Volkswagen
Die Volkswagen-handelsmerk is een van die grootste motorvervaardigers in die wêreld vir redes wat voor die hand liggend is.
In Suid-Afrika is hierdie uitstekende handelsmerk werklik die volk se motor, van Polo tot die Golf en die Volksiebus – hulle het ’n glimlag op menige eienaar se bakkies gesit.
Stuurwiel het meer as 3 500 van dié uitstekende voertuie te koop by ons vyfsterhandelaars.
Models
-
Amarok
VW se tweeling bakkie weergawe van Ford se T6.1 Ranger. Met klein verskille.Amarok se kern ingenieurswese en tegniese eienskappe is die... Lees meerVW se tweeling bakkie weergawe van Ford se T6.1 Ranger. Met klein verskille.
Amarok se kern ingenieurswese en tegniese eienskappe is dieselfde as Ranger. Maar daar is vindingryke oplossings op Ranger was nie beskikbaar is vir Amarok nie.
Soos die ‘box step’ trap, was deel van die laaibak se agterhoeke uitmaak. Hierdie trappe is ongelooflike bruikbaar wanneer jy in of uit ‘n bakkie se laaibak moet klim, en nie wil gly op ‘n nat of modderige agterband nie.
Bestuurservaring is soos Ranger, uitstekend. Met goeie grondpad, snelweg en veldryvermoë, afhangende van die model wat jy kies. PanAmericana het veldry bande en is die beste koop.
Amarok verkoop in baie kleiner volumes as Ranger en jy het toegang tot VW se (ietwat) groter handelaarsnetwerk. Wat van nut is as jy nadiens ondersteuning in die middel van nêrens kort.
Lees minder
Omdat Amarok soveel minder eenhede as Ranger verkoop, is die diefstal risiko is ook laer.Beskikbare voertuie: 529
-
Golf
Dit is amper ondenkbaar maar Golf is nou ‘n nismodel in Suid Afrika. Wat bewys hoe baie die tradisionele middelslag luikrug mark gekrim... Lees meerDit is amper ondenkbaar maar Golf is nou ‘n nismodel in Suid Afrika. Wat bewys hoe baie die tradisionele middelslag luikrug mark gekrimp het.
Slim kopers wat deur die kruisvoertuig bemarking sien, kan reuse waarde en ‘n beter bestuurservaring koop met die Golf.
Laer swaartepunt as ‘n Tiguan en dit maak Golf baie meer stabiel as jy ‘n nood stuuraksie moet uitvoer om ‘n snelweg botsing te voorkom.
Onderstel en bakwerk ingenieurswese is van die hoogste standaard wat Golf besonder stil maak teen hoe snelhede op die snelweg.
Na dekades se DSG dubbelkoppelaar ratkaste gebruik Golf nou ‘n 8-spoed Tiptronic outomaties. Wat minder ingewikkeld as die DSG is en beter langtermyn meganiese duursaamheid behoort te hê.
Golf se 1.4 turbopetrol enjin is nie besonder kragtig teen 110kW nie, maar met 250Nm, is in-rat versnelling skaflik.
Binneruim materiale en digitale stelsels is baie gemiddeld. Bly weg van die R-Line weergawes wat harder vering en laeprofiel bande het. Albei sinneloos op Suid Afrikaanse paaie.
Golf Life+ op 16-duim wiele, met hoëvolume bande, is die slim koop. Maar alle Golf modelle is duur in vergelyking met Sjinese kruisvoertuie wat baie meer verrigting en toerusting bied.
GTI weergawe is steeds ‘n uitstekend. Met al die verrigting en alledaagse gebruiklikheid wat ‘n geesdriftige bestuurder benodig.
Lees minderBeskikbare voertuie: 131
-
Polo
Duur Duitse klein luikrug wat op die wêreld se beste kompakte voertuig platform gebou is.Die gehalte van Polo se meganiese ingenieurswe... Lees meerDuur Duitse klein luikrug wat op die wêreld se beste kompakte voertuig platform gebou is.
Die gehalte van Polo se meganiese ingenieurswese is duidelik teen op die snelweg. Teen hoë snelhede voel dit soos ‘n groter motor – stabiel en baanvastig.
Vir kopers wat bereid is om baie te betaal vir Polo se karige standaard toerustingvlakke is die aantrekking snelweg verrigting. Dit is die een klein luikrug wat met selfvertoue stadiger verkeer kan verbysteek en 1000km in ʼn dag ry, sonder moeite. Polo kan met selfvertoue vragmotors op lang, steil, opdraandes verbysteek.
Die rede is Polo se 1.0 turbopetrol enjins, wat geen krag op hoëveld verloor nie. Die duurder 1.0 TSI modelle het 85kW en selfs die goedkoper 70kW Polos het heelwat meer krag as enige Suzuki Swift.
Kyk verby Polo se verrigting en dit bly ‘n besonder duur klein gesinsvoertuig. Met baie van die toerusting waarvoor jy moet bybetaal, wat standaard op mededingers is. Beste koop is steeds die 1.0 Life handrat.
Polo is altyd ‘n diefstal risiko en versekering is nie goedkoop nie. Maar VW se reuse handelaarsnetwerk maak nadiens en ondersteuning baie gerieflik, landwyd.
Lees minderBeskikbare voertuie: 1030
-
Polo Vivo
Ouer weergawe Polo en ook vir baie jare, Suid Afrika se mees gewilde passasiers voertuig.Vivo bied toegang tot VW se landwye handelaarn... Lees meerOuer weergawe Polo en ook vir baie jare, Suid Afrika se mees gewilde passasiers voertuig.
Vivo bied toegang tot VW se landwye handelaarnetwerk en die belofte van rotsvaste tweedehandse waardes.
Maar die dit bly ‘n verouderde ontwerp en die binneruim begin werklik daai ouderdom wys. Die bestuurder se voetrusplek is veels te klein. En Vivo se agtersitplekke slaan nie af in ‘n 60/40 verhouding nie, wat pakplek vir groter voorwerpe inperk.
Die hoofrede dat Vivo steeds so gewild is, bly VW se enjinkeuse. Daar is nie juis ander klein luikrûe wat kragtige enjins aanbied nie. Maar Vivo se 1.6 petrol enjin maak 77kW, veel meer as die Suzuki Swift 1.2 se 60kW.
Vir kopers wat goeie snelweg verrigting soek is Vivo 1.6 77kW Life handrat die slim koop.
Polo Vivo word in reuse syfers plaslik vervaardig en dit beteken dat daar ‘n oorvloed onderdele en kundigheid is, om hierdie VWs te diens. Maar dit maak ook Vivo ‘n diefstal gunsteling, wat weerspieël word in die versekeringspremies.
Lees minderBeskikbare voertuie: 1500
-
T-Cross
Kruisvoertuig weergawe van die Polo met goeie bagasieruimte en genoeg grondvryhoogte vir bietjie grondpad ry. Binneruim het veels te v... Lees meerKruisvoertuig weergawe van die Polo met goeie bagasieruimte en genoeg grondvryhoogte vir bietjie grondpad ry.
Binneruim het veels te veel goedkoop afwerking vir ‘n Duitse voertuig. Maar anders as VW se duurder sportnuts- en kruisvoertuie het T-Cross steeds al die fisiese skakelaars wat jy benodig vir die vermaakstelsel en lugreëling. Wat welkom is.
T-Cross se 1.0 turbopetrol enjin is 85kW sterk en bied uitstekende landpad bestuursvermoë in vernootskap met die flink-skakelende DSG ratkas.
Op die oop pad voel T-Cross soos ‘n groter voertuig en die selfvertroue waarmee dit swaar voertuie kan verbysteek het waarde. Dit is een van die min klein kruisvoertuie wat ‘n goeie landafstand bestuurservaring is.
R-line weergawes met bakwerk ontwerp tierlantyntjies en laeprofiel bande is sinneloos op Suid Afrikaans paaie.
Alle T-Cross modelle is baie duur vergelykend met teenstanders. Beste koop is die Life 1.0 TSI DSG, maar selfs op hierdie T-Cross moet jy bybetaal vir ‘n trurat kamera, iets wat standaard is op voertuie van amper helfte die T-Cross se prys…
Lees minderBeskikbare voertuie: 642
-
Taigo
Meer stylvolle weergawe van die T-Cross, wat langer maar nie noodwendig beter is nie.Word aangedryf deur dieselfde 1-liter turbopetrol ... Lees meerMeer stylvolle weergawe van die T-Cross, wat langer maar nie noodwendig beter is nie.
Word aangedryf deur dieselfde 1-liter turbopetrol enjins as baie ander VWs. Oorgenoeg verrigting vir gemaklik snelweg ry. Padhouvermoë is uitstekend, wat Taigo ‘n gehalte langpad voertuig maak vir vakansietyd.
Moeilik om aan te bevel bo T-Cross. Bakwerk is groter maar nie veel ruimer binne nie. Met slegs 1% meer bagasieruimte (en ja, ons grap nie, dit is 1%).
Taigo het minder grondpadvermoë as T-Cross, al deel albei dieselfde onderstel. Hierdie VW kruisvoertuig se grondvryhoogte is slegs 158mm in vergelyking met T-Cross se 185mm.
Standaard toerustingvlakke is maar skraps, soos meeste VWs. Pryskaartjie klim vinner wanneer jy groen regmerkies begin invul op die bestelvorm se opsielys.
T-Cross is die meer sinvolle kompakte VW kruisvoertuig. Of ‘n Koreaanse diesel kruisvoertuig. Dan is daar ook verskeie gehalte Sjinese alternatiewe teen die pryspunt.
Lees minderBeskikbare voertuie: 89
-
Tayron
Groter weergawe van die Tiguan, net ‘n derde ry sitplekke.Baie groter as Rav4 en ‘n beter stad en snelweg voertuig as die Fortuner, wat... Lees meerGroter weergawe van die Tiguan, net ‘n derde ry sitplekke.
Baie groter as Rav4 en ‘n beter stad en snelweg voertuig as die Fortuner, wat ook 7-sitplekke het.
Binneruim materiale is nie wat jy werklik verwag van ‘n Duitse motorvervaardigers nie. En Tayron het ook VW se raakpunt vermaak en lugreëling beheer, wat ‘n baie swakker ervaring as tradisionele knoppies en skakelaars is.
Daar is niks om oor te kla as dit by Tayron se bagasieruimte kom nie. Met die derde-ry sitplekke weggevou is daar 800-liter pakplek, wat reusagtig is. In baie opsigte is dit ‘n meer gemaklike en slimmer gesinsvoertuig vir mense wat 7-sitplekek benodig as Fortuner. Veral as jy nooit grondpad ry nie.
Ongelukkig bied Tayron nie die Tiguan se knap 2.0 diesel enjin nie. Tayron se 1.4 TSI turbopetrol moet hard werk met al die gewig van ‘n volgelaaide 7-sitplek gesinsmotor, en net 110kW en 250Nm.
Soos met alle VW’s, is ‘n R-Line Tayron sinneloos op Suid Afrika se wisselende padoppervlaktes. Die beste koop is ‘n Tayron Life.
Lees minderBeskikbare voertuie: 63
-
Tiguan
Die sportnustvoertuig weergawe van Golf. Duur, maar doen dinge wat die magdom Sjinese mededingers nie kan nie.As jy toerustingvlakke ve... Lees meerDie sportnustvoertuig weergawe van Golf. Duur, maar doen dinge wat die magdom Sjinese mededingers nie kan nie.
As jy toerustingvlakke vergelyk is Tiguan baie duur, maar op die ooppad is die bestuurservaring beter as baie van die ‘nuwer’ mededingers.
Hoësnelheid baanvastigheid, akkurate stuurgevoel en die lae geraasvlakke is alles tegniese kenmerke van Tiguan was ‘n groot verskil maak as jy baie langpad afstande ry.
Binneruim materiale en afwerking nie wat jy verwag van ‘n toonaangewende Duitse motorvervaardigers nie. En VW se Tiguan het te min knoppies en fisiese skakelaars, wat jou dwing om VW se swak digitale vermaak en lugreëlingstelsel te gebruik.
Pakplek is uitstekend, met die tweede-ry sitplekke kan vorentoe skuif en 652-litre bagasieruimte skep. Oorgenoeg vir enige vakansie reis.
R-line weergawes is gewild maar met 19-duim wiele en laeprofiel bande maak hierdie Tiguan’s min sin op plaaslike paaie. Beste koop is die 2.0 TDI 4 MOTION Life, op 17-duime wiele, met baie beter ritgehalte.
Geen Sjinese teenstanders bied diesel enjins nie, en dit is waar Tiguan ‘n dryfstelsel voordeel het, met VW se 2.0 TDI enjin. Oorgenoeg wringkrag (360Nm) beteken moeitelose verbysteek versnelling en langpad diesel verbruik is besonder laag.
Lees minderBeskikbare voertuie: 354
-
Touareg
As jy ‘n weelde veldwa soek wat nie sosiaal die oë laat rek nie, is Touareg sonder gelyke.Ongetwyfeld die beste voertuig wat VW maak. J... Lees meerAs jy ‘n weelde veldwa soek wat nie sosiaal die oë laat rek nie, is Touareg sonder gelyke.
Ongetwyfeld die beste voertuig wat VW maak. Jy kry al die deurdagte ingenieurswese wat in ‘n Audi Q7 en Porsche Cayenne gaan met Touareg. Sonder om teveel openbare aandag te trek, of ʼn misdaad teiken te word. En boonop het jy toegang tot VW se reuse landwye handelaarsnetwerk vir diensondersteuning.
Bestuurservaring is amper onverbeterlik, op grondpad of die snelweg. Touareg se 3.0 V6 TDI is een van die beste diesel enjins van alle tye. En met ZF se 8-spoed outomatiese ratkas, is Touareg se laesnelheid bestuursgladheid en hoësnelheid verbysteekvermoë albei besonders goed.
Met 600Nm het hierdie VW veldwa oorgenoeg verrigting, sleepvermoë en ook verbasend lae diesel verbruik.
Binneruim het nog ‘n oorvloed tradisionele knoppies en skakelaars, anders as die digitale oorweldiging van ander VW modelle.
Moet nie ‘n R-Line weergawe op belaglik groot wiele koop nie. Kry ‘n Elegance weergawe met lugvering en kleiner wiele, met groter bande, wat ‘n onverbeterlike ritgehalte op Suid Afrikaanse paaie bied.
Touareg tree einde 2026 uit. So kry een terwyl jy kan. Dit is die beste luukse veeldoel veldwa wat jy kan koop.
Lees minderBeskikbare voertuie: 56