Nissan logo

Nissan

Nissan bied ’n reeks van 24 voertuie onder die Nissan-, INFINITI- en Datsun-handelsmerke aan, insluitend die gewilde, plaaslik vervaardigde ligte kommersiële voertuie: die NP200-halftonbakkie en die een ton NP300 Hardbody.

Nissan is ’n leier in die oorgangs- (“cross -over) segment. Onder sy produkaanbiedinge tel die splinternuwe Nissan Qashqai en die X-Trail.

Stuurwiel slaan een van Japan se beste handelsmerke baie hoog aan – en met Nissan kan jy!

Models

6 resultate
  • Magnite Image

    Magnite

    Intreevlak kruisvoertuig wat ‘n tweeling is van die Renault Kriger.Skaflike digitale skerms, maar die binneruim afwerking voel baie goe... Lees meer

    Intreevlak kruisvoertuig wat ‘n tweeling is van die Renault Kriger.

    Skaflike digitale skerms, maar die binneruim afwerking voel baie goedkoop. Veiligheidskenmerke is lofwaardige, veral vir ‘n intreevlak voertuig. Alle Magnite modelle het 6 lugsakke, elektroniese stabiliteitsbeheer en banddruk monitering.

    Magnite se 1-liter turbo enjin spook om redelike verrigting te lewer. Die turboaanjaer het ‘n baie aan/af kalibrasie, wat ‘n Magnite turbo moeite maak om in druk stadsverkeer te bestuur. Die nie-turbo 1-liter is amper te stadig om te bestuur op die hoëveld.

    Grondvryhoogte is redelik teen 205mm, met goeie vering vir so ‘n goedkoop motor. Dit maak Magnite heel gangbaar vir bietjie grondpad ry.

    Suzuki se Fronx voel soos ‘n beter klein kruisvoertuig en Chery se Tiggo 4 lewer baie meer enjin krag, verrigting en toerusting.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 575

  • Navara Image

    Navara

    Die dubbelkajuit wat steeds soos ‘n bakkie lyk. Navara is dalk amper ‘n dekade oud maar die ontwerp lyk nog treffend.Nissan se 2.5 turb... Lees meer

    Die dubbelkajuit wat steeds soos ‘n bakkie lyk. Navara is dalk amper ‘n dekade oud maar die ontwerp lyk nog treffend.

    Nissan se 2.5 turbodiesel enjin het nie die krag om te vergelyk met ‘n Ranger 2.0 BiTurbo of Hilux 2.8 nie. Die Toyota en Ford het sterker verbysteek- en sleepvermoë.

    Enigste dubbelkajuit bakkie met kronkelvere op die agteras en wat ‘n vol 1000kg vrag in die laaibak kan dra (Ranger Raptor het ook kronkelvere, maar baie laer vrag dravermoë). Met daai kronkelveer agteras het Navara beter ritgehalte en hoësnelheid stabiliteit op sinkplaat grondpaaie as ander bakkies.

    Binneruim voel oud, met gemiddelde afwerking en beknopte agtersitplek beenruimte.

    Nissan is nie meer die krag wat dit eens op ‘n tyd in die plaaslike bakkie mark was nie. Maar onthou dat toe Mercedes-Benz ‘n bakkie platform vernoot moes kies vir X-Klass, het die Duitsers besluit op Navara…

    Warrior weergawe bied sterk veldryvermoë sonder om snelweg gemak in te boet.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 400

  • NP200 Image

    NP200

    Nissan se voorwielaandrewe plaasvervanger vir die legendariese 1400 bakkie.NP200 is ontwerp om baie meer dravermoë en binneruim gemak t... Lees meer

    Nissan se voorwielaandrewe plaasvervanger vir die legendariese 1400 bakkie.

    NP200 is ontwerp om baie meer dravermoë en binneruim gemak te bied as die 1400 en het heelwat Renault onderdele.

    Die diep laaibak is hoog praktiese en NP200 het 800kg dravermoë, wat baie meer is as meeste voorwieltrek kompakte bakkies.

    Binneruim is redelik gemaklik, selfs vir lang bestuurders.

    Nissan Suid Afrika het van 2008 tot 2024 die NP200 plaaslike gebou. Dit beteken daar is volop onderdele beskikbaar vir hierdie bakkies. Maar soos alle plaaslike geboude bakkies en klein voertuie, is die diefstalrisiko met NP200 hoog.

    Meganies is hierdie bakkies baie betroubaar. Die 1.6-liter petrol enjin het slegs een nokas en 8 kleppe, wat dit baie maklik maak om te diens. Maar hierdie NP200 1.6 is baie lui op die hoëveld, veral met ‘m vol vrag in die laaibak.

    Die beste NP200 om te koop is enige 1.5 dCi turbodiesel model. Hierdie Renault turbodiesel enjins is duursaam en met 200Nm wringkrag, loop hulle maklik op die snelweg, met ‘n 800kg vrag.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 117

  • NP300 Image

    NP300

    Nissan se kanniedood dubbelkajuit.NP300 is plaaslik gebou van die laat 1990s tot 2021, lank na dit in baie ander wêreldmarkte uitgetree... Lees meer

    Nissan se kanniedood dubbelkajuit.

    NP300 is plaaslik gebou van die laat 1990s tot 2021, lank na dit in baie ander wêreldmarkte uitgetree het. Dit beteken daar is ‘n groot aanbod tweedehandse NP300 bakkies en onderdele in die Suid Afrikaanse mark.

    Binneruim gemak, snelweg geraasvlakke en botsingveiligheid is gemiddeld tot swak. Maar kopers wat belang stel in NP300, is opsoek na die betroubaarheid van daai eenvoudige turbodiesel enjin en staal leerraam onderstel.

    Daar is sluitweerremme en lugsakke op die dubbelkajuit modelle, maar geen elektroniese stabiliteitbeheer nie. Die kajuit se kop-aan-kop botsingveiligheid is besonder swak.

    NP300 se aantrekking is die beproefde 2.5 turbodiesel enjin. Dit lewer 304Nm wringkrag, wat genoeg vir ‘n volgelaaide NP300. Hierdie 2.5 turbodiesel is  ook redelik bestand teen swak gehalte diesel en bekostigbaar om te diens.

    Vanweë die NP300 se ou ontwerk, rol dit nog op 16-duim wiele, wat baie meer goedkoop keuses bied vir veldry bande. NP300 se 240mm grondvryhoogte maak dit ʼn skaflike veldry bakkie.

    As jy ‘n waarde turbodiesel dubbelkajuit soek wat enige plek in Suid Afrika gediens kan word en strawwe grondpaaie kan hanteer, is NP300 ‘n opsie.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 0

  • Patrol Image

    Patrol

    Die enigste ander veldvoertuig wat Land Cruiser eienaars agting voor het.Vir dekades is Patrol die enigste ware teenstander vir Toyota ... Lees meer

    Die enigste ander veldvoertuig wat Land Cruiser eienaars agting voor het.

    Vir dekades is Patrol die enigste ware teenstander vir Toyota se luukse Land Cruisers. Met baie eenderse tegniese kenmerke: ‘n taai staal leerraam onderstel, meganies sluitbare ewenaars, en geen lugvering nie.

    Patrol is ‘n reuse veldwa wat dit moete maak in stadsverkeer. En ‘n nagmerrie maak in enige winkelsentrum se parkterrein. Maar die binneruim is luuks en as ‘n langpad toervoertuig is dit baie gemaklik.

    Geen diesel enjins nie, maar die 5.6-liter V8 petrol enjin is hoogs betroubaar en kragtig. In baie opsigte is Patrol die beste luukse sleepvoertuig wat jy kan koop.

    Brandstofverbruik is skrikwekkend swaar, so jy moet noukeurig enige langafstand veldry roete beplan, vir beskikbare hervullingspunte.

    Op sinkplaat Karoo paaie, diep Kalahari rooiduin sand spore, en in die taaiste berg 4x4 roetes, is ‘n Patrol stasiewa amper onkeerbaar op veldry bande.

    Patrol se aste en ewenaars is oor die afgeneem meer duursaam as ‘n Land Cruiser 200 of 300 sin. As jy ‘n luukse veldwa soek met geharde 4x4 vermoë en sonder die diefstal of kaping risiko van ‘n Land Cruiser 200 of 300, is ‘n Patrol die enigste keuse.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 11

  • X-Trail Image

    X-Trail

    Was op ‘n tyd een van Suid Afrika se gewildste middelslag avontuur voertuie vir stadsjapies. Maar X-Trail het nie meer al die tegniese ... Lees meer

    Was op ‘n tyd een van Suid Afrika se gewildste middelslag avontuur voertuie vir stadsjapies. Maar X-Trail het nie meer al die tegniese kenmerke wat dit in die vroeë 2000s so gewild gemaak het nie.

    Ontwerp en binneruim heel skaflik, maar die enjin voel verouderd.

    X-Trail se reputasie is gebou op turbodiesel enjins wat goeie verrigting en lae diesel verbruik gelewer het. Die huidige reeks bied net een 2.5 petrol enjin, wat flou voel op die hoëveld en veels te swaar is op brandstof vir die verrigting wat dit lewer.

    Ritgehalte bly een tegniese kenmerk waar X-Trail nog sterk staan in die mark. As jy ‘n toervoertuig soek wat met goeie stuurvastigheid en beheer bietjie grondpad kan ry, voldoen X-Trail aan behoeftes.

    Maar daar is net teveel beter enjin opsies beskikbaar in hierdie marksegment van Toyota, Kia, Hyundai en ‘n magdom Sjinese modelle.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 82

KYK HIERNA

KOOP OF VERKOOP JOU VOERTUIG – DIE SLIM MANIER

Op soek na 'n splinternuwe voertuig!
Ons Voertuig Concierge diens neem die stres uit die koopproses deur die regte voertuig vir jou te vind en namens jou met ons betroubare handelaarsnetwerk te onderhandel. Dit bespaar jou tyd, geld en onnodige moeite.

Wil jy jou voertuig verkoop!
Ons is aktief op soek na lae kilometer, uitstekende gehalte voertuie, veral dié wat gemiddeld minder as 15 000 km per jaar ry. Ons bied 'n deursigtige, moeitevrye proses met mededingende aanbiedinge, sodat jy jou voertuig vinnig, maklik en teen die beste moontlike waarde kan verkoop.
Help

Hoe kan ons Jou help?

BEKYK VERGELYKINGS

VERGELYK RYGOED

Jy het rygoed gekies.

Geen rygoed is bygevoeg om te kan vergelyk nie

Sluit Vergelyk

VEELVULDIGE REKENINGS GEVIND Close button

Ons het verskeie rekenings gevind wat aan dié e-posadres gekoppel is.
Kies asseblief ’n rekening om in te teken:

    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Voertuignavraagterugvoer

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    TERUGVOER: HELP MY SOEK

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Logo
    Concierge service logo
    Close button

    Jou ryding is suksesvol opgelaai!

    Ons het ’n e-pos aan jou gestuur. Bevestig asseblief jou e-posadres.

    hammer-icon

    Geluk, hoor!

    Keer terug webtuiste toe.