Renault logo

Renault

Renault is ’n internasionale maatskappy met Franse wortels en ’n geskiedenis wat oor 115 jaar heen strek.

Dit is teenwoordig in 128 lande danksy ’n unieke alliansie met Nissan en ander strategiese vennootskappe – voorwaar ’n gedugte krag waarmee rekening gehou moet word.

Suid-Afrikaners het ’n gevestigde liefde vir dié uiters sjiek nisproduk.  

Stuurwiel is trots daarop om die beste keur van Renaults op die internet te bied.

Models

5 resultate
  • Captur Image

    Captur

    Met Clio se uittrede, is hierdie nou die egte Renault vir Suid Afrikaanse gesinsmotor kopers. Captur het laat in 2025 ‘n vernuwing geha... Lees meer

    Met Clio se uittrede, is hierdie nou die egte Renault vir Suid Afrikaanse gesinsmotor kopers. 

    Captur het laat in 2025 ‘n vernuwing gehad. Bakvorm en ontwerp is suiwer Frans, en lyk beter as meeste Sjinese of Asiatiese mededingers. Binneruim is tipies Renault, met goedkoop afwerking, maar slim uitleg, en ‘n 10.4-duim tikskerm inligting en vermaakstelsel. Digitale vermoë en skakeling met jou slimfoon is sorgloos.

    Franse ontwerpers weet hoe om baie ruimte in klein voertuie te skep. En die Captur het ‘n reuse laairuimte. Agtersitplekke kan 160mm vorentoe skuif, wat die laairuimte 616-liter maak. As vergelyking, dit is slegs 15% kleiner as die Fortuner, wat ‘n baie groter voertuig is.

    Captur word in Spanje gebou en is ‘n egte Europese Renault, nie soos die Kwid, wat in Indië gemaak word nie. Dit beteken uitstekende ritgehalte en hoësnelheid stabiliteit wat jou sou verwag van ‘n Renault.

    Enjin en ratkas keuses is ‘n gemengde saak. Captur se 1.3 turbopetrol enjin maak netjiese syfers: 113kW en 270Nm. Snelweg verrigting is goed op die hoëveld, maar brandstofverbruik is hoog.

    Die probleem is dat daar slegs een ratkas keuse is: ‘n 7-spoed dubbelkoppelaar. Hierdie ratkaste skakel flink, maar hulle kan lelike koppelaar slytasie opdoen as jy daagliks in druk verkeer, teen kruipspoed bestuur.

    Captur is duur in vergelyking met Sjinese kruisvoertuie. Maar bied ‘n baie beter bestuurservaring. Beste koop? Die intreevlak Techno weergawe, wat op 17-duim wiele met 215/60 bande loop, wat die beste ritgehalte het op Suid Afrikaanse paaie.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 40

  • Duster Image

    Duster

    Franse grondpad model wat Renault se beeld in Suid Afrika herstel het.Vir baie Suid Afrikaners wat ‘n grondpad toer voertuig soek, maar... Lees meer

    Franse grondpad model wat Renault se beeld in Suid Afrika herstel het.

    Vir baie Suid Afrikaners wat ‘n grondpad toer voertuig soek, maar nie die swak snelweg verrigting  of lae veiligheid van ‘n Jimny wou hê nie, was Duster altyd die oplossing.

    Die jongste Duster is ‘n baie moderne ontwerp. Maar van die grondpadvermoë wat hierdie Franse voertuie so gewild onder Suid Afrikaners gemaak het, het verwaag met die nuwe weergawe.

    Jy kry steeds ‘n volgrootte noodwiel, en baie goeie veiligheidskenmerke, met ses lugsakke en elektroniese stabiliteitbeheer.

    Eerste probleem is wielgrootes. Jy kan slegs kies tussen 17- of 18-duim wiele, pleks van die vorige geslag Duster se kleiner 16-duim wiele, het baie groter bande toegelaat, wat meer kloukrag en sagter ritgehalte bied op sinkplaat grondpaaie.

    Maar verreweg die grootste teleurstelling met nuwe Duster, is die gebrek aan ‘n diesel enjin. Renault se 1.5 turbodiesel in die vorige geslag Duster was bekend vir ongelooflik lae diesel verbruik, en sterk verbysteekvermoë op die snelweg.

    Die enjin keuses is nou ‘n 1.3 turbopetrol, wat goeie verrigting op die hoëveld bied met 113kW. Of ‘n 1.2 hibried petrol, met 230Nm, in die Duster vierwieltrek. Maar nie een van hierdie enjins is beter as die ou Duster se 1.5 turbodiesel nie.

    Die vierwieltrek Duster het 217mm grondvryhoogte, wat netjies is. Maar die 1.2 hibried petrol is ʼn probleem. Die Duster se vierwieltrek stelsel en kloubeheer is te beperkend. Dit laat eenvoudig nie genoeg  enjinkrag of wielglip vir sand-ry of ligte veldry roetes nie.

    Duster is nou meer van ‘n stedelike kruisvoertuig as die geliefde grondpad avontuur winskoop wat dit was.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 95

  • Kiger Image

    Kiger

    Oulike winskoop gesinsmotor van Renault.Kiger is een van die Renault modelle wat ontwerp is vir ontluikende markte soos Suid-Afrika, ni... Lees meer

    Oulike winskoop gesinsmotor van Renault.

    Kiger is een van die Renault modelle wat ontwerp is vir ontluikende markte soos Suid-Afrika, nie Europa nie. Bestuurservaring is nie soos ‘n ware Franse Renault nie, maar Kiger het redelik selfvertoue op grondpaaie, vanweë die 206mm grondvryhoogte.

    Anders as baie ander voertuie wat in Indië gebou word, het Kiger redelik goeie botsingsveiligheid. In botsingtoetse, is die Kiger se struktuur baie stabiel.

    Renault het Kiger verfraai met ‘n nuwe ontwerp in laat 2025 en onder die blink voorkoms is baie ruimte. Die agtersitplekke het oorgenoeg plek vir gemaklike langpad ure vir passasiers. Daar is ook 405-liter bagasieruimte, wat besonder groot is vir so ‘n klein voertuig.

    Kiger is swakplek is die enjin. Renault se 1-liter 3-silinder enjin is baie betroubaar, omdat dit nie ‘n turboaanjaer het nie. Maar dit maak baie min krag. Op die hoëveld is Kiger se 53kW net nie genoeg vir ‘n volgelaaide voertuig nie.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 266

  • Kwid Image

    Kwid

    Die Renault wat Franse nie kan koop nie.Kwid mag dalk ‘n Renault kenteken hê, maar dit is ontwerp vir ontluikende markte met swak paaie... Lees meer

    Die Renault wat Franse nie kan koop nie.

    Kwid mag dalk ‘n Renault kenteken hê, maar dit is ontwerp vir ontluikende markte met swak paaie. Dit is ook hoekom dit in Indië gebou word. En die veiligheidskenmerke is so laag, dat Renault nie die Kwid in Europa mag verkoop nie...

    Die bakvorms is oulik en 279-liter bagasieruimte is nie te versmaai in so ʼn klein voertuig nie. Binne is daar op alle modelle behalwe die intreevlak model ‘n 8-duim tikskerm inligting en vermaakstelsel binne, wat moeiteloos met jou Slimfoon saamwerk.

    Maar Kwid bestuur niks soos die erfenis van gehalte Renault klein voertuie soos Clio of Twingo nie. Dit is raserig en onverfyn. Bygesê, die Kwid het 180mm se grondvryhoogte, so as jy ‘n slaggat trap of bietjie grondpad moet ry, is dit skaflik.

    Kwid se 1-liter 3-silinder enjin het slegs 50kW, so enige snelweg roete is maar ‘n gesukkel op die hoëveld.

    Die grootste kwessie met Kwid, is veiligheid. Daar is wel twee voorste lugsakke en sluitweerremme, maar geen elektroniese stabiliteitbeheer nie. En omdat Kwid in Indië gebou word, is die strukturele botsingveiligheid besonder swak, met slegs ‘n 1-ster gradering in GNCAP toetse.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 211

  • Sandero Image

    Sandero

    Soos Duster, het Sandero naam gemaak vir Renault in Suid AfrikaDie geharde luikrig het in 2022 uit die mark getree, maar daar is nog vo... Lees meer

    Soos Duster, het Sandero naam gemaak vir Renault in Suid Afrika

    Die geharde luikrig het in 2022 uit die mark getree, maar daar is nog volop gebruikte Sanderos om van te koop. Hierdie luikrûe het besonder goeie grondpadvermoë en kan sonder moeite op swak padoppervlaktes klaarkom.

    Van die ouer Sanderos, net die baie betroubare 1.6-liter enjin, het baie hoe myle. Maar omdat hierdie voertuie ‘n tweeling van die Nissan NP200 bakkie is, is daar ook volop plaaslike onderdele vir nadiens en tegniese instandhouding.

    Renault laaste geslag Sanderos wat tot en met 2022 plaaslike verkop is, het ‘n klein 0.9-liter turbopetrol gehad. Nie lig op brandstof nie. Maar met 66kW en 135Nm, was verrigting skaflik, veral op die hoëveld, waar daai turboaanjaer help om te kragverlies te verminder.

    Beste koop? Soek ‘n Stepway weergawe. Hoekom? Die Stepway het 193mm grondvryhoogte, was dit beter grondpadvermoë gee as amper enige ander luikrug.

    Lees minder

    Beskikbare voertuie: 44

KYK HIERNA

KOOP OF VERKOOP JOU VOERTUIG – DIE SLIM MANIER

Op soek na 'n splinternuwe voertuig!
Ons Voertuig Concierge diens neem die stres uit die koopproses deur die regte voertuig vir jou te vind en namens jou met ons betroubare handelaarsnetwerk te onderhandel. Dit bespaar jou tyd, geld en onnodige moeite.

Wil jy jou voertuig verkoop!
Ons is aktief op soek na lae kilometer, uitstekende gehalte voertuie, veral dié wat gemiddeld minder as 15 000 km per jaar ry. Ons bied 'n deursigtige, moeitevrye proses met mededingende aanbiedinge, sodat jy jou voertuig vinnig, maklik en teen die beste moontlike waarde kan verkoop.
Help

Hoe kan ons Jou help?

BEKYK VERGELYKINGS

VERGELYK RYGOED

Jy het rygoed gekies.

Geen rygoed is bygevoeg om te kan vergelyk nie

Sluit Vergelyk

VEELVULDIGE REKENINGS GEVIND Close button

Ons het verskeie rekenings gevind wat aan dié e-posadres gekoppel is.
Kies asseblief ’n rekening om in te teken:

    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Voertuignavraagterugvoer

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    TERUGVOER: HELP MY SOEK

    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Kies ’n opsie, asseblief.
    • Ek is nie ’n blikbrein nie. Stuur hom vir ons! Klik asseblief dié boksie.
    CHANGECARS logo
    Concierge service logo

    Logo
    Concierge service logo
    Close button

    Jou ryding is suksesvol opgelaai!

    Ons het ’n e-pos aan jou gestuur. Bevestig asseblief jou e-posadres.

    hammer-icon

    Geluk, hoor!

    Keer terug webtuiste toe.