Subaru
Subaru het ’n uitstaande reputasie gebou wat op veiligheidskenmerke, top- presterende enjins en afsonderlikewielaandrywingstegnologie geskoei is.
As daar ooit ’n onderwaardeerde handelsmerk is, dan is die Subaru die trotse kandidaat.
Stuurwiel kan hierdie handelsmerk nie genoeg aanprys nie. Ons is duidelik lojale ondersteuners.
Models
-
Crosstrek
Alles wat jy soek in klein avontuur kruisvoertuig met beproefde bougehalte.Baie goed grondvryhoogte (220mm) en Subaru se beproefde vier... Lees meerAlles wat jy soek in klein avontuur kruisvoertuig met beproefde bougehalte.
Baie goed grondvryhoogte (220mm) en Subaru se beproefde vierwieltrekstelsel gee Crosstrek baie meer selvertroue op grondpaaie as mededingers.
Daai 2-liter 4-silinder enjin is hoogs betroubaar maar voel baie flou as die Crosstrek volgelaai is en jy op die hoëveld wil vragmotors verbysteek.
Bagasieruimte is veels te min, veral vir ‘n voertuig wat bemark word vir avontuurlustige eienaars wat graag gaan toer.
Sjinese kruisvoertuie bied baie meer verrigting, ruimte en standaard toerusting vir die prys. Maar niks in die klas kom naby Crosstrek op ‘n lang Karoo grondpad nie.
Subaru het ook nismark aantrekkingskrag in Suid Afrika. As jy ‘n gehalte grondpad kruisvoertuig soek wat nie ‘n Toyota is nie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 14
-
Forester
Die gesins grondpad voertuig was gemiddeld lyk maar baie versteekte tegniese kenmerke het.Forester het ‘n meer skaflike vierwieltrek st... Lees meerDie gesins grondpad voertuig was gemiddeld lyk maar baie versteekte tegniese kenmerke het.
Forester het ‘n meer skaflike vierwieltrek stelsel as mededingers, wat oorwegend voorwieltrek is, met bietjie wringkrag wat agteras toe geskuif word. Pleks van ʼn ware vierwieltrek stelsel soos Forester het.
Oorgenoeg grondvryhoogte (220mm) om die slegte Karoo grondpad roetes baas te raak. Maar voel ook meer stabiel teen spoed op sinkplaat grondpaaie. Dit is te danke aan Forester se ‘plat’ 4-silinder enjin, wat help om die voertuig swaartepunt te verlaag, vir beter stabiliteit, sonder om grondvryhoogte in te boet.
Geen turbo enjin opsies nie. So as jy ‘n gelaaide Forester op die hoëveld ry, moet jy maar jou vragmotor verbysteek netjies beplan.
Beperkte plaaslike handelaar netwerk buite die vier groot stede. Maar Subaru se meganiese betroubaarheid is beroemd en sonder turbo enjins, is daar lae langtermyn instandhoudings risiko met ʼn Forester.
Lees minderBeskikbare voertuie: 68
-
Impreza
Die WRX legend het gekwyn en omvorm oor die jare. Dit is nie meer die Japanse gesins supermotor wat dit eens op ‘n tyd was nie.Maar hie... Lees meerDie WRX legend het gekwyn en omvorm oor die jare. Dit is nie meer die Japanse gesins supermotor wat dit eens op ‘n tyd was nie.
Maar hierde Subaru bied iets meer uniek en seldsaam as ‘n Audi S3 of AMG A35 sedan.
WRX se 2.4-liter turbopetrol enjin maak minder krag as die Duitse 2-liter turbo verrigtingsmotor. Maar dit het daai kenmerkende ‘plat’ 4-silinder klank wat steeds van baie meer waarde is vir baie petrol kop kopers.
Meer binneruim en bagasieruimte as ‘n S3 of A35. Maar die Duitse klein sedan verrigting motors is baie vinniger, tog bied hierdie Subaru ʼn 6-spoed handrat opsie, wat die Duitsers nie het nie.
WRX se erfenis sal nog kopers lok. Maar ‘n Honda Civic Type R het baie meer teenwoordigeheid en is ‘n baie meer suier verrigtingsmotor bestuurservaring.
Lees minderBeskikbare voertuie: 12