Tata
Tata is ’n suksesverhaal op elke vlak en Indië kan met reg trots wees op hierdie motorwesereus.
Die Jaguar/Land Rover-groep JLR word 100?ur Tata besit en hou aan om helder te skyn.
Wat alleenstaande Tata-produkte betref, het die handelsmerk goeie kommersiële aanbiedings in die mark.
Models
-
Curvv
Klein kruisvoertuig van Indië se grootste motormaatskappy.Tata se Curvv het ‘n aantreklike kruisvoertuig bakvorm, sonder om ruimte of p... Lees meerKlein kruisvoertuig van Indië se grootste motormaatskappy.
Tata se Curvv het ‘n aantreklike kruisvoertuig bakvorm, sonder om ruimte of pakplek te beperk. Met 500-liter bagasieruimte is daar oorgenoeg vir al jou langnaweek bagasie. En as jy bietjie grondpad moet toer, het die Curvv 208mm grondvryhoogte.
Die enigste enjin is ‘n 1.2-liter turbopetrol, met 88kW, was redelike verrigting bied selfs teen op die hoëveld. Maar soos meeste enjins van Sjinese of Indiese vervaardigers, is die Curvv swaarder op brandstof as wat jou sou verwag vir so ‘n klein enjin.
Beste koop? Die goedkoopste model. Want dit het goeie toerustingvlakke en jy gaan die minste waardeverminder lei.
Tata se intreevlak Curvv het 6 lugsakke en ‘n 7-duim tikskerm inligting en vermaakstelsel wat Apple CarPlay en Android Auto het. Hierdie intreevlak Curvv is ook die enigste weergawe wat ‘n 6-spoed handrat het, wat baie minder langtermyn instandhouding gaan kort die duurder Curvv modelle se 7-spoed dubbelkoppelaar ratkaste.
Lees minderBeskikbare voertuie: 8
-
Harrier
Soek jy ‘n Land Rover Discovery Sport vir ‘n reuse afslag? Dan is hierdie Tata dalk vir jou.Die Tata Harrier is gebou op dieselfde plat... Lees meerSoek jy ‘n Land Rover Discovery Sport vir ‘n reuse afslag? Dan is hierdie Tata dalk vir jou.
Die Tata Harrier is gebou op dieselfde platform as Land Rover se Discovery Sport, omdat Tata die beherende aandeel in Land Rover besit.
Harrier ding mee in ‘n strawwe marksegment met baie Sjinese modelle, maar die Tata bied iets wat Sjinese sportnutsvoertuie nie het nie: diesel enjins.
Suid Afrika ag steeds die turbodiesel enjin na waarde, omdat dit die beste balans van verbysteek verrigting en langpad brandstofekonomie bied. Harrier se 2.0 turbodiesel is nie besonder krag nie, met 125kW en 350Nm wringkrag. Maar dit hoort ‘n haalbare 7l/100km te haal op die langpad, met heel skaflike verbysteekvermoë.
Beste koop? Die intreevlak Harrier Pure+. Dit het 6 lugsakke en ‘n 10.25-duim tikskerm inligting en vermaakstelsel.
ʼn Reuse pluspunt met hierdie intreevlak Harrier is dat dit bandrukmonitering het. Iets wat al hoe belangriker word op Suid Afrika se hoë risiko paaie, waar bandbars risiko jaarliks verhoog as gevolg van gebrekkige padoppervlak instandhouding.
Lees minderBeskikbare voertuie: 6
-
Punch
Kruisvoertuig weergawe van die Tata Tiago. Met redelike grondpadvermoë.Punch het 187mm se grondvryhoogte en ‘n 336-liter bagasieruimte.... Lees meerKruisvoertuig weergawe van die Tata Tiago. Met redelike grondpadvermoë.
Punch het 187mm se grondvryhoogte en ‘n 336-liter bagasieruimte. Dit beteken dat die Punch meer grondvryhoogte vir grondpad ry, en meer laaiplek het, as ‘n Suzuki Fronx.
Verreweg die Punch se interessantste ontwerpkenmerk, is die deur. Hierdie kruisvoertuig se deur kan teen ‘n 90-grade hoek oopmaak. Die voordeel daarvan is ‘n baie groter inklimhoek, as ‘n bestuurder of passasier in- of uit die Punch moet klim.
Maar met deure wat ontwerp is om so wyd oop te maak, moet jy versigtig wees in klein, nou, parkeerruimte. En by die kus, of in die Kaap, as daar stormwinde waai, wat dalk die Punch se deur struktuur of skarniere kan beskadig.
Punch word aangedryf deur ‘n 1.2-litre 3-silinder petrol enjin, sonder ‘n turbo. Enjin syfers is baie gemiddeld, met 65kW en 115Nm. En op die hoëveld, verloor Punch redelik baie enjinkrag en gaan volgelaai baie stadiger wees as ‘n Fronx, wat ‘n groter enjin het.
Watter Punch is die beste koop? Die Adventure weergawe, wat elektroniese stabiliteitbeheer, ‘n 7-duim tikskerm, en parkeerkamera, as standaard toerusting het.
Lees minderBeskikbare voertuie: 22
-
Tiago
Een van die goedkoopste motors wat jy nuut kan koop, in Suid Afrika.Tata se Tiago het ‘n netjiese bakvorm en ‘n binneruim met ‘n digita... Lees meerEen van die goedkoopste motors wat jy nuut kan koop, in Suid Afrika.
Tata se Tiago het ‘n netjiese bakvorm en ‘n binneruim met ‘n digitale inligtingskerm. Vreemd genoeg, al is daar ‘n digitale skerm binne, het die intreevlak Tiago nie ‘n parkeerkamera nie, Daar is wel parkeerkamers op die ander weergawes.
Kopers is altyd senuagtig oor veiligheidskenmerke met klein motors. Tiago vertoon redelik goed in botsingtoetse. Maar die intreevlak weergawe het nie elektroniese stabiliteitbeheer nie, terwyl Suzukis in dieselfde prysklas wel elektroniese stabiliteitbeheer het.
‘n Groot voordeel van die Tiago, is Tata se 1.2 liter petrol enjin. Meeste klein intreevlak motors in die mark het 1-litre enjins. En die Tiago se groter 1.2-liter enjin maak ‘n verskil op die snelweg, waar dit bietjie meer krag het en minder kragverlies het, teenoor ‘n 1-liter enjin, op die hoëveld.
Vir wie is die Tiago? Ouers wat ‘n studentemotor soek vir kinder, of begrotingbeperkte Suid Afrikaners wat ‘n eerste motor soek.
Lees minderBeskikbare voertuie: 34