verbysteek versnelling kom.
Hierdie is ‘n klein kruisvoertuig met ‘groot voertuig’ bestuursgevoel, maar word deur ‘n flou enjin in die steek gelaat. Daar is net teveel Sjinese teenstanders met 1.5-liter turbopetrol enjins wat baie meer krag maak, vir sterker snelweg verrigting.
Lees minderBeskikbare voertuie: 7
-
Pajero Sport
Die geheime 7-sitplek gesins veldwa, wat meeste mense ten gunste van Fortuner ignoreer.Pajero Sport het ‘n beter derde ry sitplek stels... Lees meerDie geheime 7-sitplek gesins veldwa, wat meeste mense ten gunste van Fortuner ignoreer.
Pajero Sport het ‘n beter derde ry sitplek stelsel as Fortuner, omdat die Mitsubishi se heel agterste sitplekke in die vloer invou, pleks van sywaarts.
Binneruim is gemiddeld maar baie goed aanmekaar gesit.
Pajero Sport se 2.4 turbodiesel steek af by Fortuner se 2.8 vir krag, teen dieselfde prys. Maar het ‘n baie beter 8-spoed outomatiese ratkas, vergelykend met die Toyota se ouskool 6-spoed.
Op grondpaaie is Pajero Sport sonder mededinging. Daai SuperSelect 4x4 stelsel bied meer meganiese koppeling opsies as Fortuner, met aanpasbare wringkrag tussen die aste, vir die beste beheer teen hoe snelhede op sinkplaat grondpaaie.
Anders as Fortuner, is daar amper geen kaping of diefstal risiko met ‘n Pajero Sport nie. Dit is die kenner se 7-sitplek leerraam sportnustvoertuig.
Lees minderBeskikbare voertuie: 28
-
Triton
Sonder twyfel die mees onderskatte bakkie in Suid Afrika. Klein reeks het nie die enjin of afwerking opsies van Hilux of Ranger nie, ma... Lees meerSonder twyfel die mees onderskatte bakkie in Suid Afrika. Klein reeks het nie die enjin of afwerking opsies van Hilux of Ranger nie, maar Triton het ‘n beter 4x4 stelsel as beide.
Mitsubishi se laestrekratkas het twee 4H stellings, pleks van slegs een – soos ander dubbelkajuit bakkies. Want aandrywing was slegs in ‘n 50:50 wringkrag verdeling tussen die voor en agteraste sluit, is nie wat jy soek op ʼn hoëspoed Karoo grondpad nie.
Triton kan in 4H met ‘n aanpasbare middelewenaar loop. Dit beteken wringkrag word gewissel tussen die voor en agteraste, wat baie beter stuurgevoel en veiligheid bied op hoespoed grondpaaie.
Die 2.4 diesel enjin is nie besonder sterk nie. Maar Mitsubishi se meganiese bougehalte en betroubaarheid is legendaries. En beste van alles, daar is amper geen kaping of diefstalrisiko met ‘n Triton nie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 24