Suzuki Cars
Suzuki het hul ongelooflike produkaanbod in 2008 aan Suid-Afrikaanse bestuurders begin bied en het sedertdien indrukwekkende groei getoon.
Hulle het 100 handelaars reg oor die land wat gehaltevoertuie teen bekostigbare pryse bied, asook diens wat hul kliënte laat glimlag.
Stuurwiel bied sowat 2 000 van dié uitstekende voertuie op Suid-Afrika se betroubaarste platform.
Models
-
Baleno
As jy ʼn Swift begeer, maar meer pakplek en enjinkrag benodig. Dan koop jy Baleno. Binneruim en ontwerp nie so netjies soos Swift nie. ... Lees meerAs jy ʼn Swift begeer, maar meer pakplek en enjinkrag benodig. Dan koop jy Baleno.
Binneruim en ontwerp nie so netjies soos Swift nie. Baleno het ook minder lugsakke in die goedkoper weergawes, as Swift.
Waar Baleno wen, is daai 1.5-liter enjin. Dit het baie beter verrigting as Swift se 1.2-liter. Wat saak maak wanneer jy baie langpad ry. Of in Gauteng se dun lug pendel met ʼn voertuig vol mense, en stadiger verkeer veiliger wil verbygaan.
Laairuimte is amper ʼn kwart groter as Swift, wat ʼn noemenswaardige verskil maak. Vir daai langnaweek wegbreek of vakansietyd reise.
Lees minderBeskikbare voertuie: 304
-
Celerio
Knap waardevoertuig van Suzuki.Deel ʼn onderstel en enjins met S.Presso, wat beteken dat Celerio nie juis ʼn eerste-keuse langafstand voe... Lees meerKnap waardevoertuig van Suzuki.
Deel ʼn onderstel en enjins met S.Presso, wat beteken dat Celerio nie juis ʼn eerste-keuse langafstand voertuig is nie. Maar die liggewig ontwerp lewer baie billike brandstofdoeltreffendheid.
Hierdie klein Suzuki het 20% meer grondvryhoogte as baie van die mededingers. Met 170mm se grondvryehoogte, kan Celerio met selfvertoue ʼn stukkie grondpad aandurf
Dinamiese veiligheidstoerusting is skaflik vir die prysklas, met beide sluitweerremme en elektroniese stabiliteit beheer is standaard. Regdeur die Celerio reeks.
Lees minderBeskikbare voertuie: 59
-
Ciaz
Goedkoop sedan wat hoofsaaklik ‘n Uber en vlootvoertuig is. Weinig in privaat besit.Baie eenvoudige ontwerp en betroubare meganika. Lan... Lees meerGoedkoop sedan wat hoofsaaklik ‘n Uber en vlootvoertuig is. Weinig in privaat besit.
Baie eenvoudige ontwerp en betroubare meganika. Langtermyn eienaarskap risiko en instandhoudings koste hoort minimaal te wees.
Nie ‘n treffende bakontwerp nie. Maar met Ciaz is dit alles oor die bagasieruim. Dit mag dalk ‘n klein sedan wees, maar die bagasiebak is enorm teen 480-liter. Groot genoeg om mee te ding met baie middelslag sportnuts- en kruisvoertuie.
Veiligheidstoerusting is gemiddeld. Daar is geen elektroniese stabiliteit beheer om enige Ciaz nie. Slegs twee voor lugsakke, met geen opsie vir sy of gordyn lugsakke nie.
Kan jy glo, die intreevlak Ciaz GL het ‘n CD speler. As jy daai 1990s CDs nog wil laat draai…
Lees minderBeskikbare voertuie: 178
-
Dzire
Sedan weergawe van die gewilde Swift. Bied baie meer waarde as die VW Vivo sedan.Sluitweeremme en elektroniese stabiliteit beheer is be... Lees meerSedan weergawe van die gewilde Swift. Bied baie meer waarde as die VW Vivo sedan.
Sluitweeremme en elektroniese stabiliteit beheer is beide standaard toerusting, wat Suzuki se toewyding onderstreep om dinamiese veiligheidstoerusting na die intreevlak koper te bring.Klein sedan motors soos Dzire het nog ‘n plek in Suid Afrika. Hoekom? Omdat daai metaal kattebak ‘n veiliger plek vir jou skootrekeneaar is. Of ander waardevolle items. Onthou dat ‘n luikrug of kruisvoertuig se bagasieruimte altyd ‘n glas paneel het, wat maklik ingebreek kan word.
Dzire bied ‘n Suzuki se meganies betroubare 1.2-liter 3-silinder enjins, en baie bagasieplek. As jy ‘n veilige stoorplek benodig vir jou werk skootrekenaar, of die kinders se sporttoerusting, is Dzire se 378-liter kattebak bobaas.
Jammerte dat Dzire nie ‘n sterker 1.5-liter enjin aanbied vir landpad ry nie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 141
-
Eeco
As jy ‘n klein vervoerwa soek vir jou besigheid of kampeer lewe, is hierdie goedkoop Suzuki ‘n wenner.Ontwerp vir reuse Japannese stede... Lees meerAs jy ‘n klein vervoerwa soek vir jou besigheid of kampeer lewe, is hierdie goedkoop Suzuki ‘n wenner.
Ontwerp vir reuse Japannese stede, waar bakkies en gewone afleweringsvoertuie net te groot is. Suzuki se 1.2-liter K12N enjin is gehard en baie betroubaar, maar ‘n volgelaaide Eeco gaan altyd bietjie traag voel in daai dun Gauteng lug.
Eeco is baie beter toegerus as Suzuki se Super Carry klein lorrie. Daar is standaard sluitweeremme, elektroniese stabiliteit beheer en twee voor lugsakke. Daai veiligheids kenmerke maak die Eeco ‘n keur platform as ‘n mini-kampeer voertuig, op ‘n beperkte begroting.
As jy ‘n kampeerombouing wil doen, om ‘n klein toervoertuig te bou, is daar niks wat naby ‘n Eeco kom nie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 48
-
Ertiga
Nog ‘n Suzuki wat hoogs gewild is onder Uber bestuurders. As jy ‘n goedkoop 7-sitplek voertuig soek, wat meganies betroubaar is, is Ert... Lees meerNog ‘n Suzuki wat hoogs gewild is onder Uber bestuurders. As jy ‘n goedkoop 7-sitplek voertuig soek, wat meganies betroubaar is, is Ertiga die keuse.
Skaflike grondvryhoogte (180mm) beteken maak sin vir swak plaaslike padoppervlaktes. Of as daar bietjie grondpad gery moet word. Die standaard 15-duim wielgrootte beteken jy het baie billik geprysde band keuses.
Nadele? Ertiga bied nie elektroniese stabiliteitsbeheer nie. Dit is kwessie in ‘n voertuig wat gereeld volgelaai is, met 7 insittendes. Daar is ook geen tikskerm inligting of vermaakstelsel nie, maar jy kry ‘n ouskool CD-speler…
Beste Ertiga om te koop? Ongetwyfeld die intreevlak 1.5 GA, met staal wiele, wat baie meer slaggate bestand is as allooi wiele.
Lees minderBeskikbare voertuie: 200
-
Fronx
In beginsel ‘n Baleno met meer grondvryhoogte. Suzuki se Fronx bied meeste van die kenmerke wat Suid Afrikaanse kopers in ‘n klein krui... Lees meerIn beginsel ‘n Baleno met meer grondvryhoogte. Suzuki se Fronx bied meeste van die kenmerke wat Suid Afrikaanse kopers in ‘n klein kruisvoertuig wil hê.
Met 170mm se grondvryhoogte, kan Fronx met vertroue bietjie grondpad toer. Suzuki se 1.6-liter enjins is baie betroubaar, maar die 4-spoed outomatiese ratkaste voel verouderd.
Alle Fronx modelle het standaard elektroniese stabiliteit beheer, wat hierdie Suzuki veiliger maak as jy moet uitswaai om ‘n botsing te voorkom op ‘n natpad. Intreevlak GL het slegs twee voor lugsakke, met die GLX wat sy en gordyn lugsakke byvoeg.
Slim koop in die Fronx reeks? Die GLX 5-spoed handrat.
Lees minderBeskikbare voertuie: 459
-
Grand Vitara
Suzuki se moderne Grand Vitara is ‘n baie sagter voertuig as die vorige geslag, wat een van die beste geheime 4x4 stasiewaens was.Meer ... Lees meerSuzuki se moderne Grand Vitara is ‘n baie sagter voertuig as die vorige geslag, wat een van die beste geheime 4x4 stasiewaens was.
Meer van ‘n waarde kruisvoertuig as ‘n ware veldwa. Veiligheidstoerusting is voldoende met elektroniese stabiliteitsbeheer en ses lugsakke.
Binneruim het ‘n 7-duim tikskerm inligting en vermaak stelsel, wat bietjie afsteek by Sjinese mededingers. Maar teen 328-liter pakplek, het Grand Vitara die grootste bagasieruim van enige Suzuki sportnuts of kruivoertuig.
Skaflike verrigting op grondpaaie met 210mm se grondvryhoogte. Grand Vitara se All-Grip stelsel werk bietjie wringkrag na die agterwiele soos benodig, as jy iewers vlak sand tweespoor moet ry. Maar hierdie is nie ‘n veldvoertuig soos die vorige Grand Vitara’s nie.
Alle weergawes loop op 17-duime wiele. Wat jou baie band keuses bied, as jy iets met bietjie meer geharde sywande en ‘n aggressiewe loopoppervlak wil kies vir daai vakansietoer na Namibië, Botswana of die Karoo toe.
Lees minderBeskikbare voertuie: 85
-
Ignis
Oulike voorkoms en baie goedkoop, maar die Ignis is nie volmaak nie.Met 180mm se grondvryhoogte, kan hierdie klein Suzuki met redelike ... Lees meerOulike voorkoms en baie goedkoop, maar die Ignis is nie volmaak nie.
Met 180mm se grondvryhoogte, kan hierdie klein Suzuki met redelike vertroue op grondpaaie bestuur. Of swak stedelike paaie met slaggate oorleef.
Ignis is swakplek is ‘n hoë swaartepunt, klein bande, kort asafstand en nou wielsporing. Die samespel van al daardie tegniese eienskappe beteken dat Ignis nie ongelooflik stabiel is teen hoë snelhede op swak pad oppervlaktes of in sterk rukwinde nie.
Ignis is ook die enigste klein Suzuki passasiersvoertuig sonder elektroniese stabiliteitbeheer. So daar is geen beskermende veiligheidstelsel om jou te help, as dinge uit beheer raak nie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 46
-
Jimny
Uitstekende mikro-veldvoertuig, maar nie sonder foute nie.Jimny se eenvoudige ontwerp en taai leerraam onderstel maak dit ‘n uithaler g... Lees meerUitstekende mikro-veldvoertuig, maar nie sonder foute nie.
Jimny se eenvoudige ontwerp en taai leerraam onderstel maak dit ‘n uithaler grondpad en veldverkennings voertuig.
Maar die probleme is swak snelweg verrigting, swaar brandstofverbruik en ‘n hoë swaartepunt, met nou bande.
Daai 1.5-liter petrol enjin hoes om vragmotors verby te gaan in Gauteng se dun lug. Die blokkerige bakvorm het baie windsleur, wat swaar brandstofverbruik veroorsaak.
Die 3-deur Jimny, met ‘n kort asafstand, kan lelik tussen bane wil rondloop in sterk rukwinde. Op ‘n snelweg of swak grondpad is die langer 5-deur Jimny meer stabiel.
Jimny se sitplekke is ontwerp vir ligte Japannese passasiers en die sitplek kussings raak baie ongemaklik as jy ure moet sit op ʼn langpad toer.
Meganies hoogs betroubaar en baie gewild. Amper geen waardevermindering nie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 279
-
S-Presso
Goedkoop intreevlak motor, wat goedkoop voel. Maar met redelike dinamiese veiligheidstoerusting.Ontwerp vir die Indiese mark, is S.Pres... Lees meerGoedkoop intreevlak motor, wat goedkoop voel. Maar met redelike dinamiese veiligheidstoerusting.
Ontwerp vir die Indiese mark, is S.Presso heel skaflik op swak paaie teen lae- na middelsnelhede.
Die 180mm grondvryhoogte beteken dit kan meeste grondpaaie met verbasende vertroue aanpak.
Maar daai 180mm grondvryhoogte maak ook S.Presso ‘n hoë swaartepunt het. In winderige toestande op die snelweg, kan hierdie Suzuki bietjie tussen bane wil rondloop.
Op die hoëveld sukkel daai 1-liter enjin, veral as met vyf volwassenes aanboord.
S.Presso is een van die min intreevlak motors wat sluitweeremme en elektroniese stabiliteitbeheer as standaard het. Maar die bakwerk en onderstel se botsingveiligheid is swak.
Lees minderBeskikbare voertuie: 195
-
Super Carry
Daar is nie ‘n slimmer koop as jy ‘n klein trok benodig nie.Super Carry kan amper alles beter doen as meeste enkelkajuit bakkies. Vir ‘... Lees meerDaar is nie ‘n slimmer koop as jy ‘n klein trok benodig nie.
Super Carry kan amper alles beter doen as meeste enkelkajuit bakkies. Vir ‘n kleiner prys.
Baie klein wiele en daai vaste agteras beteken jy voel elke padoppervlak ongelykheid. Maar daar is niks anders wat 850kg se vrag vir minder geld of brandstofverbruik kan skuif as ‘n Super Carry nie.
Geraas en vibrasies vlakke is hoog omdat jy op die enjin sit. Maar teen stedelike pendelsnelhede is die ongemak nie te sleg nie.
Meganies baie eenvoudig en hoogs betroubaar. Maar daar is geen veiligheidstoerusting nie – nie eens sluitweeremme nie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 31
-
Swift
Bekwame Polo Vivo teenstander, wat beter tegnologie en toerusting het as VW se klein luikrug.Swift is amper ‘n kwart goedkoper as Vivo,... Lees meerBekwame Polo Vivo teenstander, wat beter tegnologie en toerusting het as VW se klein luikrug.
Swift is amper ‘n kwart goedkoper as Vivo, as jy op ‘n toerustingvlak basis vergelyk. Baie beter binneruim, met voor, sy en gordyn lugsakke op alle Swift modelle.
Daar is slegs een enjin, wat beproef is, maar sukkel in die hoëveld se dun lug. Swift se 1.2-liter 3-silinder is betroubaar, maar met 60kW en 112Nm, sukkel ‘n volgelaaide Swift met verbysteek teen Gauteng hoogtes bo seespieël.
Vivo het baie sterker enjin opsies, vir meer geld. Maar die VW luikrûe het ook baie groter kaping en diefstal risiko.
Lees minderBeskikbare voertuie: 1124
-
Xl6
Nie een van Suzuki se gewildste motors nie, maar een van die bestes vir gesinne.XL6 het ‘n slim binneruim ontwerp met 6-sitplekke en is... Lees meerNie een van Suzuki se gewildste motors nie, maar een van die bestes vir gesinne.
XL6 het ‘n slim binneruim ontwerp met 6-sitplekke en is baie gemakliker as die 7-sitplek Ertiga. Standaard toerusting sluit ‘n 7-duim tikskerm inligting en vermaakstelsel nie.
Veiligheidstoerusting is gemiddeld en nie uitsonderlik nie. Daar is standaard elektroniese stabiliteitsbeheer, maar slegs voor lugsakke vir die voor passasiers.
Met 180mm se grondvryehoogte, kan XL6 oorleef op ‘n grondpad.
Vir gesinne wat ruimte soek op ‘n beperkte begroting, maar nie ‘n Uber-voertuig soos Ertiga wil besit nie, is XL6 ‘n slim koop.
Lees minderBeskikbare voertuie: 42