Toyota
Toyota het net so ’n belangrike deel van die Suid-Afrikaanse kultuur geword as van die lewenslustige Suid-Afrikaners wat met dié voertuie rondry.
Wat ook al die kategorie – Toyota het ’n produk uit die boonste rakke en hul plek boaan dié topverkoperlyste is welverdiend.
“Alles loop reg, altyd reg” is wat Stuurwiel dink wanneer Toyota ter sprake is. Ons het sowat 4 000 van hierdie uitstekende voertuie op ons boeke.
Models
-
86
Hierdie Toyota is alles wat die Duitsers nie meer bied nie: liggewig, agterwieltrek, tweedeur sportmotors.Met ‘n doelgerigte tweedeur b... Lees meerHierdie Toyota is alles wat die Duitsers nie meer bied nie: liggewig, agterwieltrek, tweedeur sportmotors.
Met ‘n doelgerigte tweedeur bakwerk, lae swaartepunt, en uitstekende stuur en vering verstellings, is 86 ‘n verrigtingsmotor vir die fynproewer. Iemand wat al die elemente van bestuur waardeer, nie net slegs versnelling nie.
Selfs teen lae snelhede, voel jy deel van die 86 bestuurservaring op ‘n manier wat nie meer die geval is met Duitse 4- or 5-duer verrigtingsmotors nie.
Die lae swaartepunt gee 86 ongelooflike bakrolbeheer deur vinnige draaie. Maar daar is opofferings. As jy lank is of ‘n heupprobleem het, gaan dit altyd moetie wees om in ‘n 86 se sitplek te klim. En die bagasieruimte is lagwekkend klein.
Toyota se tweedegeslag 86 het ‘n groter 2.4-liter enjin, maar sonder ‘n turbo is die verrigtingverlies op die hoëveld steeds ‘n kwessie. Dit bygesê, is die langtermyn duursaamheid van die 86 se enjin beter as Duitse 2-liter turboaangejaagde enjins.
As jy ‘n 86 koop, kies altyd die 6-spoed handrat bo die outomatiese ratkas. Hoekom? Omdat daardie meganiese ratskakeling so ‘n deurslaggewende deel van die 86 se bestuurservaring is.
Toyota se 86 is ongeëwenaar as ‘n bekostigbare verrigtingsmotor. Veral omdat jy toegang tot Toyota se topgehalte plaaslike handelaarnetwerk kry.
Lees minderBeskikbare voertuie: 2
-
Auris
Die laaste groot gesinsluikrue wat Toyota in Suid Afrika bemark het.Eerstegeslag Auris modelle het nou baie hoe myle, maar as jy ‘n To... Lees meerDie laaste groot gesinsluikrue wat Toyota in Suid Afrika bemark het.
Eerstegeslag Auris modelle het nou baie hoe myle, maar as jy ‘n Toyota gesinsmotors op ‘n begroting benodig, met diesel krag, is ‘n Auris 2.0 D-4D nommerpas. Met ongelook ligte diesel verbruik.
Meets van die buidige Auris gebruiktemotor vooraad is tweedeslag modelle, met die petrol enjins. As jy verrigting benodig, soek die Auris 1.8 hibried, wat goeie ooppad vermoe het, en baie lae brandstofverbruik. Maar al die Auris hibried modelle gebruik ook CVT ratkaste, wat meer langtermyn instandhouding benodig.
Bougehalte is alles wat jy sou verwag van ‘n Toyota, met binneruime wat nie so vining verouder soos ander voertuie nie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 2
-
Corolla Cross
Nog ʼn wenresep van Toyota Suid Afrika se raakvat bemarkingsmense.ʼn Kruisvoertuig gebou op die Corolla onderstel, met baie betroubare 1.... Lees meerNog ʼn wenresep van Toyota Suid Afrika se raakvat bemarkingsmense.
ʼn Kruisvoertuig gebou op die Corolla onderstel, met baie betroubare 1.8-liter petrol enjins.
Binneruim is niks besonders nie. Daar is Sjinese kruisvoertuie wat baie meer bied, binne, vir die prys. Maar Toyota se bougehalte gedy.
Corolla Cross se 1.8-liter petrol enjins kan bietjie lui voel teen binnelandse hoogtes bo seespieël. Veral as jy met ʼn motor vol passasiers en hul bagasie reis.
GR-S weergawe met die laer profiel bande nie die bietjie ekstra geld werd nie. HEV weergawe as jy kuslangs bly en ʼn gewone 1.8 XS vir die hoëveld.
Lees minderBeskikbare voertuie: 869
-
Corolla Quest
Staatmaker sedan van Toyota.Soos met Conquest en Tazz, het Toyota vir jare die vorige geslag Corolla laat herleef as ‘n Quest.Produksie... Lees meerStaatmaker sedan van Toyota.
Soos met Conquest en Tazz, het Toyota vir jare die vorige geslag Corolla laat herleef as ‘n Quest.
Produksie het in 2025 geëindig, maar Quest bly ‘n immergewilde koop vir Suid Afrikaners wat ‘n betroubare, ruim, sedan voertuig soek met betroubare meganika.
Binneruim is sonder al die elektroniese tierlantyntjies van Sjinese motors en die kattebak is ‘n reusagtige 450-liter. Met die voordeel van agtersitplekke in ‘n 60/40 kan platslaan, as jy lang voorwerpe moet laai.
Die 11de-geslag Corolla onderstel bestuur gemaklik, maar Quest se 1.8-liter petrol enjin kan besonder lui voel op die hoëveld. Tussen die beskikbare ratkaste is ‘n 6-spoed handrat die beter keuse, bo die CVT.
Sonder ‘n turboaangejaagde enjin of ‘n oormaat elektroniese toerusting is ‘n Quest baie betroubaar en daar is ‘n reuse aanbod onderdele beskikbaar vir nadiens werk.
Die beste Quest om te koop is ‘n suiwer intreevlak model, op 15-duim staal wiele, wat baie meer bestand is teen slaggate as die groter allooi wiele.
Met rede een Suid Afrika se voertuig sukses stories en ‘n slim gesinsvoertuig vir diegene wat dink ‘n kruisvoertuig is sinneloos.
Lees minderBeskikbare voertuie: 263
-
FJ Cruiser
Korter en baie karaktervolle weergawe van die tweede-geslag Prado.FJ Cruiser het eers 5 na die internasionale bekendstelling, in 2011, ... Lees meerKorter en baie karaktervolle weergawe van die tweede-geslag Prado.
FJ Cruiser het eers 5 na die internasionale bekendstelling, in 2011, plaaslike beskikbaar geraak. Die rede? Toyota het gevrees dat die afwesigheid van ‘n diesel enjin dit sou kniehalter in die Suid Afrikaanse mark.
Maar kopers het nie juis omgegee vir die idee van ‘n 4-liter V6 in ‘n kompakte Prado onderstel nie. FJ Cruiser het ʼn gunsteling geword vir sand en duine-roetes. Hoekom? Omdat ʼn V6 petrol enjin beter kraglewering het om momentum te ondersteun, in vergelyking met ʼn turbodiesel.
FJ Cruiser het uitstekende veldryvermoë, omdat dit ‘n onderstel en 4x4 hardeware deel met die tweedegeslag Prado. En daai bakwerk wat herinner aan die oorspronklike 40-Reeks Land Cruiser was nie net vir mode nie. Dit help om FJ Cruiser beter aanvals- en vertrekhoeke te gee, in vergelyking met ‘n Prado.
Swakplekke? Die binneruim is baie beknop en venters klein, wat FJ Cruiser nie ‘n wonderlike toervoertuig maak vir agterpassasiers nie. FJ Cruiser is nie ‘n besonder groot voertuig nie, maar dit is ‘n nagmerrie in verkeer en om te parkeer, omdat die blindkolle na agter reusagtig is.
Met beproefde Prado onderdele en ‘n V6 petrol enjin wat sterk snelweg verrigting bied, en baie maklik is om te diens, is FJ Cruisers gewild as 4x4 toervoertuie vir paartjies. Al is die V6 enjin ongelooflik swaar op brandstof, het FJ Cruiser ʼn reuse 159-liter brandstoftenk, wat deels die rede is hoekom daar so min ruimte vir die agterpassasiers is. Maar die reuse petroltenk gee FJ Cruiser baie goeie langpad en woestyntoer vermoë.
Meganies het FJ Cruisers goeie bougehalte, soos verwag van ‘n voertuig met ‘n Land Cruiser Prado erfenis. Die myle op gebruikte FJ Cruisers is hoog, maar hulle is steeds baie begeerbare veldryvoertuie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 44
-
Fortuner
Die keur 7-sitplek gesinswa, vir middelklas Suid Afrikaanse gesinne.Jy koop ‘n Fortuner omdat dit baie veiliger is om in te wees, vir j... Lees meerDie keur 7-sitplek gesinswa, vir middelklas Suid Afrikaanse gesinne.
Jy koop ‘n Fortuner omdat dit baie veiliger is om in te wees, vir jou gesin, as jy ‘n stalgat trap teen hoë spoed. As ‘n kruisvoertuig of Duitse luukse motor.
Gedeelde Hilux onderstel en enjins is beproef. Maar al die Hilux verouderings kwessies is ook teenwoordig.
Binneruim voel stokoud, maar goed aangemaak gesit. Derde-ry sitplek ontwerp sal jou na raserny dryf, omdat dit nie plat in die laairuimte se vloer vou nie. Maar na die kante opvou, wat jou pakplek belemmer.
Vraag na Fortuner is altyd sterk, so waardvermindering is gering. Maar diefstal en kaping is daadwerklike risiko’s. Soos jou versekerings makelaar jou van sal herinner, met ‘n stywe maandeliks paaiement.
Lees minderBeskikbare voertuie: 604
-
Hi Ace
Hilux verkoop die meeste eenhede maar hierdie is Suid Afrika se belangrikste voertuigreeks.Vir dekades lank vervoer HiAce meer Suid Afr... Lees meerHilux verkoop die meeste eenhede maar hierdie is Suid Afrika se belangrikste voertuigreeks.
Vir dekades lank vervoer HiAce meer Suid Afrikaners daagliks, as enige ander voertuig. Plaaslike gebou en vertrou as die eerste-keuse vir 99.9% van taxi eienaars.
HiAce het gehelp om sonder enige bemarkingsrande Toyota se naam vir betroubaarheid te bou in Suid Afrika. Omdat almal besef hoe straf taxi bestuurders op voertuie is.
Daar is oorgeërfde beperkings met HiAce, vanweë die ontwerp se ouderdom. Soos die klein wiele en remme, maar HiAce het sluitweerremme en elektroniese stabiliteitbeheer.
Die 2.7 petrol en 2.5 turbodiesel enjins is hoogs betroubaar, maar swaar op brandstof. Die turbodiesel word verkies op die hoëveld, omdat dit nie krag verloor nie.
HiAce is ‘n ongelooflik duursame voertuig, wat onder die strafste omstandighede met beperkte instandhouding sal aanhou loop. Maar die diefstal en kaping risiko is ongelooflik hoog, as jy ‘n privaat eienaar is.
Lees minderBeskikbare voertuie: 0
-
Hilux
Suid Afrika se gewildste voertuig. Met rede.Bougehalte bly ongeëwenaar. Toyota ontwerp nie om te beïndruk nie. Hilux word gebou om te h... Lees meerSuid Afrika se gewildste voertuig. Met rede.
Bougehalte bly ongeëwenaar. Toyota ontwerp nie om te beïndruk nie. Hilux word gebou om te hou – letterlik.
Hoe diefstal en kaping risiko, maar verloor minder waarde as enige ander bakkie. Die beste bakkies om te besit en verhandel, maar nie meer die bestes om te bestuur nie.
Hilux word in 2026 vervang en begin nou baie verouderd voel.
Binneruim steek lelik af by mededingers, veral die Sjinese bakkies.
Enjins en die 6-spoed outomatiese ratkaste kan nie kers vas hou by mededingers nie. En dan is daar die feit dat Hilux nou trommelremme gebruik, om die agterwiele…
Reeks-keuse is die 2.8 Raider weergawes, nie die Legends met hul tierlantyntjies nie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 1099
-
Land Cruiser 76 Series
Groot geld vir iets wat in die 1980s ontwerp is. En hoofsaaklik 1990s voertuig tegnologie gebruik...Land Cruiser 70 is ongelooflik taai... Lees meerGroot geld vir iets wat in die 1980s ontwerp is. En hoofsaaklik 1990s voertuig tegnologie gebruik...
Land Cruiser 70 is ongelooflik taai. Nie so voortreflik soos ‘n Jeep Wrangler wanneer dit kom by veldry hoeke en wielbeweging nie. Maar die Cruiser se drie ewenaar slotte maak ‘n reuse verskil vir kloukrag, wanneer dit tel.
Lagwekkende remme. Veral as ‘n Cruiser 70 volgelaai is. Of sleep.
Die agteras se spoor is ook nouer as die vooras, wat beteken die langer Cruiser 70s, kan lelik bokspring op ‘n sinkplaatpad.Ontwerp en gebou om 25 jaar te loop, in die mees uitdagende omstandighede. Koopprys is hoog. Maar deel daai Rande deur 25 jaar se gebruik, en jy begrys hoekom Land Cruiser 70 voertuie so gesog is.
Lees minderBeskikbare voertuie: 16
-
Land Cruiser 79 Series
Wanneer boere en avontuurlustige Suid Afrikaners ʼn luukse voertuig kies, is dit altyd die kroon Land Cruiser.Anders as ander luukse vel... Lees meerWanneer boere en avontuurlustige Suid Afrikaners ʼn luukse voertuig kies, is dit altyd die kroon Land Cruiser.
Anders as ander luukse veldry waens, ken Toyota die wenresep. Daarom het Land Cruiser 300 al die luukshede van ʼn weelde binneruim, maar ʼn geharde onderstel.
Waar teenstanders lugvering gebruik, weet Toyota ingenieurs dit is moontlike swakplek vir ʼn ware veldvoertuig se langtermyn betroubaarheid. Dit is hoekom die Cruiser 300 nog op ʼn staal leerraam onderstel gebou word, en ʼn vaste agteras het.
Amper heeltemal waardeverminder bestand en ʼn uitstekende langpad en sleepvoertuig, met die nuwe 3.3 turbodiesel V6. GR-S is die Land Cruiser 300 reeks se slimste koop, met daai 18-duim wiele en veldry bande.
Lees minderBeskikbare voertuie: 183
-
Prado
Ietwat kleiner weergawe van die Land Cruiser 300. Sonder die gesonde V6 enjins…Toyota se veldvoertuig ontwerpe is altyd uitsonderlik en... Lees meerIetwat kleiner weergawe van die Land Cruiser 300. Sonder die gesonde V6 enjins…
Toyota se veldvoertuig ontwerpe is altyd uitsonderlik en Prado is nog ʼn treffer.
Binneruim bewys dat Toyota die Suid Afrikaanse mark goed ken. Prado het ʼn oorvloed knoppies en maak nie net saak op tikskerms nie.
Deel ʼn onderstel met Land Cruiser 300, so veldryvermoë is onverbeterlik. Maar soos Land Cruiser 300, vermy Toyota ingenieurs ook lugvering op die Prado, in die belang van betroubaarheid.
Enigste swakplek is die verouderde diesel enjin. Daar 2.8 turbodiesel is baie lank in die tand en ʼn volgelaaide Prado kan redelik stadig voel. Veral in vergelyking met 6-silinder mededingers, wanneer jy versnelling kort om vragmotors verby te gaan.
Vir meeste Land Cruiser aanhangers is Prado ʼn meer leefbare keuse as die ‘300, veral as jy in stad woon.
Lees minderBeskikbare voertuie: 179
-
RAV4
Die wêreld se mees onderskatte voertuig.Vir jare is Rav4 die bes verkopende model in Amerika. Dit het ‘n uitstekende struktuur en tegni... Lees meerDie wêreld se mees onderskatte voertuig.
Vir jare is Rav4 die bes verkopende model in Amerika. Dit het ‘n uitstekende struktuur en tegniese eienskappe, vir alles van daaglikse stadsverkeer pendel tot naweek se grondpad ry.
Omdat Rav4 so ‘n reuse wêreldwye verkoper is, kan Toyota ‘n ewe groot ontwikkelings en tegniese begroting regverdig vir Rav4. Dit beteken dat Rav4 ongelooflik goeie bougehalte het.
Die binneruim is nie so tegniese gevorderd soos baie Sjinese voertuie nie, maar daar is volop fisies skakelpunte wat baie beter werk tikskerm lugreëling funksies.
Ongelukkig bied Toyota nie meer ‘n turbodiesel enjin vir Rav4 nie. En die 2-liter petrol Rav4 se verrigting is baie lui op die hoëveld.
Beste koop is ‘n hibried 2.5-liter Rav4, wat sterk verbysteek versnelling bied en redelike brandstofekonomie in stadsverkeer. Toyota se Rav4 hibried modelle het ‘n volgrootte noodwiel, wat ‘n seldsaam is vir hibried sportnustvoertuig.
Enige Rav4 in wit het amper geen waardevermindering nie. Hierdie is voortreflike gesinsvoertuie vir kopers wat besef hulle het nie werklik ‘n Fortuner nodig nie.
Lees minderBeskikbare voertuie: 201
-
Starlet
Suzuki se Baleno, met Toyota bemarking en ondersteuning.Hoekom sal jy ‘n Starlet bo ‘n Baleno koop? Omdat Toyota ‘n baie groter en wins... Lees meerSuzuki se Baleno, met Toyota bemarking en ondersteuning.
Hoekom sal jy ‘n Starlet bo ‘n Baleno koop? Omdat Toyota ‘n baie groter en winsgewender handelaar netwerk het. Dit beteken dat diensondersteuning en onderdeel verskaffing, eenvoudig beter gaan wees met ‘n Starlet, pleks van ‘n Baleno.
Daar is niks noemenswaardig oor die Starlet se tegniese kenmerke nie, Dit is ‘n betroubare luikrig gesinsmotor. Met ‘n beproefde 1.5-liter petrol enjin, wat 77kW maar. Die 4-spoed outomatiese Starlets se ratkaste voel nie baie modern nie, en is ook nie vreeslik lig op brandstof nie. Koop eerder ʼn 5-spoed handrat.
Bagasieruim is groot teen 345-liter, wat Starlet baie meer pakplek gee as ‘n VW Polo Vivo se 280-liter laairuimte.
Wat is die regte Starlet om te koop? Die intreevlak Xi model. Dit het ‘n 7-duim digitale inligting skerm en sedert laat 2025, het Toyota Starlet Xi se veiligheidstoerusting verbeter na 6 lugsakke. Die Xi het ook 15-duim wiele, wat jou die meeste en goedkoopste band keuses gee, pleks van die duurder Starlets se 16-duime wiele.
Lees minderBeskikbare voertuie: 737
-
Supra
Legendariese Toyota sportmotor naam. Wat herleef is met hulp van BMW.Supra is eenvoudig van die beste suiwer bestuurservaring motors wa... Lees meerLegendariese Toyota sportmotor naam. Wat herleef is met hulp van BMW.
Supra is eenvoudig van die beste suiwer bestuurservaring motors wat jy kan koop. BMW ingenieurswese en Toyota bougehalte, wat meer kan jy vra?
Onder die Supra se indrukwekkende bakwerk is BMW se beroemde B58 inlyn-6 turbo enjin. Supra het uitstekende versneller reaksie, stuurgevoel en baanvastigheid in hoësnelheid draaie.
Daar is bitter min suiwer tweedeur verrigtingsmotors oor in die mark. Supra bied al die meganiese belonings wat ʼn ywerige bestuurder soek, met die gemoedsrus van Toyota se beproefde nadiens en handelaar ondersteuning.
As jy koop, probeer om ‘n 6-spoed handrat te kry, iets wat verseker ‘n toekomstige versamelmotor sal word.
Lees minderBeskikbare voertuie: 0
-
Urban Cruiser
Toyota se weergawe van die Suzuki Brezza.In laat 2023, het Suzuki besluit om die Brezza te staak in Suid Afrika. Dit het Toyota al die ... Lees meerToyota se weergawe van die Suzuki Brezza.
In laat 2023, het Suzuki besluit om die Brezza te staak in Suid Afrika. Dit het Toyota al die markaandeel gegee met hierdie gewilde klein kruisvoertuig platform, wat deur Toyota en Suzuki gedeel word.
Urban Cruiser is ‘n redelik eenvoudige voertuigontwerp, met ‘n leefbare binneruim sonder teveel tierlantyntjies.
Daar is slegs een enjin opsie, Suzuki se beproefde 1.5-liter petrol. Die enjin se 77kW is voldoende as jy by die kus is, maar dit verloor baie krag op die hoëveld, sonder ‘n turboaanjaer. En met die lang ratverhoudings van daai 4-spoed outomatiese ratkas, kan ‘n volgelaaide Urban Cruiser bietjie lui voel op die hoëveld.
Met 210mm se grondvryhoogte het Urban Cruiser goeie grondpadvermoë. Daar is ook 353-liter pakplek in die bagasieruimte, vir al jou langnaweek tasse en sakke. Onder die laairuimte se vloer, het alle Urban Cruisers ‘n volgrootte noodwiel, wat nie altyd die geval is met klein kruisvoertuie nie.
Sjinese mededingers bied meer standaard toerusting en verrigting vir die prys. Maar geen ander vervaardiger kan met Toyota se reuse handelaarsnetwerk en onderdeel verskaffingsketting meeding nie. Die eienaarskap ervaring met Urban Cruiser, van Toyota se nadiens ondersteuning tot die lae waardvermindering, is die rede hoekom hierdie kruisvoertuie so gewild is.
Die beste Urban Cruiser om te koop? Bly weg van die outomatiese weergawes en kop die waarde van ‘n intreevlak, 5-spoed handrat Xs.
Lees minderBeskikbare voertuie: 427
-
Vitz
Toyota tweeling van die Suzuki Celerio.As jy die waarde van ‘n goedkoop stadsmotors soek, met die steundiens van Toyota se herkende han... Lees meerToyota tweeling van die Suzuki Celerio.
As jy die waarde van ‘n goedkoop stadsmotors soek, met die steundiens van Toyota se herkende handelaarnetwerk, maak Vitz sin.
Die enjin is ‘n klein 1-litre 3-silinder, wat baie min verrigting beid op die hoeveld, al is die Vitz ‘n baie ligte motor. Die 5-spoed handrat Vitz voel meer lewendig as die 5-spoed selfskakel ratkas, wat baie traag ratwisseling het.
Toyota bied ‘n winskop weergawe van die Vitz, sonder enige digitale skerm of slimfoon skakeling. Hierdie Vitz is onder R200 000 geprys, maar daar is bitter min kopers wat kan lewe met ‘n motor wat geen Slimfoon skakeling het nie.
Die beste koop is ‘n Vitz XR. Wat ‘n 7-duim tikskerm het, met volledige Slimfoon skakeling.
Lees minderBeskikbare voertuie: 25